Aan al julle gedienstige Afrikaners(?) wat die walglike Zuma-byeenkoms in die Voortrekkersaal(!) van die Monument bygewoon het:
Sies! Sies! En nog ‘n maal sies!
Ek weet elkeen van julle het ‘n lamlendige verskoning waarom julle daar was, maar swyg liewer. Ek het die afgelope twintig jaar plus genoeg ou storietjies van verloopte Afrikaners moes aanhoor. Julle is erger as die flippin verraaiers en joiners van die ABO.
Smaak my Dawie Roodt was die enigste met murg in sy pype. Ek is heilig oortuig daarvan dat nie een van die ANC hansworse sy vraag sou kon antwoord nie.
Helmine le Roux


Kommentaar
Helmine
Ek was nie daar nie, maar het tog geen beswaar daaroor nie.
Jy leef steeds in die oudedoos mens. Jou uitgediende gekkegrens retoriek sê vir my Zuma het meer tussen die ore as jyself, en dis veel gesê!
Jy's welkom aan Dan Roodt, alhoewel ek twyfel of hy met aanhang soos jou soort gevlei gaan voel.
Beste Helmine,
Jy het so 'n mooi naam, "le Roux", ( my ouma se naam), en ek meen dat jy 'n afstammeling van die Hugenote moet wees, tensy "le Roux" nie jou nooiensvan is nie. Nou wonder ek hoe so 'n persoon so 'n histeriese brief kan skryf met uitdrukkings soos "verloopte Afrikaners", en diesmeer. Ek reken dat dit vuurbekke soos jy is wat Kardinaal Richelieu op hulle plek wou sit toe die vervolging van die Hugenote in Frankryk begin het. Baie van hulle het na Suid-Afrika gevlug, en nou het die tyd aangebreek dat baie van hulle afstammelinge na Australië, en elderstoe vlug, jou sg. "verloopte Afrikaners".
In die werklikhede van vandag se wêreld is 'n mens verantwoordelik vir homself en sy familie. "Nasie" is 'n begrip vir dwase mense.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Ek het geen kommentaar, Jaco Fourie, op jou kommentaar nie. Spaar jou asem.
Helmine
Toevallig gepas, as mens jou brief oopmaak, verskyn oester se briefopskrif (wenbrief, kan jy dit maar noem, die een brief wat webvoet uitsonder van 'n lot plasings om 'n prentjie by te sit) en prentjie langs joune. Op die manier dan, heel gepas, langs jou opskrif, staan die woord 'trance'. Daardie mense wat jy na verwys is in 'n trance, hulle is gebreinspoel en kan slegs die wêreld waarneem deur die tonnel wat hulle meesters vir hulle bewerkstellig het.
Groetnis
Jan Rap
Liewe Helmine,
Nee Hermien
Ek gaan nie my asem spaar nie. Met 'n gekgenoot wat jou geykte kak onderskraag, sê dit vir my dat jou ondersteuner miskien met nog minder grys selle as jyself tussen die ore sit.
Die oorgrote meerderheid Afrikaners het DA gestem, wat insluit vorige NP; HNP; KP; AWB, ens. Dan Roodt kon nie eers genoegsame Afrikanerstemme kry om hom 'n setel in die parlement te besorg nie. So, behalwe vir 'n paar duisend, is die res vir jou "verraaiers", "verlooptes"; "joiners", ens dws die oorgrote Afrikanerdom. Jy en jou ondersteuner is Eensames onder die eensames. Julle is welkom aan hulle.
Helmine, et al
Die 5138 stemme wat die Afrikaner-gekkegrens-party nl. Die Front Nasionaal, op hulle vereenig het, skreeu die volgende uit, nl:
Selfs die wegblystemme van die vorige bedeling het dreunend te kenne gegee, hulle stel nie in gekkegrens-politiek belang nie, en het hulle met die meerderheid Afrikaners geskaar om DA te stem.
Die gekkegrens kan nie te kenne gee hulle verteenwoordig Afrikaners, veral mbt hulle grondeise in Mphumalanga nie!
Afrikaners het oorweldigend en finaal die Volksstaat konsep vir hulle verwerp.
Hulle het herdie patete uitgewys vir wat hulle werklik is, nl. Die gekkegrens van Afrikanerdom.
Jaco
As jy met 'gekgenoot' na my verwys - wat laat jou dink ek's dom? Ons standerd-8-klas destyds het almal deurgekom en ek was in die top 98% van die klas!
As jy iemand anders bedoel, ignoreer dan maar hierdie briefie.
Groetnis
Jan Rap
Jan
Indien jy voel die skoen pas. Dra dit maar