Tien Top Filmtitels vir Wouter Ferns

  • 8

Beste Wouter,

Binnekort sal my oorspronklike artikel, "The Moon is Blue", verdwyn van die lys onder die hoof, "meeste kommentaar", van SêNet-briewe, en dus skryf ek opnuut om jou navraag aangaande filmtitels te beantwoord.

Hier is my eie beskeie lys van films wat die afgelope 10 jaar die grootste indruk op my gemaak het, films wat ek meer as twee, of drie keer kan sien:

1) Harakiri/Sepukku: Die 1962 film kan op youtube.com gesien word, en die weergawe van 2012 deur Takashi Miike op DVD.

2) Old Boy deur Park Chan-Wook.

3) Sympathy for Mr. Vengeance ook deur Park Chan-Wook.

4) A Bittersweet Life van Kim Jee-Woon.

5) Gohatto van Nagisa Oshima.

6) India Song van Marguerite Duras.

7) Little Red Flowers van Zhang Yuan.

8) Farewell to my Concubine.

9) Max Havelaar van Fons Rademakers.

10) Il Conformista deur Bernardo Bertolucci

Daar is soveel wat ek nie genoem het nie - maar hier is darem ‘n begin en ek het nie verneuk om na "Sight and Sound" se webblad te gaan kyk om jou met sekere van hulle 50 beste films ooit te beïndruk nie. Daarvan is ek seker dat sommige van my titels in goeie videohuurplekke gevind sal word, en as jy moet koop, sal dit die geld werd wees.

Beste groete,

Pieter Redelinghuys

  • 8

Kommentaar

  • Hallo Pieter, 

     
    Baie dankie vir jou bereidwilligheid om titels met my en die lesers te deel en ook vir die tyd geneem om so te doen. 
     
    Dit word werklik waardeer. 
     
    Soos ek verwag het is jy wyd in jou smaak en nie beperk tot 'n enkele streek nie en ook dat die Ooste swaar weeg by jou en is dit moontlik dat my voorstel van gister, "Syndromes and a Century" van  Apichatpong Weerasethakul, noem hom Joe, vir jou aanvaarbaar kan wees. 
     
    Ook skrik jy nie vir geweld nie. 
     
    "Salò" van Pasolini, "Funny Games" van Haneke het ek gesien en sal seker nie gou weer terugkeer na dit nie, veral "Funny Games" kom te na aan die werklikheid hier. 
     
    De Sade se fantasie is hopelik grootliks beperk tot fantasie, hoe grotesk die fantasie ook al mag wees en het ek geen behoefte om dit weer te sien nie. 
     
    Hiermee dan my lys en sal dit gou duidelik wees dat ek nog 'n leeftyd se kyk van films moet deurgaan. 

    Die agterstand wat ingehaal moet word is net te groot, daarom is hierdie 'n voorwaardelike lys en sal sekerlik verander van jaar na jaar. 
     
    1) Hamlet (1996) - Kenneth Branagh. 
     
    Vir my is die intelligensie van Kenneth Branagh en die instink wat hy het vir Shakespeare se werk 'n gegewe. 
     
    Die dialoog rol van sy tong en hy is geloofwaardig as Hamlet. 
     
    Hierdie is die Hamlet van my verbeelding. 
     
    2) Wild Strawberries (1957) - Ingmar Bergman. 
     
    Waar was Ingmar Bergman my hele lewe? 
     
    'n Regisseur wie se films, keer op keer 'n ontdekking vir my is. 
     
    Byvoorbeeld, ek het onlangs "Cries & Whispers" (1972) gekyk en het dit sekerlik die mooiste toneel van aanbidding uitgebeeld en dit komende van 'n persoon wat 'n ateïs was volgens alle aanduidinge. 
     
    Ingmar Bergman daarom dan 'n regisseur se werk wie ek aanhou sal opsoek. 
     
    3) Secrets & Lies (1996) - Mike Leigh. 
     
    Nog 'n regisseur wie se werk met vrug gevolg kan word. "Another Year (2010)" wat die teenpool is van "Secrets & Lies", terwyl Topsy-Turvy 1999, so wonderlik snaaks is. 
     
    Kyk uit vir Naked, (1993) en die vuishou wat dit gee. 
     
