tongknoop-ilwimi

  • 0

feesvleesl’k foet’r voorouertaal se prat’rs,
nôba hul on-Afrikaans Afrika-status-krisis,
in g’n ann’r medium voel Mens so veil’g,
sien’t soms, eie, as iets sup’r-ultra-heil’g

kanti, sonn’r Wet Een val als in duie,
staat reg, g’regt’gheid in ligtelaaie,
breng Eiland’r onn’rdrukk’ng mee,
maak’t ilwimi-indigeen erg ont’vree

b’vryd’r, nu hand-in-hand m’t B’proew’rbond,
loop Duiw’lspiek-korrupte krankl’k rond-’n-bont,
erfreg v’r kwasi-bourgeoiskap v’rkwans’l, g’sabela,
deel stel’r m’t herv’rdel’r, stuk-v’r-stuk, v’n Afrika

selfs Kontinentaal status oppie langebaan,
s’l Afrika-taal-sprek’r’t nooit k’n v’rstaan

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top