“Self-v’r-Self, ann’r-nie-t’skrann’r”, Kapitaal se motto,
onv’rmeld, v’n dié wie fondasie vest’g’p struktuurg’weld,
Naaste, ko-Aardl’ng, mede-Mens, ’t gruw’loosl’k ontgeld,
v’n G’wete v’rvreem, oorlogvoerd’r, nessie Kop v’n Lotto
seleksie, hulpbronherv’rspreid’ng, op afstandb’heer, via kapitaal,
submissiewe struktureel g’klee, in sak-’n-as, in sokolisa-goiings,
weens onkund’-ontkenn’ng, Self-d’struksie, toet’ntaal b’tjoiings,
Millennium Drie Homo Sap-Sap, aysh, mette fiasko, krisis, opg’saal
struik’l hy, sy, oor eie ekspressie, Askari, papsakrazzo, imbongi,
sukk’l, stam’l, hik, hakk’l, Self Sélf tot on-Self d’gradeer,
als-’n-als derie lens v’n relatiwiteit b’oog, v’rrelativeer,
onv’rtroud m’t fundamenteel-essensieel Essensie, v’n umDali
opsies drasties minn’r, ytstel is afstel,
oppie ou end nie veel oor, (van) t’v’rtel
Jacobus Faasen

