Vir Cornelius Henn en Jan Rap: Dr HF Verwoerd regeer weer

  • 23

Op 2013-12-12 skryf Cornelius Henn die volgende…”Suid-Afrika nodig vandag weer 'n POLITIEKE leier soos Doktor Hendrik Frensch Verwoerd om ons vryheid in menswaardigheid vir almal te omskep.”

Wel, hier is die goeie nuus: In Henn se droomland het die volgende toe wraggies gebeur: Dr HF Verwoerd het in re-inkarnasie teruggekeer, saam met sommige lede van sy ou kabinet en hulle het op 1 Januarie 2014 die leisels styf vasgevat in die nuwe RSA. Henn was natuurlik uitbundig van vreugde en sy pél Jan (Apartheid was baie goed) Rap het eers rondgekyk of niemand kyk nie, toe skree hy…”dis wonderfull!...”

Met Verwoerd aan die stuur, PW Botha by Verdediging, BJ Vorster by Justisie en Jimmy Kruger by Polisie het die sekurokrate onmiddellik toegeslaan: Hulle het begin om 40 miljoen plus Swart, Bruin en Indiërs met geweld te ontwortel en na hulle “eie” gebiede verban. Die wat nie wou trek nie is summier sonder verhoor en regsverteenwoordiging aangehou. Alle openbare plekke het aparte ingange/geriewe gekry vir Blankes/Nie-Blankes. Swartes wat met goedkeuring in “Blank Suid-Afrika” gewoon en werk het, moes uiteraard ‘n Dompas by hulle hê, anders was die polisiewa hul voorland. Saans na nege moes hulle uit die dorp/stad wees as die sirene afgegaan het.

Beast Mtawarira, JP Peterson, Gio Aplon, Scarra Ntubeni en Zane Kirschner moes onmiddellik uit die Springbokgroep onttrek. So ook Hashim Amla, JP Duminy en Vernon Philander by die Proteas. “Bly blank my volk!” het Verwoerd uitgeroep op sy eerste politieke vergadering, waar hy aangekondig het ons sportspanne sal voortaan weer net uit wit spelers bestaan.

Huwelike oor die kleurgrens is onmiddellik nietig verklaar. Die Ontugwet is heringestel, werkreservering is opnuut toegepas, en aparte universiteite vir Swart studente is weer ingestel. Doktor Koot Vorster was natuurlik weer moderator van die NG Kerk en hy het die kerk summier reggeruk tot die “smalle weg”: Slegs witmense in kerkdienste en begrafnisse. Bruin en Swart mense kon die heiligdom slegs betree om skoon te maak en af te stof. “Dis God se wil dat ons apart moet aanbid…”was Vorster se credo.

Ja nee, die goeie dae van “vryheid in menswaardigheid” was terug…

Dirk Rigter

  • 23

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Siestog Dirk Rigter,

    Steeds het jy nie 'n benul van Suid-Afrika se politiek nie, maar rek jy alte graag jou bek agter die populêre pers aan!

    Dis 'n feit dat die "onderdruktes" gedurende dr Verwoerd se regering die hoogste lewenstandaard van alle Afrikane geniet het - daarom stroom hulle steeds oor die grens die donker kontinent hierheen na die krummels oor uit daardie era.

    Doen jouself die guns en gaan leer eers 'n bietjie oor ons land se ekonomiese fondament onder die leierskap van Dr Verwoerd ...

    "Since the 1950s, South Africa has been the most successful economy in Africa. Up until the early 1990s, the economy was the most industrialized, the most advanced and the most significant to inter-African trade. By the late 1970s, South African economic growth, measured per capita, was growing by more than 10 percent a year, making it one of the world's most dynamic economies. In 1982, the South African economy grew per capita by almost 15 percent. The rand, controlled by the government, remained markedly stable until the mid-1980s" ...

    en ...

    Apartheid was dismantled in the early 1990s. To a great extent, the economy has largely disintegrated since that time, as many Dutch South Africans have left the country. The rand lost roughly half its value in the 1990s, but has rebounded since then, largely due to substantial foreign aid. From its historic low in 2002 of 11 rands per U.S. dollar, the rand has stabilized somewhat, reaching 6.1 rands per U.S. dollar in 2006.

    Ja, daar is vreeslik baie wat jy nog moet leer Dirk Rigter ... begin sommer hier as jy wil : http://www.ehow.com/info_7867468_dollar-vs-rand-exchange-rate.html#ixzz2noeqTB2V ... ag, en hou tog asseblief in gedagte dat die skakel wat ek hier deel geen agenda het om jou Feetjieland  aan te doen nie en niks te wen of te verloor het om die waarheid te deel nie!

    STERKTE,

    Cornelius Henn

  • Elizabeth Kendall

    Veels geluk Nicolette, dis so mooi geskryf en verdien hierdie ereplek! Trots. Elizabeth Kendall

  • Hello, 

     
    Durf 'n mens verwys na Henn sonder dat dit 'n stortvloed tot gevolg het. Dit is Kersfees 2013 en vrede is al  waarna gesmag word, daarom sal beide ek, Lilly en Elizabeth nie in daardie drama wil ingesleep word nie, maar daar kan gevra word. Kan Henn snap met tyd dat WOI lesse het wat vandag  na vore gebring kan word maar sal die hutspot deepity waarmee Henn vorendag gekom word en wat van die skisofrenie, Mandela se erfenis moet saam met hom begrawe word, onder die brief van Reusedwerg wat 'n breuk van seksisme geneem het om niks oor die erfenis van Mandela te skryf nie, maar dan ook die loflied. Is ons terug by Van Zyl Slabbert en Andries Treurnicht as Henn se verwysings, onversoenbaar dit ook al mag wees. Daarom dan die besluit om Henn se versugting na Verwoerd te ignoreer en daarom is Dirk se reaksie daarop vandag welkom wat die onsinnigheid van daardie versugting uitlig. 
     
