Troep waar de donner dink jy gaan jy?

  • 0

Ek lees Sandvelder se brief en kry toe groot lag. Ek het 'n ander storie, ook van 'n sammajoor gehoor. Ek weet nie of die storie waar is nie, maar hoekom 'n goeie storie met die waarheid bederf.

Dit was ook by een of ander weermagkamp. Die sammajoor het ook die troepe laat aantree en op aandag laat kom.

Op 'n stadium skree hy iemand se magsnommer, naam en van uit. Die troep antwoord toe met die nodige respek en ontsag. Hy skree toe vir die troep om vorentoe te tree. Hy skree toe vir die troep. "Troep jou pa is dood, tree uit."

Na die insident is almal toe moerig en die aangeleentheid word met die manne boontoe bespreek. Die sammajoor word ingeroep en berispe. Hy word ook aanbeveel om meer taktvol en bedagsaamheid te wees.

Op 'n dag word die troepe weer aangetree. Almal word weer op aandag geroep. Die sammajoor begin toe weer. "Almal wie se pa's nog leef, tree vorentoe". Almal wie se pa's nog leef tree toe vorentoe. Die volgende oomblik skree hy: "Troep Van der Merwe, waar de donner dink jy gaan jy."

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top