tyd v’n umNtu

  • 0

Afghani-, Pakistan, Indië, Irak, ontslae v’n Obama,
Millennium Twee’t v’byg’gly, nou’s’t Millennium Drie,
tyd v’r eksploitasie, ultra-Kapitaal se uitbuit-teorie,
ontwyk legitimiteit wêr’ldleiers, selfs v’r Obama

iemand word iew’rs g’volg deur ’n droom,
g’n niemand hoor g’weldslagoff’rkrete,
kyk net hoe lyk aanvoerd’r se G’wete,
g’botoks, g’herprogrammeer, skoon

vreemde seisoene, g’kenmerk deur vreemde winde,
ivoortor’ng-etici, klon’ngsfisici, via ontkenn’ngskunde,
eind’ g’maak aan eeu-oue historisi-, legitimi-, identiteit

spook die deng mos kwaai, b’grip oor ubuNtu,
ong’transkribeerd’ tekste doer ver in Timbuktu,
hoe lank’s Mens al wys, re Naaste, re umNtu

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top