    Jaco se verwysing van Flip Buys het van 'n goeie artikel in Beeld en van die idees daarin word uitgelig en kan hier gevind word: http://www.beeld.com/opinie/2013-12-17-kommentaar-en-ontleding-afrikaner-saak-s-erg-benadeel: 
     
    Daar is minstens vyf redes hoekom ek teen rassistiese argumente is, veral as dit gebruik word om die Afrikanersaak te “bevorder”:
     
    Dit is verkeerd
     
    Die wetenskaplike hoofstroom se gevolgtrekking is al dekades dat daar nie biologiese verskille is wat een ras minderwaardig maak nie. Klein groepies afvalliges se menings verander niks daaraan nie. Die verskille in kultuur, ideologie, tradisies, instellings, geografie, omstandighede en geleenthede wat verskillende prestasies tot gevolg het, het niks met ras te doen nie.
     
    (Wie sal die eindelose gekibbel van ras is deel van biologie, die verwysing na Henn se chow en Angus se geduld)

    Rasgegronde argumente is moreel tereggestel deur gebeure in Nazi-Duitsland. Wie hierdie spook weer probeer oproep, vernietig sy eie saak. The moral high ground is the best place to site your artillery.

    Dis onsinnig en nutteloos

    Rasse-argumente is ’n politieke doodloopstraat sonder sin of nut. Dit maak wêreldwyd vir Afrikaners nog vyande en is ’n verleentheid vir die oorgrote meerderheid Afrikaners wat rassisme soos ’n aansteeklike siekte wil vermy.

    (Daarom dan, kan Henn & Rap asb ophou om die denkende Afrikaner se naam gat te maak. Rap met sy 1955 tuislande en die buikspraak deur Jannie waarvan die slotsom was dat 1994 die verkeerde oplossing was, as alternatief, nog steeds net die idees van 1955 uit Rap en Henn se Verwoerd.)

    Afrikaners is ’n krimpende en ongewilde minderheid in ’n al hoe vyandiger omgewing. Rasse-argumente ontlok net nog haat en woede en speel in die hand van die Malemas wat ’n rasse-oorlog aanhits om hul politieke doelwitte te bevorder.

    (Hierdie idee dat hierdie nog steeds 'n wit land is en dat die Afrikaner spesiaal behandel moet word). 
     
    Die volgende is die kern:
     
    Vryheid teenoor apartheid’

    (Die mees duidelikste opstelling teen Verwoerd versus Mandela. Verwoerd sluit uit, Mandela het gepoog om inklusief te leef). 
     
    Bogenoemde van idees waarmee daar saamgestem kan word...
     
    Wat 'n jammerte dat die ideologie waarvoor Verwoerd staan nou nog deur Henn en Rap opgediep word tot die skande van die denkende Afrikaner van vandag. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Cornelius na aanleiding van die knape hier bo se briefie en kommentare net die volgende. Moet jou nie opklits oor die manne nie. Onkunde is gevaarlik maar dom astrantheid is erger. Ek raak nie in bekgevegte betrokke met iemand wat eerstens nie die nodige kennis en agtergrond het nie en tweedens aanvalle op my as persoon is vir my 'n duidelike voorbeeld van 'n lae emosionele intelligensievlak en onvolwassenheid. Mense wat my van geen kant ken wat uitsprake teenoor my as persoon en sienswyse maak is onseker van hulself en soekend om hul eie gebreke te regverdig. Soos die Ingelse sou seg, " an unasked opinion is a sign of stupidity. I rest my case"

  • Henn, kan jy nie vir EEN keer net jou eie opinie weergee nie?? Jou cut en paste openbaar totale gebrek aan enige vermoë om te debatteer.

     

    Kleindwergie, jy weet natuurlik dat George Bernard Shaw die volgende kwytgeraak het nadat hy met 'n "knaap" soos jy te doen gehad het: "The more I see of people, the more I love my dog." O ja, en lees tog die woordelys en spelreëls: domastrant is een woord. Nog 'n ding:  "Lae emosionele intelligensievlak" van iemand soos jy wat uiters beledigend is teenoor vroue, en dit as humor afmaak? Jy en Jannie en Neelsie is eintlik maar anachronismmes. Kyk in die woordeboek (wat jy waarskynlik nie het nie) wat dit beteken

     

     

     

     

     

  • CorneliusHenn

    Beste Reusedwerg, ek neem jou wysheid en insig geheel ter harte ... geseënde Kersfees en 'n baie voorspoedige 2014 vir jou en jou geliefdes ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • Hello, 

     
    Nog steeds skiet Henn wild en wakker rond op die internet en is daar nie 'n boek in sig nie. 'n Boek sal wel kom maar sal draai by 1899 soos al voorheen gesien is, of dalk kan Hans Dons De Lange kommentaar en ontleding bied, circa, 1848. 

     
    Die vraag is: Is ehow.com a reliable source?
    M♥'Nique asked 4 years ago
     
    I'm writing a paper and eHow.com was the only one that gave me the details I needed for it. The article gives me the writer's name as well as the date in which it was published on the website. It also says that she's an eHow. Contributing writer. Does all this makes the article a reliable source? and for that matter eHow.com?
     
    Daar is 'n antwoord: 
     
    Best Answer
    Voter's Choice
     
    dallas_psychic_chick answered 4 years agowhen using eHow or wikipedia, don't site them as sources. Its a good launching pad, but not reliable. I don't trust either, but sometimes the author will leave his resources at the bottom of the article. Often these are more reliable articles or actual books that would make great sources for a paper.
     
    Geen sulke bronne word gebied deur "Walter Johnson, eHow Contributor" nie, net soos 'dallas_psychic_chick' en verwante trawante nie die verwysings is waarin geput moet word nie. 
     
