Goeiedag.
Jare lank reeds bespot die Neo-Afrikaners enige besorgdheid omtrent die volksmoord op Boere-Afrikaners en ander blankes deur swartes in ons land.
Sulke nuus word ook oor die algemeen in die massamedia onderdruk.
Boere-Afrikaners se selfbeeld, trots en identiteit word egter deurentyd op die manier verdag gemaak.
Met respek; ek kan ongelukkig nie help om te wonder wat die Neo-Afrikaners na dese op hierdie "IReport" op CNN gaan antwoord nie?
Ja, dis werklik hartseer.
Nietemin, die werklikheid sal nooit altyd weggesteek kan word nie en nodig ook hoegenaamd nie my bewys daarvoor nie.
Iewers in die toekoms sal dit wel as pynlike geskiedenis in ons mensdom gelees word. Indien dit wel eendag bereik word, kan Boere-Afrikaners hulle regmatige plek opneem in die toekoms van Suid-Afrika.
'n Wyse man het op 'n dag geseg; die wat wegkyk en niks doen omtrent onreg om hulle is ewe skuldig aan die misdaad.
Ek wonder ook hoe die Neo-Afrikaners daardie dag hul aandeel in hierdie moorde gaan verontskuldig.
Vir diegene wat dalk nie my kommentare elders al gelees het nie - my bedoeling met Neo- Afrikaner is as volg: Nuwe/Neo-Afrikaners ken 1994 as hul jaar nul, dra swaar aan hul apartheidskuld en besmeer graag selfs vandag se Afrikanerkinders daarmee. Dis die sportmalles wat destyds alles geglo het wat die Nasionale Party aan hulle opgedis het. Hulle onderskei ook hoegenaamd nie tussen die Unie en die Republiek van Suid-Afrika nie. Hulle is ook salig "onbewus" van die Britte se onderdrukkende segregasiebeleid aan die Suidpunt van Afrika en oral elders in die wêreld!
Boere-Afrikaners daarenteen, is diegene wat met trots hul Voortrekkererfenis uitdra, Paul Kruger as hul eerste algemene leier ken, hul vryheid hoog ag, ander se harte respekteer en met alle nasies en volke op die aarde gesonde verhoudinge behalwe die Britte het.
Ek ag my Voortrekker- en Boere-erfenis met trots!
Die tyd is egter verby dat Boere-Afrikaners hoed in die hand, apologeties moet wees oor hul verlede.
Boere-Afrikaners behoort hulle ook sterk te verset teen enige poging om eiendomsreg en vrye mark beginsels af te takel, want dit is in ieder geval die boustene van ‘n suksesvolle Suid Afrika.
Daar is beslis nie nodigheid, tyd of regverdiging om terug te beweeg na ? era van nuwe/neo- rassisme of die uitgediende kommunistiese en sosialistiese ideologie van Nelson Mandela nie.
Boeregroete,
Cornelius Henn


Kommentaar
Corneels
Wat word die kinders, gebore uit 'n Boere-Afrikaner en Neo-Afrikaner huwelik, genoem?
Cornelius Henn
Jy skryf hierbo die volgende: "...Jare lank reeds bespot die Neo-Afrikaners enige besorgdheid omtrent die volksmoord op Boere-Afrikaners en ander blankes deur swartes in ons land. Sulke nuus word ook oor die algemeen in die massamedia onderdruk..."
Bewys jou stelling met voorbeelde waar sg "Neo-Afrikaners" die spot gedryf het het met enige moord op 'n plaasboer of enige ander burger van die RSA. Gee voorbeelde asb! Bewys ook sommer verder hoe die massamedia nuus oor hierdie "volksmoord" onderdruk.
Ken jy die betekenis van die woord onderdruk? Kom ek gee jou een voorbeeld daavan: Tussen 1948 en 1975 het die NP regering 3.5 miljoen Swart, Bruin en Indiër inwoners van SA teen hulle wil verskuif om apartheid te laat werk. En boonop is hulle van elke moontlike burgerreg ontneem waaraan jy kan dink. Daarbenewens is hulle vertrap en verneder... "Ek is die wit baas en my vrou hier langs my is die miesies, en daar's jou kos in die blikbord en jou koue koffie in die blikbeker..." Dis onderdrukking!
Ten slotte: Julle sg Boere-Afrikaners se fut is uit. Uit meer as 25 miljoen kiesers het jou Front Nasionaal toe net oor die 5 000 stemme gekry. G'n wonder Dan Roodt van Praag-faam is teen die grond nie. Jy't seker sy jongste klaaglied van 10 Mei gelees. Sy fut is uit. Vergeet van verset, die toekoms het julle ingehaal.
Die skakel vir die "IReport" op CNN waarna ek verwys, kan hier gelees word: http://ireport.cnn.com/docs/DOC-948359
Cornelius
Jy skryf: "Boere-Afrikaners daarenteen, is diegene wat met trots hul Voortrekkererfenis uitdra, Paul Kruger as hul eerste algemene leier ken."
