Valse opsomming Dirk!

  • 4

Op 15 Oktober, en in 'n paar tersaaklike briewe daarna (antwoorde aan Dirk Rigter) gee ek te kenne dat hoe erger dit nou gaan, hoe meer word gewaande ou koeie uit die sogenaamde apartheidstyd gegrawe.  Die rede daarvoor is dat, die wat hulle vir die huidige gemors beywer het, regverdiging vir hulle toetrede tot die sogenaamde struggle soek.    

Dirk se opsomming hiervan was dat, volgens my, apartheid nooit bestaan het en die Afrikaner nooit apartheid toegepas het nie.  Buiten dat dit teenstrydig is, waarvan lei hy af dat ek dit gesê het?

As grond vir die feit dat apartheid wel bestaan het ('n feit wat ek nooit betwis het nie behalwe 'daardie' soort apartheid) lys hy 'n reeks wette wat sedert '48 gepromulgeer of gewysig is.  Hy verswyg egter die feit dat sommige wette gewysig is; daar is van die wette, soos die ontugwet, wat al hier van 1927 af dateer.  Ek het wel 'n lys verskaf van pre-48 apartheidswette maar daaroor swyg hy in sy redenasies/opsomming.

Voorts, gedagtig aan die verskoningvraery en boetedoening van die Afrikaner het ek genoem dat apartheid al van die Britse goewerneurs se tyd afkomstig is.  Indien daar dan verskoning gevra móét word staan ons agter in die ry met die Engelse heel voor en tussenin is nog Portugese, Belge, Zoeloes, Duitsers, Xhosas, Franse, noem maar op, ook.

Dirk se opsomming hiervan is dat ek sê apartheid is nie ons skuld nie; ons het dit by die Engelse geleer.  So iets het ek nooit gesê nie.  Ek wil sê hy kul alweer maar hy neem aanstoot, sê ek gooi hom met modder en als so ek sê maar weer hy redeneer baie 'kreatief'.

Dirk sê die feit dat ander volke ook verkeerd gehandel het verskoon ons nie (sou ons nou verkeerd gehandel het).  Ek het dit ook nie betwis nie; wat ek sê is dat ons dan nie die enigstes moet wees wat verskoning moet vra nie want beteken dan ons is die enigstes wat skuldig is wat nie die waarheid is nie (soos Dirk ook te kenne gee). 

So, as niemand anders verskoning vra nie het ONS niks om voor verskoning te vra nie.  Doen ons dit haal ons onsself net die toorn op die hals van dié wat ons om verskoning vra soos duidelik blyk uit die wreedheid van die plaasaanvalle.

Dirk reken dat die wat dink dat die status quo (wit regering) gehandhaaf kon word lewe in 'n gekkeparadys.  Mag so wees, mag ook nie; dis 'n ander debat.  As Dirk dink dat apartheid onderdrukking en uitbuiting was, is dit 'n onsinnige stelling want die Afrikaner het niemand uitgebuit of onderdruk nie (en moenie kom met die mynhostels nie, die Boere het geboer, nie myne bedryf nie).  Die Portugese onderdruk nie die Duitsers omdat Duitsers nie in Portugal mag stem nie.

Interessant dat Dirk die rondlê van lyke (langs 'n 'flentergat Mercedes' nogal) as aanduidend van die uitgediendheid van 'n regeringsvorm.  Die lyke wat langs die flentergat Mercedes gelê het is nie 'n breukdeel van die lyke wat maandeliks in die huidige bestel 'geproduseer' word nie.

Dirk spin stories.

Jan Rap

  • 4

Kommentaar

  • Jan Rap se onvermoë om intelligent oor ons apartheidsgeskiedenis te debatteer word finaal blootgelê deur hierdie stelling van hom in die bostaande brief:

    "Die Portugese onderdruk nie die Duitsers omdat Duitsers nie in Portugal mag stem nie"

     

    Jan Rap, wat is die punt wat jy met dié stelling wil maak? O ja, nou sien ons jy bedoel eintlik: " Die Afrikaners het nie die Swart en Bruin burgers van Suid-Afrika onderdruk deur hulle hul stemreg te weier nie. Hulle was mos besoekers in hul geboorteland".

     

    Hierdie absurde twak span die absolute kroon op die goed wat jy al hieroor kwytgeraak het.

     

     

  • CorneliusHenn

    Dirk Rigter,

     

    Had jy maar verstand om net die woordjies "REPUBLIEK van Suid-Afrika" te begryp, dan sou jy dalk die begrensde geskiedenis waaruit dit gebore is ook verstaan het.

     

    Boeregroete,

     

    Cornelius Henn

     

     

  • Aan Dirk Rigter.

    Jy verloor elke ronde teen Jan Rap "hands down" omdat jy geen weerlegbare feite op die tafel plaas nie maar sy persoon aanval. Om hom met persoonlike stellings verkeerd te probeer wys is net so futiel. Ek ken 'n goeie juffrou by die skool wat die kunsies van debatvoering aan kinders oordra. Sy kan jou dalk help, haar leerlinge wen top pryse tydens die ATKV kompetisie.
    Groete,
    Et1
  • CorneliusHenn

    Beste Et1, moet asseblief ook nie  van my vergeet nie .. ek't altyd iets om by 'n goeie juffrou te leer ... vol punte aan Jan Rap!!! ... Boeregroete, Cornelius Henn

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top