    Dalk sal Henn nou 'n boek oor die ekonomiese geskiedenis van Suid-Afrika nader trek so dat die ekonomiese geskiedenis in groter besonderhede ondersoek kan word en die statistieke beter verstaan word. Veral 'n politieke beleid wat slegs ekonomiese vooruitgang vir 'n minderheid gebring het en Suid-Afrika  en die oorgrote meerderheid van die bevolking ekonomies agtergeblewe gelaat het. 
     
    Suid-Afrika was 'n geval van blink bo, stink onder.....
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Reusedwerg, 

     
    Van wanneer af is 'n uitwysing na seksisme of die persepsie van seksisme, 'lae emosionele intelligensievlak en onvolwassenheid'. Die by byt mos in plaas van steek weens die ouderdom? Net soos die gebruik van die vroulike as 'n manier om 'n man te kwets, maar dit is bloed verby onder die brug. 
     
    Vanaand is juis Boer soek 'n vrou en ek sien Jan gaan trou in Huisgenoot. 
     
    Dit is inderdaad so, jy word van geen kant geken nie, maar die realiteit is dat hier verwoord die woord, die mens. 
     
    Dit is tog amusant dat jy bogenoemde stellings maak, dat jy onbekend is maar dan tog sonder terughouding wel sielkundige uitsprake maak, wanneer jy skryf, 
     
    'Hulle, is onseker van hulself en soekend om hul eie gebreke te regverdig. Soos die Ingelse sou seg, " an unasked opinion is a sign of stupidity. I rest my case"
     
    Hoe kan 'n mening op 'n openbare forum, 'n 'unasked opinion wees en dan daarmee, 'a sign of stupidity'
     
    Wat presies volgens jou was die erfenis van Mandela en wat was saam met hom begrawe. Henn dink dit goed te wees dat 'dit' begrawe was? 
     
    Of hoe dan katvis? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Aitsa, julle is darem lekker bitsig. Ek gaan my nie eens verwerdig om met julle tweetjies te is, issie, is, issie nie. Ek moet ander goed doen soos huiswerk en tuinwerk terwyl my vrou in die swembad rond dobber. Hoop Krismis Vader bring vir julle mooi pirsente. Soet wees.

  • Hello, 

     
    Dirk se inleidende brief handel oor Henn en Rap se nostalgie vir die goeie ou dae. Tesame daarmee die droom van tuislande, Terwyl ek op soek was vir 'n boek getiteld The Zuma Years van Richard Calland as 'n aanvulling tot The Last Afrikaner Leaders: A Supreme Test of Power van  Hermann Giliomee kom ek op die volgende boek af, maar wik en weeg nog oor die aankoop daarvan. Die titel is soos volg: The Unauthorised History of South Africa en geskryf deur Dr Stienie Dikderm and Prof. Herodotus Hlope. 
     
    Dit is hierdie stuk gepubliseer deur Nuus24 wat fantasties die draak steek met die Afrikaner se beheptheid met 'tuislande" en word geplaas vir die amusante daarvan. 
     
    Reusedwerg het ook al klem daarop geplaas dat Dirk en myself nie moet toelaat dat beide myself en Dirk om die bos gelei moet word en so onkundig wees oor die werklike toestand van sake hier nie. 
     
    Reusedwerg is reg en besef ek nou my onkunde. 
     
    Die inleidende bespreking van die boek bevestig die volgende: 
     
    Koos van Doosch, the cheese pimp who settled the Cape a year before Van Riebeeck, to Shaka’s lesser-known brother, Nigel Zulu, who just wanted to be a florist.
     
    Net soos die volgende: 
     
    You’ll celebrate our greatest triumphs, like when Matt Damon and Morgan Freeman won the Rugby World Cup in 1995.

    Maar nou vir die idees van tuislande en Verwoerd: 

    Some Boer republics lasted for decades, such as the Orange Free State and the Zuid Afrikaansche Republiek. But there were others which lasted for only a few years, or, in the case of the Free Democratic Republic of Blokkies Boje, forty seconds. (After a morning of heavy drinking, Mr Boje announced that his stoep was a Free Republic, and that, as its president, he should be allowed to fondle Mrs Wilma van Niekerk if she came to visit and entered the Free Republic.  Mrs Boje disagreed and made an amendment to the new constitution by hitting Mr Boje on the head with a spade.)

    Most of the lesser-known Boer Republics were ultimately undermined by internal dissent. For example, when one group tried to establish a republic for white people who were disgusted by gnarled toes and wanted to wear shoes, their new country was politically isolated and starved into submission by the barefoot republics on its borders.

    Likewise, the formation of the True Boer Republic in 1861 angered the founders of the Genuine Boer Republic on the farm next door. 

    Soon splinter groups from both republics united to form the True Genuine Boer Republic. However, a disagreement over whether meat should be salted before or after braaiing led to the formation of the New Reformed True Genuine Boer Republic.

    Soon there were thirty-two Boer republics (with forty-three capital cities) on a single farm.

    By the 1890s, Johannesburg would be producing a quarter of the world’s gold, a third of its testosterone and 90 per cent of its people who called one another ‘boet’. 

    About the authors:Dr Stienie Dikderm was born in Bethlehem, in a manger, because there was no room at the Holiday Inn in Welkom. Educated at Dominee Sweepklap se Skool vir Gereformeerde Meisiekinders, she completed her PhD in Historical History, with a thesis entitledBarefoot over the Drakensberg: Toe Jam and Bunions as Cultural Artefacts. She currently teaches Media-Relevant Historical Factoids in the Department of Media and Stuff and Whatever at the Technical University of the South-East, Umhlanga Rocks campus.

