Dagsê Dirk
Jy lees nie met begrip nie, want jy sê ek het “… vir Helen Suzman te probeer bykom nou dat sy haarself nie meer kan verweer nie.” Ek het nooit vir Helen Suzman probeer bykom nie; ek het die stroom-affers, meelopers, liberaal-demokrate en hulle mede-bandwagonpassasiers bygekom oor die absurde idee dat Helen Suzman alleen teen ‘n gewaande oormag gestaan het. Hoe werk jy uit dat dit ‘n aanval op Helen Suzman was?
En net so terloops en vir jou edifikasie, ek het ‘n brief met presies dieselfde strekking aan die Sandton Chronicle hier iewers in die 80’s geskryf en hy was net so geplaas, dus is dit duidelik dat dit nie ‘n aanval op die dame was nie. Gaan kyk maar in die Chronicle se argiewe, die brief se opskrif – die werk van die redaksie – was “Reader has different take on Helen Suzman”.
Ek sou nou nie sê Steve en Dan is idole van my nie net omdat ek dink hulle verleen darem nog ‘n greintjie waardigheid aan die Afrikaner waarvan die meeste deesdae sulke kompromitterende patete is. Daar is nog andere ook, wat jy idole sou noem, soos Sunette Bridges en so ’n paar nugtere skrywers hier op die sê soos Johannes Comestor (wonder wat van hom geword het?) en dan nog so ’n paar wat mens nie meer hier sien nie soos Helmien Roux en so aan. Hierdie mense is verfrissend anders as die Piet Croukamps, Max du Preez’s, Pierre de Vosse en nog ‘n paar omroepers, aanbieders en politieke ontleders.
So van aanbieders gepraat; ek wonder hoe voel ‘n ou soos Freek Robinson, ‘n groot beyweraar vir die nuwe bestel destyds, as hy die nuus (wat deesdae ‘n ouderdomsbeperking het) so lees wanneer dit handel oor riool in die paaie en riviere, slaggate en opstande weens gebrek aan dienste, plaasmoorde en korrupsie. Voel hy nie ‘n bietjie ongemaklik nie?
Selfde met party politieke ontleders; ek onthou destyds voor die referendum nog goed vir prof Dirk Coetzee, na elke ‘politieke ontleding’ (wat ‘n laggertjie) , se kommentaar “... maar as die ‘nee’-stem sou inkom dan [gaan ons aftjop]...”. Wel, die nee-stem het toe nie ingekom nie en sy politieke ontledery wat hy deesdae doen fokus nie eintlik op die grootskaalse agteruitgang nie. Dit is niksseggend, soos ‘A se broer is bevriend met B se suster en die het gesorg, weens haar betrekkinge met minister D se vrou, dat ...' ens ens waar A, B, C en D onuitspreeklike volksvreemde name is.
Nou ja, tot hiertoe dan.
Jan Rap
NS Ek sien jy sê niks meer oor dink in ‘n taal nie; het jy toe die lig gesien?


Kommentaar
Jan, dankie dat jy positief na my skrywes verwys. Ek het destyds opgegee om verder op LitNet te publiseer omdat Wouter Ferns deurentyd my skrywes verdag probeer maak het. Ek het darem onlangs iets oor John Bayley geskryf (SêNet, 3 deser). Jou volgehoue veldtog om Afrikaans te bevorder, verdien lof.