… soos onder andere liedere, liedjies of gesange. Jy praat nou oor 'n ding wat ek jare lank al aan dink; wat sou ek nou van hou die mense op my begrafnis moet sing.
Dis 'n aardige gedagte, enigiets, om die waarheid te sê, wat beplanning vir en reël van jou eie begrafnis behels, selfs die skryf van 'n testament. Op universiteit moes ons eenkeer as 'n eendagskema jou eie grafsteen ontwerp en ek was heeltyd so half hoendervleis; vir my was dit 'n makabere storie. Maar dit was nogtans 'n interessante oefening; daar was geen uitspattige ontwerpe nie. Terloops, het jy al gesien hoe sindelik, kan jy maar sê, is Joodse begraafplase? Almal, meeste in elk geval, onpretensieuse grafstene.
Alhoewel jyself niks daarvan sal ondervind nie, kan ek sien dat mens begaan is oor 'n testament of 'n grafsteen; die een is nodig om onmin te keer (baie keer die oorsaak van onmin maar dit daar gelaat – dink aan Piet Botha se een liedjie) en die ander sê seker iets van jou persoonlikheid en ons almal wil seker goeie herinneringe agterlaat. Dieselfde met die musiek, mens wil hê dit moet iets van jouself weerspieël.
Miskien moet daar in elke ou se testament iets onder die opskrif 'Begrafnis' wees wat onder andere 'n speellys en 'n grafsteenontwerp insluit. Maar ek reken dis iets wat 'n ou gedurig sal moet bywerk want musieksmaak kan verander of dalk kom daar iets nuuts by; daar is baie liriekskrywers en komponiste wat nog nie gebore of ontdek is nie.
Ek het byvoorbeeld destyds niks van Elvis gehou nie maar nou, dis dalk 'n nostalgie-ding, luister ek graag as iets van hom oor die radio speel (Always on my Mind is een van my gunstelinge en die Pet Shop Boys maak doen ook nie 'n slegte joppie wat die liedjie betref nie). Ek het die Beatles destyds verafsku maar deesdae bring hulle musiek herinneringe van 'n aangename tydperk. Daardie ouens was beslis talentvol; dink maar aan Let It Be as 'n simfonie-orkes dit speel. My gunsteling uit daardie tyd is Bits and Pieces van die Dave Clark Five (sal egter onvanpas wees by 'n begrafnis – dink net, die ouens sing 'gone to pieces' terwyl die kis sak).
Nou ja, groetnis voor ek te ver afdwaal
Jan Rap


Kommentaar
Hallo en dankie vir die saamdink en -gesels, Jan
Hi Hennie. I am doing a school project about you and I have a few questions.
What year were you born?
Where are you from?
Why did you start journalism?
Who inspired you to write?
How do you determine the topics to write about?