    Professor Herodotus Hlope is a veteran of the Struggle To Get Published, having first stormed the barricades of publishing in the 1980s with a short novel about being young and misunderstood, entitled Being Young and Misunderstood. However, Academia beckoned (she was the manicurist who lived next door) and he married her in 1988.They have two children, Number One and Number Two (Prof. Hlope admits he is ‘not good with names’). Professor Hlope currently lectures in the Department of Relevance and Vibrancy at the University College of Technical Excellence, Boksburg Campus.

    Verskoning dus van my kant af vir al die briewe en kommentaar gebied deur my die afgelope jaar wat heel duidelik heel oningelig was en spesifiek aan Jannie. 

    Ek het nie 'n idee gehad nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Geskryf tong in die kies  in repliek op Wouter.

    Ja natuurlik is alle menserasse, mense, want dit is die 'mens' wat hul ingemeen het, wat dit so maak. So het alle beesrasse, 'bees' en honderasse , 'hond' en perderasse 'perd' ingemeen.

    Dan word daar natuurlik talle skoue gehou om die een af ander 'rasegte' dier ten toon te stel en medaljes en strikkies om hul nekke  te hang om hul uitmuntende voorbeeld van 'rasegtheid' te vier en mee te spog.

    So pas die vrou en ek die kinders wat vakansie is se 'rasegte' yorkie op. Sy skrik vir g'n hond nie en stel veral belang in buurman se Duitse herdershond/Huskie. Sal dit egter nie waag om voor te stel dat uit so'n verbintenis 'n 'beter' hond te verkry is, want buurman se hond het nie papiere nie. Sal buitendien nie werk nie
    want lesbiese verhoudings het nog nie in die opsig vrug gedra nie.

    Nou waar vra ek myself af waar kom die mens se beheptheid dan vandaan om verskillende 'menserasse' te vermeng?

    Is dit 'n geval van dubbel standaarde een vir 'mense' en een vir 'diere' of is daar iets in die mense gene wat hom anders maak al is daar geneties minder as 4% verskil tussen hom en die 'Chimp' en speel die feit dat die mense Noord van die Sahara tot soveel as 4% van die uitgestorwe oermens, die Neanderdal in hom ronddra - iets wat glad nie by mense Suid van die Sahara voorkom nie, 'n rol.

    Is dit nie die verskeidenheid 'menserasse' is Suid-Afrika wat dit so 'n unieke plek maak en dat  voorstanders van 'vermenging'  dit dalk van toepassing moet maak op alles wat 'raseg'  wat hul troeteldiere ens aanbetref?

    Dit gaan dus nie oor 'minderwaardig' of 'meerderwaardige' rasse nie, maar die trots op 'rasegtheid' en daarom is daar R4500 betaal om die Yorkie te bekom. Om te 'vermeng' is dus 'n keuse en daarom is Afrikaners
    nie meerderwaardig nie, maar net anders en is hul netso uniek soos die Zoeloes, en al die ander bevolkingsgroepe, met 'n unieke, taal, kultuur en geskiedenis.

  • CorneliusHenn

    Whaarghahahahahah!!! ... siestog ... die bose drie-eenheid karikatuur "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis" - met diep klowe en divisies tussen elkeen van die berugte personae (die gedagte daaraan dat volgens die gesplete karikatuur, selfs Katolieke en Protestante elk hul eie God aanbid) - het duidelik geen einde om my te probeer beswadder nie ... steeds bewys hy/sy/dit ook nie 'n enkele punt in my eenvoudige, dog gepaste bron vir die afgewaterde skootbrakkie Dirk Rigter verkeerd  nie ... ook had die klug "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis" nog nie 'n enkele stelling omtrent hy/sy/dit se laakbare en leuenagtige veronderstellinge voorheen hier beantwoord nie: https://www.litnet.co.za/Article/brief-n-veldtog-vol-modder  ... en so gaan dit maar net aan en aan ... ja, hoe lank moet die werf nog met sulke twak deur moedswillige karikature soos die "slim Wouter Ferns" ontsier word? ... en o ja, Dirk Rigter laat my beslis aan 'n afgewaterde Jaco Fourie op die karikatuur "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis" se skoot dink ... nie te danke, Cornelius Henn

  • Hello, 

     
    Daar is niks van belang in die kommentaar van Henn waarop reageer kan word in goeie trou nie, behalwe vir 'n korreksie op die volgende wanvoorstelling gemaak deur Henn naamlik dat ek sou aanvoer dat, "selfs Katolieke en Protestante elk hul eie God aanbid". 
     
    Die agtergrond moet onthou word is die hutspot skepping van die 'katolieke kerk' met sy 'miljoene katolieke lidmate' wat Henn beweer is 'n entiteit wat daar buite bestaan. 'n Entiteit waaroor gelees kan word en 'n historiese agtergrond wat opgeskryf is. 
     
    Die is aan Henn uitgewys is 'n produk van Henn se verbeelding en bestaan net in Henn se skedel en is Pous Benedict XVI aangehaal wat die dogma van die Roomse Kerk oor die onderwerp bevestig het.. 
     
    Daarom, dus glad nie die stelling hierbo gemaak nie maar een met 'n agtergrond wat al holrug gery is, die stelling van die 'katolieke kerk'. Daar is dus niks verder wat hier bespreek kan word nie. En nou is HF Verwoerd vergete. 
     
    Sou darem dink dat Henn die erfenis van Verwoerd sou verdedig of 'n meer omvattende beskrywing van Suid-Afrika se ekonomiese geskiedenis sou plaas. 
     
    Hermann Giliomee se twee hoofstukke is goed oor die erfenis van Verwoerd en die ekonomiese koste daarvan as 'n begin punt. 
     
    'n Aanhaling uit Hans Dons De Lange is nou gewaarborg om geplaas te word. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello FC, 

     
    Jy voer aan dat jou brief 'tong in die kies' is. 
     