    4) The Long Day Closes (1992) - Terence Davies. 
     
    Terence Davies het ek ontdek na aanleiding van "The Deep Blue Sea (2011)" en die het my op die spoor van Terence Davies gesit. 
     
    Vir wat dit werd is, 'n gay regisseur, indien dit werklik van belang is. 
     
    The Long Day Closes (1992) is outobiografies van aard, en beeld die ouer man uit as 'n seun en die eerste gewaarwording van homoseksuele begeerte en sekerlik ook een van die mooiste tonele in film wat die onderwerp aanspreek, naamlik 'n toneel waar die seun die rug van 'n werker was en die begeertes in sy gemoed duidelik word. 
     
    Seks is buite die kwessie, die ontdekking van die begeerte is egter so duidelik soos daglig. 
     
    In teenstelling met wat verwag kan word, het ek 'n beperkte lys van films met gay temas. 
     
    Enigste ander twee, wat ek hier sou insluit is Angels in America -  A Gay Fantasia (2003)  en Weekend (2011). 
     
    Die rede daarvoor is eenvoudig, naamlik om te verhoed dat my bestaansblik uitsluitlik homoseksueel word, die heteroseksuele bestaansblik, 'n holistiese blik moet gehandhaaf word. 
     
    Vir daardie rede kyk en lees ek redelik min gay verhale. 
     
    Indien enige.
     
    Het wel 'n "Normal Heart" by my ouers gekyk.    
     
    5) The Thin Red Line (1998) - Terrence Malick. 
     
    Oor Terrence Malick het ek al hier geskryf, die spirituele, godsdienstige, wat met soveel deernis in sy films uigebeeld word, soos gesien in The Tree of Life (2011). 
     
    The Gospel According to St. Matthew (1964) - Pasolini kan hier 'n plek deel. 
     
    Vergelyk dit met die onlangse Calvary (2014) - John Michael McDonagh en die offer wat die goeie priester bied met sy lewe vir die sondes van 'n priester wat jong seuns seksueel molesteer het.     
     
    6) Three Colors trilogy (1993 & 1994) - Krzysztof Kie?lowski. 
     
    In die volgorde wat ek verkies, Blue, Red and White. 
     
    (Is weer tyd dat ek hierdie kyk).
     
    7) Rushmore (1998) - Wes Anderson. 
     
    Die mees onlangse van Wes Anderson, "Grand Budapest Hotel" en dan alles in die middel. 
     
    Wes Anderson se werk val so perfek in my kraal, die "whimsy" daarvan. 
     
    "Grand Budapest Hotel" het egter 'n ernstige verbintenis met Stefan Zweig. 
     
    8) O Brother, Where Art Thou? (2000) - Ethan Coen & Joel Coen. (Coen Brothers). 
     
    Hierdie neem die kyker na, Barton Fink (1991), Fargo (1996), The Big Lebowski (1998),  A Serious Man (2009) en Inside Llewyn Davis (2013). 
     
    The Dude abides. 
     
    Dit is dalk die beste wat 'n mens kan doen. 
     
    9) Crimes and Misdemeanors (1989) - Woody Allen. 
     
    Blue Jasmin vir 'n meer onlangse film en dan van die beginjare, Manhattan (1979), later, Vicky Cristina Barcelona (2008), Husbands and Wives (1992), wat ek hierdie naweek (weer) by my ouers gekyk het. 
     
    Crimes and Misdemeanors (1989), staan vir my uit weens Prof. Louis Levy en die skok van sy selfmoord. 
     
    Meer van Prof. Louis Levy asseblief. 
     
    10) Die laaste plek wil ek gebruik vir die mees onlangse films, aangesien ek nie nou weet hoe ek oor tyd die films gaan gradeer nie. 
     
    'n Kort lys sal soos volg wees. 
     
    Hannah Arendt (2012) - Margarethe von Trotta
     
    Certified Copy (2010) - Abbas Kiarostami 
     
    Locke (2013) - Steven Knight. 
     
    (Hier is dit defnitief Tom Hardy wat die aandag hou). 
     
    Vergelyk hierdie met sy vertolking in Bronson (2008). 
     
    Archipelago (2010) - Joanna Hogg. 
     
