v’geetgoed

  • 0

Trimillenniaal Homo, vasg’vang, in struktuurg’weldsmart,
onkund’-ontkenn’nd, mamparaïsties magslust’g, v’rward,
weens “Duiw’lspiek”-siek permanent afg’boek, kliphard,
g’hard, rede g’wet’nloos, sielloos v’rstand, g’broke hart

globaal krisis sup’r-ultra-krities, ekstra-ordinêr,
oploss’ng, vrede v’r amm’l, ’t lê nog ligjare ver,
lat Mens amp’ste witklipl’k, handdoek ingooi,
G’wete in diaspora, “Duiw’lspiek”-l’k v’rstrooi

kanti, papsakwyn sallie slaafpyn lat v’rdwyn,
in elk g’val haraam, amp’ nog bet’r’r as gif,
innie fetus, moed’r se melk, ’p “Baas”-plaas

maar ryke voel nie struktuurg’weldslagoff’rspyn,
“g’low’ge” t’ong’low’g, waarheid yt leuens t’sif,
soos ’n oud-Askari, geld’p v’geetgoed t’blaas

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top