    Is dit werklik so? 
     
    Ek kan nie nou in detail weer in die raskwessie gaan nie, maar jy het 'n ondersteuner in Henn en kan julle vooroordele uitruil. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello,

     
    Ek is besig om op te vang met van die publikasies waarop ek ingeskryf is en lees nou 'n opstel raak in die London Review of Books wat die erfenis van Mandela bespreek en die vooruitsigte vir die land, 
     
    Vir die wat dalk die opstel wil lees kan hier gaan kyk. 
     
    Dit is gratis beskikbaar. 
     
     
    Die kern vraag is sekerlik die volgende: 
     
    The Rainbow Nation should go to the grave. 
     
    (Is dit wat Henn verlang moes begrawe word - indien Henn dit sou kon verstaan)
     
    Not just because the dream has clouded reality, but because South Africa has been held to standards of racial harmony that cannot be met – or not for the moment.   
     
    There is no consensus about what will happen now: at one extreme, the believers in ‘Mandelaland’ (chiefly outside the country); at the other, the dour prophets of ‘the next Zimbabwe’. 
     
    The doomsayers rarely point to the fact that more than 80 per cent of privately owned land in South Africa is still in white hands, not much down from 87 per cent twenty years ago, at the end of apartheid. South Africa’s agriculture, among the least subsidised in the world, is productive and profitable for about 50,000 almost exclusively white commercial farmers; the black rural population is worse off than it was. 

    One day it will find a voice, but the fact that the ruling ANC has never unequivocally disavowed Robert Mugabe’s ‘fast-track land reform’, a land grab in all but name, isn’t reassuring.    
     
    South Africa – more populous, urbanised and industrialised, among many other differences – is certainly not Zimbabwe, but Zimbabwe was the South Africa of the 1980s, promising racial reconciliation and postcolonial success. 
     
    After ‘liberation’, Mugabe was shortlisted for the Nobel Peace Prize and a young reporter, Andrew Meldrum, chose to live in a place ‘Where We Have Hope’, the title he gave his 2006 memoir, written after Mugabe had thrown him out of the country. 
     
    There are good enough reasons to ask whether South Africa has now embarked on the familiar postcolonial trajectory – a question considered sacrilegious thirty years ago in Zimbabwe. 
     
    The ‘transformation’ of post-apartheid South Africa as promised by the ANC is not underway. 

    According to a 2010 Afrobarometer survey, the vast majority of those at the bottom harbour xenophobic feelings; unemployment oscillates around 25 per cent, and soars above 40 per cent for South Africans under thirty, of whom two thirds have never had a salaried job. 

    How long will it be before people dream of liberation from the liberation of the Rainbow Nation?   

     The ‘miracle’ in the 1990s was real. 

    The settlers were not forced into a mass exodus as they were in Algeria in 1962 at the end of a vicious civil war, or ‘thrown into the sea’ as they’d anticipated. Mandela, the ex-detainee, did much as president to release the land of apartheid from its racial imprisonment. He also set his country on a different path from the standard postcolonial cursus in Africa by stepping down in 1999, at the end of a single term. Leadership within the ANC has remained collective. No ‘big man’ has been able to cow South Africans into fear and silence. 

    Die opstel eindig met die vraag wat die skrywer van die opstel vra, wat gaan ons met ons tweede kans doen? 

    Baie dankie

    Wouter
  • Hello, 
     
    Na aanleiding van Henn se verwysing daarna voorheen. 
     
    In verlede naweek se tydskrif van die FT  het Professor Margaret MacMillan van Oxford en skrywer van ‘The War That Ended Peace’, 'n studie wat die redes vir WOI ondersoek 'n opstel gepubliseer wat die stilstand van 1914 bespreek en kan hier gelees word asook hoe die oorlog beskou kan word en moontlike lesse wat geleer kan word. 


    Baie dankie 

    Wouter
  • WouterWerklik? is dit nie 'n geval vir jou ,'As die skoen jou pas, moet jy dit maar aantrek'.

  • Wouter
    Ek glo nie jy is mooi op hoogte van wat die ANC in ballingskap met hul eie mense aangevang het nie.Vandat die ANC aanbewind gekom het word oortredings van die veiligheidsmagte voorgehou as menseregte vergrype van die ergste aard.Die ANC het 'n veldtog van hoë moraliteit gevoer,dit terwyl hul en Swapo aan net sulke barbaarse praktyke skuldig was.Hierdie vergrype is toegesmeer asof hul nooit bestan het nie en die wat wel daaroor gepraat het is of uit die pad geruim of die swye opgelê.

    Luister wat skryf lede van die vryheidvegters en besef dan dat die ketel nie die pot kan verwyt dat dit swart is nie.

     Excerpt from Paul Trewhela’s Inside Quatro by Thando on Mar 8th, 2010

    Inside Quatro provides a first-hand account of the ANC’s Quatro prison camp and of the mutiny in Umkhonto we Sizwe (MK) in Angola in 1984; articles on the SWAPO ’spy drama’ of the 1970s and 1980s; an analysis of a death in exile with implications relating to Jacob Zuma; and a study of the responses of both the ANC and SWAPO to these episodes of intolerance, repression and excess. In all his essays, Trewelha analyses problems of the liberation struggles with a former insider’s knowledge and a journalist’s ability to ferret out the facts.

    Here is an excerpt from the book: In April 1990 a group of eight former members of Umkhonto weSizwe (MK) returned to South Africa a few weeks after Jacob Zuma, but under very different conditions. While Zuma was smuggled into South Africa in secret by the government (with Penuell Maduna, head of the ANC’s legal department) to prepare for negotiations with President FW de Klerk, the eight had fled from the ANC in Tanzania following six traumatic years after mutinies of ANC troops in Angola in February and May 1984.