    Soos Manohla Dargis vra in haar bespreking van "Archipelago". 
     
    "Joanna Hogg — where have you been all my movie-loving life?".
     
    Dit is egter soos jy bevestig het in jou brief, "Daar is soveel wat ek nie genoem het nie - maar hier is darem ‘n begin". 
     
    Dit wat op  "Sight and Sound" en "Criterion Collection" of "Roger Ebert - Great Movies" is, het ook vermy en die lys probeer saamstel so goed soos 'n mens kon onthou en net die New York Times gebruik om die details te bevestig. 
     
    Nou aan die einde van die kommentaar kan die volgende gedoen word. 
     
    Vir die lesers wat dalk sou belang stel vir 'n rigtingwyser en as 'n manier om te onthou en attent te wees op wat volgende gekyk kan word, die volgende skakels.
     
    "Sight and Sound" se top 50:
     
     
    "Criterion Collection": 
     
     
    Die doel van hierdie lys is nie om in ooreenstemming met die keuse gemaak te wees nie. 
     
    Die lys is handig omrede dit duidelik is. 
     
    "Roger Ebert - Great Movies":
     
     
    Ek het alreeds verwys na Manohla Dargis van die New York Times en het ek oor tyd ontdek my smaak is in ooreenstemming met Manohla Dargis se keuses. 
     
    Manohla Dargis se aanbevelings kan hier gevind word: 
     
     
    So ook met Peter Bradshaw wie se keuses hier gevind kan word: (The Guardian). 
     
     
    "Film of the week" is misleidend en is die werklike stempel van goedkeuring of dit 'n vyfster vertoning is of nie. 
     
    Met dit wag ek vir "Boyhood" -  Richard Linklater. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    Nou die aand het ek die skatkis wat openculture.com /freemovies behels oopgemaak, en na die Sweedse dokumentêre film deur B.Christensen " Häxan: the Witches or Witchcraft through the Ages" van 1922 gekyk. Watter instruktiewe belewenis hierdie nie was nie. Geen wonder die Swede is almal ateïste vandag!

    Wat is beter as om deur youtube te snuffel en op pêrels af te kom? Vat bevoorbeeld die volgende titels:

    1) Antes que anocheza - Before Night Falls: 'n Film deur Julian Schabel oor die Kubaanse digter Reinaldo Arenas gedurende die Castro-revolusie.

    2) The Depth: 'n Japanese-Suid-Korea film. Fantasties!

    3) Clapham junction. Uitstekend.

    4) Another country.

    5 If.

    Dit is nou genoeg. Ek wil jou nie heeltemal bederf nie, en jy mag nie al jou tyd op films verspil nie, aangesien SêNet jou talente nodig het. Wat sal van die standaard  van hierdie blad word as jy ophou skryf en sulke goeie skakels verskaf?

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

     

     

     

     

  • Wouter

    Ek is nie juis een vir te veel boeklees of films kyk nie, eerder vir die buitelewe; maar een van my geliefde boeke was "Last of the Wine" deur Mary Reynaulds.  Inteendeel omtrent al Mary Reynaulds se boeke was vir my 'n belewenis.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter.

    Graag sou ek 'n breek wou vat van SêNet  -  maar nou het jy my al weer geïnspireer met die sien van die naam, "Ingmar Bergman", in jou SêNet-brief. Die afgelope 30-jare plus volg ek sy oevre, en hierdie Sweedse regisseur was seker die eerste van sy professie wie se naam ek leer ken het. Hy het 'n moeilike verhouding met sy Lutherse dominee-pa gehad wat die burgerlike waardes van die Sweedse gemeenskap verstalt het, en die seun Ingmar het na veel worsteling godsdiens versaak, en aangesluit by die Sosiale Demokratiese Party van die land, en agnostikus geword.

    Die eerste van sy oevre wat ek gesien het was "The Virgin Spring" ( Jungfrukällan) wat die Suid-Afrikaanse sensors destyds genadiglik deurgelaat het. Dalk het hulle nie verstaan wat aangaan nie, en tydens die voorvertoning aan die slaap geraak.

    "The Seventh Seal" ( Det Sjunde Inseglet) is my vrou se "all time favourite."

