Verskoning aan Angus

  • 3

Dagsê Angus

Jou kommentaar onderaan my brief van 15 deser verwys.

Natuurlik sal ek graag enigiets enige tyd met jou wil bespreek. Ek het, soos maar alte dikwels, myself net weer lomp uitgedruk. Ek het nie bedoel dat jy jou tyd mors deur, wat jy onder grammatika verstaan, aan my te probeer verduidelik nie; ek het net bedoel 'n diepgaande verhandeling omtrent grammatika is onnodig wanneer mens so 'n eenvoudige storie soos die gebruik van mengeltaal wil identifiseer.

Ek sê weer, dis eenvoudig: As die aangespreekte kennis moet dra van 'n ander taal dan is die spreker besig om gemengde taal te gebruik, punktum. Soos die laaste woord in die vorige sin; dit is 'n vreemde woord en die wat nie Duits op skool gehad het nie sal dit heelwaarskynlik nie verstaan nie en dit is dus mengeltaal. Die feit dat die meeste van ons Engels op skool gehad het maak Englikaans, of Afrengels, nie outomaties suiwer Afrikaans nie.

Die sin " usually, as ek vir myself goals geset het, achieve ek hulle" kan nie verstaan word sonder 'n kennis van Engels nie en dit is dus mengeltaal, ongeag jou beskouing van grammatika.

Groetnis

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Beste Jan,

    Jy verstaan nie die linguistiese beginsels waarop my argumente berus nie, daarom moet ek hulle aan jou verduidelik. Dis nie diepgaande verhandeling nie, 
     
    Ek verstaan nie jou argumente nie, want waarop dit berus, weet nugter. Wat beteken bv. "Die feit dat die meeste van ons Engels op skool gehad het maak Englikaans, of Afrengels, nie outomaties suiwer Afrikaans nie." Wie het dit gesê, wat beteken dit, en wat is outomatiese suiwer Afrikaans? 
     
    Graag sal ek ook wil weert wie die spreker is van  " usually, as ek vir myself goals geset het, achieve ek hulle". Wie is die hoorder en wat is die omstandighede waaronder hierdie gesprek plaasvind?

     
    Groete,
    Angus
  • Beste Angus

     
    Jy laat my aan Morné Steyn dink.  'n Doellose hoë skop met die verwagting dat  die opposisie die bal gaan aanslaan!
     
    Enjee
  • Beste Enjee,

    Tog is daar bitter min mense in Suid-Afrika wat vir Morné kan leer skop.

    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top