     Less than two months after their arrival back in South Africa, one of the eight, Sipho Phungulwa — a former bodyguard of the South African Communist Party leader and MK chief of staff, Chris Hani — was shot dead by ANC members in Mthatha in a daylight public assassination early in June 1990, after he had left the ANC offices with a colleague, Nicholas Luthando Dyasophu.

    Official versions of the ANC's history in exile are challenged by Inside Quatro: Uncovering the Exile History of the ANC and Swapo by Paul Trewhela (Jacana Media).

    This is an edited extract. In April 1990 a group of eight former members of Umkhonto weSizwe (MK) returned to South Africa a few weeks after Jacob Zuma, but under very different conditions. While Zuma was smuggled into South Africa in secret by the government (with Penuell Maduna, head of the ANC's legal department) to prepare for negotiations with President FW de Klerk, the eight had fled from the ANC in Tanzania following six traumatic years after mutinies of ANC troops in Angola in February and May 1984.

    Less than two months after their arrival back in South Africa, one of the eight, Sipho Phungulwa -- a former bodyguard of the South African Communist Party leader and MK chief of staff, Chris Hani -- was shot dead by ANC members in Mthatha in a daylight public assassination early in June 1990, after he had left the ANC offices with a colleague, Nicholas Luthando Dyasophu.

    Narrowly escaping being shot, Dyasophu later gave evidence to the Truth and Reconciliation Commission. Three assassins subsequently received amnesty from the TRC, on the grounds that their act had been politically motivated. Phungulwa's life and death reveals the tensions within the ANC in exile between a top-down bureaucratic centralism and an ongoing struggle among the troops for a genuine participatory democracy.

    It was a road that led from the mutiny in Angola in 1984 (in which a key demand had been for a democratic conference) through Quatro prison camp to an extraordinary, brief flowering of democratic self-activity in 1989 among ANC exiles in Tanzania, which was crushed by the ANC leadership only weeks before the unbanning of political organisations in South Africa and the release of Nelson Mandela.

     After involvement in the 1976-77 youth uprisings in the Port Elizabeth area, Phungulwa had left South Africa with his close friend Amos Maxongo -- later a fellow participant in the mutiny, in the prison ordeal at Quatro and in the democratic upsurge in Tanzania -- to join MK. Under his "travelling name" Oscar Sizwe, he was one of the first group of MK cadres posted to Lesotho to help organise underground structures in the Transkei and Border areas, working closely with Chris Hani and acting as his bodyguard.

    Several years later Phungulwa, Dyasophu and Maxongo -- with about 90% of the ANC's trained troops in Angola, from the generation of the 1976 student uprising revolt -- took part in the mutiny, in which they demanded: a democratic conference; an investigation of the ANC's security department, iMbokodo, on account of its brutality and their belief that it had been infiltrated by the apartheid regime; and to be transferred to South Africa to fight.

    This was an extraordinary mutiny, in which the demand of the mutineers was to be sent into battle. There followed five years' imprisonment, first in Luanda State Security Prison, where they were tortured by iMbokodo, and then in Quatro. They were released only when the ANC was required to withdraw from Angola, with Cuban, Soviet and East German personnel, following the Crocker Accords of 1988 leading to independence for Namibia. Transferred to Dakawa camp in Tanzania in January 1989, they were permitted by the ANC to take part in normal exile activities.

    Phungulwa became the main person responsible for organising sports and culture among the exiles, whom the ANC prisoners on their arrival found dispirited and apathetic. With their attachment to democratic principles and their political commitment, the former mutineers breathed life into the moribund structures in the camps. Towards the end of 1989 Phungulwa was elected sports and cultural co-ordinator for all the exiles in Tanzania, known practically to every ANC member in the region.

     It was not long before these pariahs, who were not permitted to mention the mutiny or the repressions they had suffered, became an alternative pole of leadership to the security-dominated ANC bureaucracy in Dakawa. On 16 September 1989 one of the seminal events in the life of the ANC abroad took place. In an astonishing rebuff to the ANC leadership two former mutineers were elected to the leading positions on the Regional Political Committee, the most representative body of all the exiles in Tanzania, at an annual general meeting attended by several top-ranking ANC leaders, including one -- Andrew Masondo -- regarded by the mutineers as one of the leaders most responsible for the reign of terror in the camps.

     The two ex-prisoners from Quatro chosen to represent thousands of exiles in Tanzania were Omry Makgoale (previously MK district commander in Luanda, who was elected chairperson of the RPC under his "travelling name" of Sidwell Moroka, also known as Mhlongo) and Mwezi Twala, who was elected organising secretary, under the travelling name of Khotso Morena.

    Both had been members of the Committee of Ten, elected in Viana camp on the outskirts of Luanda to represent the demands of the troops to the ANC leadership in February 1984. Makgoale had been present in Quatro prison when the leading figure in the mutiny, Ephraim Nkondo (known to the mutineers by his travelling name, Zaba Maledza), was dragged through the prison with a rope around his neck, shortly before his death.

    Twala, later author of Mbokodo: Inside MK. Mwezi Twala, a Soldier's Story (Jonathan Ball, 1994) -- an important first-hand history of the exile period -- was one of the group of eight, including Phungulwa, which escaped from Tanzania in January 1990, and was their main spokesman when they gave a press conference in Johannesburg on May 16 1990. Phungulwa then had less than three weeks to live.

    Excerpts: Mbokodo: Inside MK: Mwezi Twala - A Soldier's Story by Mwezi Twala and Ed Bernard Jonathan Ball Publishers Mbokodo: Inside MK: Mwezi Twala - A Soldier's Story, by Mwezi Twala & Ed Bernard [*Amazon*]

    In 1981 began a time of terror and death for ANC members in exile. In February a strong ANC National Executive Committee entourage which incuded President Tambo made the rounds of all ANC camps in Angola. Cadres were warned of the presence of a spy network and the need for vigilance was emphasised. Enemy agents and provocateurs were rudely warned by Piliso, in Xhosa, '.. I'll hang them by their balls.'