Ek is onder die indruk dat Marthinus Wessels Pretorius was die eerste en enigste "algemene leier" van die onafhanklike Boere toe hy vir 'n kort tydjie gelyktydig president van die Vrystaat en Transvaal Republieke was. Paul Kruger was die laaste president van 'n sektor van onafhanklike Boere, nl van die Transvaal, terwyl Steyn die laaste president van 'n ander sektor van onafhanklike Boere nl die Vrystaat was.
M.W. Pretorius het probeer om die Boere in een Republiek te verenig en was onsuksesvol. Selfs toe het die Boere onderling gestry en gesê; ek is hierdie tipe Boer (Vrystaat), en jy is daardie tipe Boer (Transvaal). Afgesien van die ABO wat die twee sektore Boere vir 'n kort tydjie (2jaar) vereenig het (nie onder Kruger nie, want Steyn was ook in die prentjie), is die nimmereindigende "Voortrekker-Boere-vete" onmiddellik daarna ononderbroke voortgesit tot vandag toe, 'n vete wat jy blyk graag te wil aanhou help aanblaas.
Terloops. Watter een van die Voortrekker-Boere-Afrikaner vetekamp maak jy aanspraak op?
Jaco,
Hulle kan self kies - dit laat my ook aan kinders wat uit 'n Chinese en Zulu-huwelik gebore word dink - nes kultuur is taal sekerlik ook 'n keuse ...
Cornelius Henn
Dirk Rigter,
Soos altyd is jou begrip daarmee heen!
Lees weer: Jare lank reeds bespot die Neo-Afrikaners enige besorgdheid omtrent die volksmoord ...
Jy't die woordjie BESORGDHEID gemis. Ek laat dus jou onthutsheid daar.
Die res van jou trant dui maar net daarop dat alle blankes en hul kinders daarmee saam, die onderdrukking aan regstellende aksies en swart bemagtiging verdien.
Jy is reg dat 99% van die land se kiesers vir regstellende aksie, swart bemagtiging en grond-onteiening gestem het.
Jy is ook reg dat die toekoms ons Boere-Afrikaners ingehaal het.
Punt is; dit gee my steeds geen rede om nes die "denkende" Nuwe/Neo- Afrikaners, my Boere- en Voortrekkererfenis te misken nie.
Boeregroete,
Cornelius Henn
Jaco,
Dankie vir jou belangstelling.
Jy is presies reg omtrent die Pretorius en Kruger.
Paul Kruger is my leier.
Die Vrystaat het nie net die Griekwas verraai nie, dit was ook die wieg van die Nasionale Party - die linkse en regse Neo-Afrikaners vandag.
Boeregroete,
Cornelius Henn
Hello,
Wouter,
Daar is selfs diegene wat selfs Auschwitz en die moord op miljoene Jode met dieselfde trant wat jy hierbo voer as 'n klug afmaak.
Punt is; dat boer in Suid-Afrika een van die gevaarlikste beroepe op aarde is - selfs gevaarliker as om 'n Amerikaanse soldaat iewers op vreemde grond te wees.
Dis maklik om 'n paar klein foute in iemand se verslag of gesprek te verhef en jou opponent se standpunt daarmee te ondermyn.
Veronderstel Sunette Bridges was met 'n hele helfte verkeerd - wat van die helfte waarmee sy reg is?
Wil jy deel wees van daardie helfte waarmee sulke gruwelike statistiek wel reg aangehaal word?
Nie een van die verslae of die artikel hierbo is so verkeerd dat enigeen dit as onsin kan afmaak nie.
Dit dien gewoon nie jou agenda nie en daarom pas dit jou om tot sulke gevolgtrekkings te kom.
Wie van die pers wat jy hierbo noem het, het die moed om in antwoord hierop 'n akkurate verslag dan te publiseer?
Hahahaha ... geeneen - nes jy is hulle gewoon daarop uit om die werklikheid te onderdruk ten spyte van die gruwelike moorde op blankes byna daagliks en oral in ons land!
Ek is ook geheel bewus van die feit dat 99%+ van die land se burgers nie besondere aksie ag omtrent die geweld teen blankes en boere op plase nie - totdat dit hulle tref!
Oscar en Griekwastad geniet baie meer publikasie as die vele ander moorde.
Daarom, die sensasie rondom die Griekwastad moorde en Oscar Pistorius wat sy meisie geskiet het bewys immers die punt volgens die gebreinspoelde massas dat wittes mekaar op dieselfde manier uitmoor!
Ongeag die (s)linkse en nuwe/neo soort fundamentele liberale afkeur daaraan, is ek dankbaar dat CCN IReport wel Boervrou58 se artikel publiseer.
Neem ook in ag dat selfs onse liewe Webvoet, sensuur toepas.
Wouter, ek besef wel deeglik dat jy nie bereid is om ander se gevoel en ervaring te respekteer nie.
Jy dig selfs artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis rakende die katolieke (met 'n klein k) aan my toe om jou agenda en slimmighede op die werf te verweer.
Ek stel hoegenaamd ook nie belang om jou of enige ander te oortuig nie.
Ek is wel dankbaar daar word kennis hiervan geneem en weet dat tyd sal leer.
Katolieke Boeregroete,
Cornelius Henn