Dagsê Wouter
Ek verwys na jou twee stukkies kommentaar onderaan my brief 'Die kinders van vandag', 27 Augustus.
Jy wil weet of daar 'n RGN- of NRO-verslag bestaan wat die 'ongelooflike' stellings in my brief staaf. Watter ongelooflike stellings? Buitendien, kan jy nie vir jouself dink nie, moet alles eers vir jou deur 'n verslag bevestig word en vertou jy altyd alle verslagskrywers ten volle?
Jy sê ek het " ... die reg se verloop oor 2000 jaar gereduseer tot 3 sinne." Jy verwys seker na 'n ander brief. Hoe dit ookal sy, hier's een om jou besig te hou: 65 miljoen jaar gelede sterf die dinosaurusse uit na so 165 miljoen jaar op aarde. 230 Miljoen jaar gereduseer tot een sin!
Jy sê ek is 'n verstokte ideoloog. Dit mag so wees maar hoekom sê jy so, net omdat ek sê die huidige regering haal nie die paal nie? Of omdat ek sê Afrikaans word afgeskeep? Of het jy dit in 'n RGN-verslag gelees?
Jy sê ek het in die 60's en 70's vasgehaak, op 'n ander plek het jy gesê die 50's as ek dit nie mis het nie. Weer eens, dit mag so wees, maar wat laat jou so sê, 'n RGN- of NRO-verslag? En wat was so sleg van die 50's, 60's en 70's? Die groeikoers was hoog, werkloosheid en misdaad was nie naastenby wat dit vandag is nie en hospitaaldienste, skoling en algemene dienslewering was eerstewêrelds. Dis nou derdewêreld en besig om met rasse skrede nog verder te verval.
Of reken jy alles wat in later chronologiese volgorde gebeur beter is? Is 1990 is beter as 1980, 2013 is beter as 2001, is 1478, toe die Spaanse Inkwisisie ingestel is, beter as 1350 toe die Renaissance begin het? Dink bietjie weer hieroor.
Hoekom sê jy Treurnicht en Van Zyl Slabbert kan nie in dieselfde asem genoem word nie (veral in die lig van die feit dat, wat Van Zyl Slabbert bepleit het, toe uiteindelik tot 'n mislukte staat gelei het)?
Is jy seker 'baasskap' was Strydom se woord? Mag wees maar dit maak nie vir my sin nie, klink vir my soos die mite dat Verwoerd sou bepaal dat swartes nie ordentlik opgelei moet word of geleerd moet wees nie. En hoe het Malan en Strydom se 'apartheid' van Jan Smuts, Louis Botha en die Britse goewerneurs s'n verskil?
Hoe het Verwoerd se 'aparte ontwikkeling' die beleid van 'apartheid vervolmaak' om nou jou woorde te gebruik? Wat verstaan jy ooit onder 'apartheid'? Ek dink jy't iewers 'n klokkie hoor lui en nou maak jy maar wat jy hoop die regte geluide is.
Hoe kan jy sê die "ideaal" (gemenebes, konfederasie) het misluk? Bloot omdat dit toe nooit voltooi is nie? Het die 'Twin Towers' byvoorbeeld misluk omdat hulle gesaboteer is?
Jy praat net omdat praat praat is Wouter; jy dink nie voor jy stellings maak nie.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
... en die arme "nerd" Wouter Ferns, soos hy graag na homself in sy skaamtelose pleit vir simpatie verwys, is boonop besig om dit "op te cranck" elders!!!
Jan Rap,