    An 'internal enemy' psychosis had been whipped up and whenever ANC leaders visited camps they were heavily guarded. Many men and women were apprehended on suspicion of dissidence were to be exterminated in the most brutal manner in the months ahead.

    Those disiullusioned MK cadres who returned from Rhodesia were the first to go.(p.49) I became aware of these developments by word of mouth, but I was to discover later on, by personal experience, the terror of Quatro, to name but one death camp. People were removed from amongst us -- taken to Quatro or Camp 13 -- and disappeared forever without reason.

    Many of them were slaughtered by one means or another and their ultimate destination was a shallow grave. We heard rumours of execution by being buried alive, amongst many other techniques beyond civilized imagination. The purge created great fear amongst all of us, to the point where the smallest criticism, such as of badly prepared food, was seriously reconsidered by every individual, for one could never be certain that a 'best friend' would keep his mouth shut. (p.49)

    Our own security people became exceedingly arrogant, to the point where an innocent slip of the tongue or even a simple gesture could land you in a torture cell at Quatro. Security men of the lowest rank and intelligence -- fourteen to eighteen year olds -- became our masters, with the power of life or death in their hands. They acted on a mood with impugnity. (p.49-50) ...

    Oliver Tambo visited Pango [Camp] at the height of the terror. The path from the entrance to the admin building was lined -- like a scene from 'Spartacus' -- with men, bloodied and filthy, hanging from trees. When his entourage arrived at admin, where I was officer on duty, Tambo's chief of staff told us that there would be a meeting at 'the stage' (a clearing in the jungle... where we held meetings and discussions).

    Runners were sent out to notify everyone in the vicinity. On his way to the stage [Oliver Tambo] again passed the men tied to the trees. Being officer on duty, I could not attend the meeting, but my deputy went. After a while I saw guards come up from the stage, release the prisoners and take them to the meeting.

    There, my deputy told me, instead of objecting to their treatment, as I had hoped, Tambo berated them for their dissident behaviour and appeared to approve when Andrew Masondo declared that on the presidents next visit they would be in shallow graves behind the stage. The prisoners were returned to their trees.. where the president [Oliver Tambo] passed the unfortunate men without a glance on his way out, and they hung there for another three months -- followed by three months hard labour. (p.51-52)"

    Waarom is hierdie en ander gebeure verswyg en hoekom het President Mandela nooit die skuldiges tot
    verantwoording geroep en waarom het die ANC toegelaat dat die persoon wat aan die hoof van die ANC
    se sekuriteitsmagte gestaan het nl.President Zuma nooit tot verantwoording geroep is.

    Is dit nie opmerklik dat blankes soos die 'boeremagte' en ander wie se dade 'n mens nie kan goedpraat nie
    met alles waar oor die ANC regering beskik vervolg is en tronkstraf opgelê is, terwyl die moordenaars in eie geledere skotvry daarvan afgekom het omdat hul optrede 'polities' gemotiveerd was.

  • CorneliusHenn

    Geskiedenis moet binne die redeverband van die tydperk waarin dit afgespeel het gelees word.

    En dis hoe die karikatuur "Wouter Ferns" se slinkse propaganda werk; sy/haar/dit neem die geskiedkundige gebeure en verdoesel dit in 'n slinkse spoeg en plak en deur dit aan die verloop van vandag te meet. 

    Sy/haar/dit se identiteitlose grys skaal  kantel kwansuis nooit na die een of ander kant nie, behalwe dat daar altyd rede in sal wees om die Boere en katolieke Kerk te haat.

    "Wouter Ferns" se duidelik anakronistiese twak het niks te doen met die manier hoe die wêreldgebeure, politiek of die openbare mening vyftig jaar gelede gewerk het nie.

    Derhalwe daar ook altyd belediging aan my as persoon in gevoer word sonder om ooit 'n enkele van my standpunte met behoorlik gestaafde feite te weerlê.

    Dr. Verwoerd is 'n Internasionale held gereken in sy tyd, en daar bestaan vandag steeds menige standbeeld en plekke in herinnering van sy absolute bewonderenswaardige leierskap van Suid Afrika - en dis 'n FEIT!

    Dr. Verwoerd en sy regering, was ook 'n gedugte vyand vir die kommuniste.

    Daarenteen is PW Botha en FW de Klerk nog altyd aan enige standaard - selfs aan hul tydperk as leiers gemeet - as verraaiers gereken. Hul kommunistiese en Marxistiese comrades is vandag behoorlik aan bewind, en beheer so die breinspoeling van die meerderheid.

    "Wouter Ferns" se afgedwaalde spoeg en plak uit veral populêre en geborgde media, beaam ook maar gewoon die algemene Marxistiese en gebreinspoelde menings.

    Daarom my dank aan onse Webvoete vir die geleentheid om veral uit my logika, ervaring en kennis, gereeld ons waardige erfenis as Boere, ook hier in die regte redeverband te plaas.

    Let wel: ek had nog altyd 'n bepaalde respek vir enige leier op aarde  - geen mens word 'n leier sonder die een of ander bewonderenswaardige  eienskap daaraan geken nie.

    Hul agenda is die deel wat ek waardeer of verag...

    PW Botha, FW de Klerk, Nelson Mandela, Thabo Mbeki en Jakob Zuma se bybedoelinge die afgelope dekades reeds, het Suid Afrika op steil afdraand op pad na 'n piesang republiek geplaas.

    Dirk Rigter, "Wouter Ferns" en Jaco Fourie, is gewoon opdrifsels/skuim/dooie visse wat stroom afdryf  en wie probeer om die leegheid en identiteitloosheid anders in hul bestaan, ander daarmee te probeer demoraliseer en dan vir hulself sin daarmee te probeer roep.

