Twintig jaar van demokrasie ...

  • 4

... sou heerlik gewees het!  Dink net, ons sou nou al baie ver gevorderd gewees het op die pad van ‘n Suider-Afrikaanse Federasie.

Demokrasie sou vryheid beteken het en mens is vry as ‘n ander taal nie op jou afgedwing word nie en jou belasting aangewend word vir die heil van die landsburgers.  Dit geld nie hier nie, nie ten opsigte van die Venda’s, of die Zoeloes, of die Tswana’s of enige van die groepe in hierdie sogenaamde demokrasie nie. Ons is hier in ‘n kunsmatige land met ‘n kunsmatige (marionet) regering waarvan die enigste plig is om toe te sien dat hulpbronne (ystererts, renosterhoring, gas, platina, goud ens) verskaf word aan die wat die toutjies trek.

Jan Rap

  • 4

Kommentaar

  • Jan

    Voordat ek jou briewe oopmaak om te lees, weet ek alreeds ek gaan 'n swartgallige uitleg lees.  Hier op SêNet is jou naam sinoniem met "swartgalligheid" en/of die "ons" en "julle" sindroom; re-aktief en glad nie pro-aktief nie.

    Dit laat my baiemaal wonder of jy enigiets in ons samelewing geniet.

  • Jaco,

     wanneer was die opname gedoen waar bevind is dat Jan Rap se se naam sinoniem met swartgalligheid is? Het ek dit gemis? Wanneer is die "ons" en "julle" 'n sindroom - en wanneer is dit 'n werklikheid?
  • ET1
    Van wanneer af, vir elke stelling wat oor iemand gemaak is, moet  daar eers 'n opname plaasvind?

  • Die verkiesing uitslae is slegte nuus vir die konstitusie

    Die ANC het 62% van die uitslag, en sal in eie hoedanigheid nie die konstitusie sal kan wysig nie, maar met die EFF se 6% bykomstig, maklik so.

    Albei wil die konstitusie gewysig hê waar dit blanke grond, besigheidsonteiening en swart ekonomiese bemagtiging betref.  Twee aartsvyande sal beslis op hierdie punte saamstaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top