Vir Dirk Rigter oor die komplimente

  • 8

Dagsê Dirk

Ek wil jou net reghelp oor die komplimente wat jy sou gekry het (jou brief van 13 deser verwys).

Cornelius sal self sy standpunt verduidelik oor neo-liberaal, ek kan nie namens hom praat nie. Alhoewel, ek moet sê, ‘neo-liberaal’ klink vir my reg: In die ou tyd was ‘liberaal’ ... wel, liberaal. In die nuwe tyd egter het ouens wat hulself as liberaal beskou het ‘n gedrog bewerkstellig wat daarop dui dat hulle, ten spyte van voorbeelde, raad en vermanings, die wêreld deur oogklappe beskou het. Hulle was dus bysiende en glad nie liberale denkers nie maar hulle dink nog steeds hulle is liberaal, vandaar die Cornelius se benaming ‘neo-liberaal’.

Wat liberaal-demokraat betref sien ek dinge min of meer dieselfde as my interpretasie van Cornelius se neo-liberaal hierbo. Jy’t nou baie moeite gaan staan en doen om allerhande definisies vir my te gee vir ‘n begrip se betekenis waarvan ek deeglik bewus is. Om nou jou weer aan te haal, “die ironie ontgaan jou.” Ek het mos duidelik, na die woord ‘liberaal-demokraat’, gesê met ander woorde, benepe en verkramp. Wat anders kan jy iemand noem wat die media blindelings glo, en hom dan daarvoor beywer, dat Utopië geskep word maar intussen is hy besig om sy eie ondergang te bewerkstellig? Iemand met visie? Nee, ‘n liggelowige verkrampte. So, ek gee jou gelyk; jy is, soos jy sê, ‘n liberaal-demokraat in murg en been.

Nou wil jy weet waar ek op die ‘ideologiese spektrum’ staan. Natuurlik, soos jy sê, ‘aan die ander kant’, die verligte kant. Ek glo in vryheid vir almal ongeag kleur, credo, geslag en oriëntasie – vryheid van spraak, vryheid van assosiasie, vry om jou eie taal in jou eie land te gebruik, vry om skool tegaan in jou eie taal, kollege- en universiteitsklasse te loop in jou eie taal, vry om trein te ry, vry om die paaie te gebruik, om jou kinders in ‘n park te laat speel, selfs al is dit skemer en vry om ‘n ander regering in te stem as die betrokke een nie presteer nie; AL die goed eie aan ‘n ware demokrasie.

Groetnis

Jan Rap

  • 8

Kommentaar

  • Jan, jou fut is uit! Jy het, net so min as Henn, geen idee wat die neo-liberalisme of liberale demokrasie beteken nie, en die ergste is dat julle twee hierdie begrippe rondgooi asof julle daarmee getroud is. Kon julle nie eers oplees oor die begrippe voor julle jul onkunde uitgestal het nie?

     

    Ek het slegte nuus vir julle altwee: Die tuislande, keiserreike en koninkryke waarvan julle droom, is 'n illusie op die verkrampte, benoude, on-liberale, on-demokratiese horison. Selfs konserwatiewe Afrikaners het die rug hierop gedraai, lank gelede.

  • Dirk, jou fut is uit!  Iewers is geskrywe aan die smaak van die poeding sal jy hom beoordeel; nie die kok se kwalifikasies of narsisme nie.  Kyk om jou heen; die land brand, die Rand val, die infrastruktuur versleg by die dag en misdaad vier hoogty. 
    Ek het slegte nuus vir jou:  Jou stem, waaroor jy so hoog opgee, is niks werd nie.  Jy kan stem tot jy blou is dit gaan niks help nie want hierdie is nie 'n demokrasie nie.  Punt (jou mooi woord).

  • CorneliusHenn

    Beste Jan Rap,

    Dirk Rigter is eintlik maar net Jaco Fourie.

    Vals naampies is natuurlik geheel anders as 'n skrywersnaam, skuilnaam, nom de plume, of te wel pseudoniem soos joune.

    Mense wat vals name en/of karikature soos ook in die geval van "Wouter Ferns" nodig om hul gedagtes te deel, makeer iets - natuurlik heel duidelik aan Jaco Fourie se stert in die wind as "wenner" na elke bietjie onsin wat die arme mens in sy vermetelheid hier kwytraak.

    Om enigiets in hierdie aard, ook byvoorbeeld my bedoeling met neo- liberaal en joune omtrent ons piesang demokrasie te verduidelik, is soos om Calculus aan 'n voorskoolse kind te probeer verduidelik - dis geheel niksseggend en totaal buite Jaco Fourie Dirk Rigter se begrip!

    Ek vertrou soos gewoonlik op die intelligensie van ander belangstellendes om ons antwoorde daarop en die nodigheid daarvan, reg te vertolk.

    Boeregroete,

    Cornelius Henn

  • Nee Cornelius hulle deel miskien sekere menings maar hulle kan nie een en dieselfde persoon wees nie; skryfstyle verskil hemelsbreed en Dirk Rigter maak nie spel- of taalfoute nie.
    Groetnis en sterkte!
    Jan Rap

  • Aan ons moderateur

    Ek sal dit waardeer indien u hier aan ons dom denkende Neelsie sal bevestig dat ek en Dirk Richter geensins een en dieselfde persoon is nie.

    Jaco Fourie en Dirk Rigter is nie dieselfde persoon nie - Webvoet

  • CorneliusHenn

    Liewe Webvoet, nie dat dit juis saak maak nie, maar hoe weet julle Jaco Fourie en Dirk Rigter is nie dieselfde persoon nie?

    As dit een mens is wat dit regkry om twee sulke uiteenlopende skryfstyle te handhaaf ... maar nou ja, ek moes duidelik nie hierby betrokke geraak het nie. - Webvoet

  • Af die liewe mensie

    Pleks dat hy op een of ander onderwerp hom toespits met 'n intellegente gesprek, bemoei hy homself met sy eie uitgedenkte "conspiracy theories"

    Neewat Neesie.  Dis tyd dat jy 'n psigiater gaan sien.

  • CorneliusHenn

    Liewe Webvoet, weliswaar interessant ... van my kant vrede en 'n groot dankie vir jul toewyding en ywer aan hierdie wonderlike geleentheid om gedagtes te mag deel ... ek is steeds oortuig van my vermoede... anders as diegene wat gedurig die werf ontsier met hul kwaadwillige veronderstellinge en verdraaiinge sonder enige behoorlike aanhalinge of motivering daarvan, sal ek weldra Dirk Rigter Jaco Fourie se eenderse gesindheid en geykte clichés met behoorlike aanhalinge motiveer ... kom ons kyk of "hulle" ook hul verleentheid later nes Chris Dippenaar gaan verwyder ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top