    Nie te danke nie,

    Cornelius Henn

  • Hello FC,

     

    Verskoning dat ek nou eers jou kommentaar gesien het. Alhoewel ek nie bewus is van die boek waarna jy verwys nie, behalwe vir die feit dat jy dit al voorheen aangehaal het, is ek bewus van die ANC se optrede waarna jy verwys weens 'n bespreking van die WVK se bevindinge in Alec Russell se "After Mandela".

    Daarom dan is daardie optede nie onbekend aan my nie, dit bied egter geen verskoning vir die optrede van die vorige bestel nie en het beide die NP en die ANC dan gronde waarvolgens hulle veroordeel kan word.

    Die wandade van die ANC verskoon nie die optrede van die NP en 'n beleid wat vanaf 1948 tot 1994 die norm van die dag was nie en die onderdrukkinmg wat dit behels het nie.

    Mbeki was ook ongelukkig oor die uiteensetting van die vergrype deur die WVK en wou dit sensor, Mandela het egter aangedring dat dit bly.

    Baie dankie

    Wouter

  • Wouter
    Jy praat van onderdrukking tussen 1948 tot 1994, dus 'n tydperk van min of meer 46 jaar. Daar was nie tyd vir 'onderdrukking' soos jy dit stel nie. Die NP was te besig met die arm blanke probleem tot so 'n mate dat skolevoeding nog tot in 1953 aan die orde van die dag was.

    Baie min mense het tot matriek gevorder en die meeste het die skole verlaat na Graad 10 om 'n ambag te volg
    of by die weermag en ander staatinstansies aan te sluit, om arm blanke gesinne  by te staan Terselfdertyd moes aandag aan ook die plakkerskamp probleme soos voorheen genoem gegee word.

    Wat jy en duisende ander waarskynlik nie weet nie, is dat die volgende jaarlikse belastings, deur swart mense betaal en ingevorder is deur die destydse Dept. van Bantoeadministrasie.
    1.Hospitaalbelasting 25 c
    2.Plaaslike belasting R1-00
    3.Algemene belasting R3-50
    4. Bykomstige algemene belasting op inkomste.
    Benewens die belasting is miljoene Rande in die tuislande ingepomp. Op 'n stadium het 'n minister van tuisland
    die regering genader vir 'n verdere R300 miljoen om sy begroting te laat klop. Ek hoef nie vir jou te verduidelik
    wat van die geld geword het nie. Presies dieselfde as wat met 'n groot gedeelte van ons belastinggeld vandag gebeur.

    Miljoene Rande is beskikbaar gestel vir die verbetering van huisvesting van plakkerskampe aan die Rand.
    Min stadsrade het dit egter gebruik omdat hul teen die beleid gekant was. Daar het egter iets gebeur wat
    'n totale teenstrydigheid was. 'n Sekere stadsraad het miljoene Rande geleen, die geld belê teen 'n hoër rentekoers as wat die staat dit uitgeleen het en so  die lening terugbetaal en die 'wins' in hul sak gesteek.

    Die onwilligheid om toestande te verbeter het tot ontsettende plakkersprobleme met die gepaardgaande sosiale euwels gelei en was die grootste dryfveer agter die opstande en nie soseer die faktore wat slim politici
    probeer voorhou.

    Omdat stapelvoedsel op groot skaal geproduseer is het die algemene lewensverwagting en bevolkingsaanwas
    buite verhouding met die blanke en kleurlingbevolking toegeneem.

    Hoe het swart woongebiede wat opgerig is nou eintlik gefunksioneer? Die Departemente Nie-blankesake was jare lank deel van blanke plaaslike owerhede.Daar was egter aparte begrotings en het die gebiede eintlik as aparte 'stadsrade' gefunksioneer. Hierdie gebiede is finasieel ondersteun deur die sg. eenderde en tweederde
    bierrekeninge, wat die grootskaalse verskaffing van Bantoebier soos in die geval van Daveyton was.

    Wins uit drankverkope is ook aangewend. Daveyton het bv. sy eie busdiens asook, eie pad konstruksie,
    elektriese en meganiese werkswinkel, bioskoop, tennisbane, klinieke, creche vir babas van werkende
    moeders ens bedryf.

    Die onwilligheid van veral stadsrade sterk gekant teen regeringsbeleid, om die voorbeeld te volg,sou weldra katastrofiese gevolge vir die blanke bevolking inhou en het alle pogings daarna, soos bv die instelling
    van Streeksdiensterade op niks uitgeloop nie.

    Om dus die alle skuld voor die deur van die NP te lê vir die gebeure is mi foutief, omdat dit oor en oor bewys is,
    dat swak lewensomstandighede en gepaardgaande euwels die grootste voedingsbron van ontevredenheid en opstande is. Voeg dan daarby nog oproerende praatjies van buitelanders en jy het 'n resep vir totale wanorde.

    Veral fotograwe het veel tot dit bygedra. Die beroemde foto van 'n kind wat destyds  in Der Spiegel verskyn het,het bv. wêreldwyd opslae gemaak. Die kind het toegang gekry tot 'n gebied wat met ogiesdraad afgekamp
    was juis om kinders teen gevaarlike toestande ,oop stormwatersloot ens te beskerm.

    Dit is toe voorgehou as die toestande van hoe swart kinders lewe, soos slawe in 'n konsentrasiekamp
    agter kampe van ogiesdraad.

    Daar is altyd twee kante aan enige storie, maar die waarheid lê dikwels verskuil tussen die twee en jy moet net bereid wees om daarvoor te soek. Natuurlik is daar foute begaan en het veral die distrik ses fiasko ontsettende en onstelbare skade berokken.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top