verste v’n apartheid lê liefde, v’r lew’nsmaat,
iemand v’r aan-, voortplant, v’n voorou’rsaad,
saam staan versus “Duiw’lspiek”-dissip’lskap,
teen Self-d’struksie-, onkund’-ontkenn’rsklub
“Naaste” v’r perfeksionis nie naast’nby sup’rp’rfek,
hoeka by “ras”, “klas”, waar Mens dik streep trek,
“soort-soek-soort”-sindroom, pseudo-superioriteit,
daa’ waa’l v’rsk’l, hels pels, m’t volg’rs v’n Paradys
onteologies psigo-filosofies, klinies sielkunde v’n apartheid,
ing’bed in maatskappy, sam’lew’ng, neo-pedagogies, aysh
opvoedkunde-ham’r op v’rlede-yst’r klink nie meer,
storie, v’n g’skied’nis, nu afg’leer, voorou’rs onteer
Mens kil toekyk hoe nag’slag eie, g’wete, v’rkrag,
Gadara-vark ultrahedonisties steun’p sjatansmag
Jacobus Faasen

