Waarskuwing: Francoiswilliamsiaans
Dag Soois
Ek sien jy tier voort hier op die Sê oor slegte wittes en die slegte Weste en hoe helder swartes se stralekranse skyn.
Jy weet natuurlik dat as jy van swartes sê wat jy gereeld oor wittes kwytraak dit nie geplaas sal word nie en dus weet jy dat jy soos 'n witbroodjie behandel word; niemand kan eintlik 'die anderkant' stel nie want dit sou die waarheid, en dus rassisties, wees. Terselfdertyd skiet dit jou natuurlik in die voet want jou histeriese gegil word slegs geplaas omdat dit so absurd is dat dit niemand pla nie. Maar dit is goed dat dit geplaas word; dit herinner mense net weer daaraan hoe julle die land opgef#k het. Dankie dat jy dit steeds, weliswaar indirek maar tog, uitwys.
Net vir ingeval jy nie my antwoord op jou vraag, naamlik watter regering nou beter as Suid-Afrika s'n sou wees, gesien het nie (want jy's geswyg soos die graf), hier's hy weer:
AL die regerings
1) waarvan die geldeenheid nie so val soos ons s'n nie
2) waarvan die slaggate per kilometer minder as ons s'n is
3) waarvan die regeringshoofde minder aanklagte teen hulle aanhangig het as wat ons s'n het
4) waarvan die polisie nie by georganiseerde misdaad betrokke is nie
5) waarvan die jaarlikse moord- en verkragtingsyfer per 100 000 minder as ons s'n is (met ander woorde minder as 18 000 moorde per jaar)
5) waarvan die skoolgaande meisies wat verwagtend is minder as ons s'n is
6) waarvan die voorstede nie met hekke toegespan is nie
7) waarvan die universiteitskampusse nie met sekuriteitsheinings besmet is nie
8) waarvan die universiteitspersoneel nie bande brand as hulle nie die verlangde verhogings kry nie
9) waarvan die wild in die parke nie onbeheersd gestroop word nie
10) waarvan die staatshoof nie 'n eierdans uitvoer oor staatsbesteding aan sy privaathuis nie
11) waarvan die regeringsamptenare nie gereeld mense beseer met 'n blouligjaagtogte nie
12) waarvan die onderwysdepartement nie in handboekskandale betrokke is nie
13) wat nie hospitaaldienste, onderwys, volksgesondheid en die polisie opgef#k het nie
14) wat nie hulle utiliteitsdiense opgef#k het nie
15) waarvan die kredietwaardigheid nie kort-kort afgradeer word nie
16) waarvan die bevolking in hulle miljoene nie nodig gehad het om oorsee te gaan werk nie (soos jy byvoorbeeld)
17) waarvan die bevolking nie daagliks bande brand en klippe gooi en riool in die strate stort oor swak dienste en verbreekte beloftes nie.
Benewens hierdie 17 is daar nog baie.
Jan Rap