    Die volgende film van Bergman het ek in Swede gesien, nl. "The Silence" ( Tystnaden),  vermoedelik  in Suid-Afrika verban, en daarna "Wild Strawberries" ( Smultronstället). "Cries and Whispers" ( Viskningar och Rop), en "Autumn Sonata" (Höstsonaten).

    "Face to Face" ( Ansikte mot Ansikte) word deur Sight and Sound genoem as een van die beste van 50 films ooit gemaak. Hierdie film kan mens oor en oor bekyk.

    Later in my lewe het ek "Through a Glass Darkly" ( Såsom i en Spegel") op DVD gesien, een van sy vroeë stukke.

    Geen kunstenaar tem die temas van sy kuns uit die lug nie, en die inhoud van Bergman se films hou dus verband met die innerlike wêreld van hierdie kunstenaar. Persoonlik het ek altyd 'n sterk affiniteit vir hierdie man se werke gevoel.

    Ingmar Bergman het die laaste jare van sy lewe as direkteur van die Koninklike Teater in Stockholm, Dramaten, deurgebring. Met sy heengaan het 'n era tot 'n einde gekom.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys 

  • Hallo Pieter

     
    Dit is vir my verstommend dat Openculture.com/freemovies bestaan en hierdie films gratis beskikbaar maak en hoeveel van die films van uitstaande kwaliteit is. Daar is meer as genoeg films by Openculture wat 'n mens wil sien en dit is goed om te weet dit is beskikbaar. Net so 'n groot plesier is die films wat op Youtube beskikbaar is. Dit is altyd 'n groot dankbaarheid van my kant af, al moet ek erken, ek sukkel soms om hulle opgespoor te kry.  
     
    Met dit dan is ek werklik bly jy het my herinner aan Before Night Falls: 'n Film deur Julian Schabel. 
     
    Dit is 'n gunsteling van my ook. 
     
    Ek weet nie of jy hou van Basquiat, Julian Schabel se film oor Basquiat. 
     
    Dan is ek veral dankbaar vir die wenk oor Clapham Junction, vele dank daarvoor en bevestig ek ook dat jou noem van "Farewell to my Concubine" maak dat hierdie film weer op my lys is vir die komende maande, om dit weer te kyk en die res van jou lys ook oor tyd te besoek, 
     
    Max Havelaar, Angus het ook al daarna verwys en dan trek  Little Red Flowers ook my aandag. 
     
    "Farewell to my Concubine" is egter eerste, aangesien dit die enigste film van jou lys waarmee ek bekend is. 
     
    Ook is bly jy het my herinner aan Another Country (1984), ek het al vergeet van die film na dit op my radar gekom het en weer verdwyn het sonder dat ek dit gesien het, daarom baie dankie daarvoor ook. Hoe op aarde sou ek dit onthou het? Ek het dan die Christopher Isherwood heeltemal misgeloop. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Net om te bevestig, die vyf nou deur jou uitgelig, aangesien dit so maklik beskikbaar is, is op my lys vir volgende maand, my data is huidiglik uitgeput en is ek op "softcap" . Enige video speel huidiglik baie moeilik.

  • Hallo,

     
    In my kommentaar aan Pieter lig ek uit dat ek wag vir "Boyhood" se vrystelling in Suid-Afrika. 
     
    Hierdie is 'n film waarna ek werklik uitsien aangesien die internasionale media al 'n geruime tyd positiewe kommentaar oor die film lewer, soos gesien kan word in die resensies van Manohla Dargis en Peter Bradshaw. 
     
    In die Beeld van 29 Augustus 2014, gebeur dit toe uiteindelik, die aankondiging word gemaak en is dit 'n riem onder die hart dat die span van Beeld ook hieroor in afwagting is, met die opskrif, Linklater se ‘Boyhood’ ná 12 jaar hier (Volgende week op die silwerdoek). 
     
    Beeld beskryf dit soos volg: 
     
     "Patricia Arquette en Ellar Coltrane in ’n toneel uit die roerende fliek Boyhood. Dit begin volgende week plaaslik draai. Die regisseur en skrywer Richard Linklater het dié rolprent oor sowat 12 jaar gemaak en volg die grootwordjare van Mason (Coltrane) vandat hy ’n jong seuntjie is totdat hy universiteit toe gaan. Dit is ’n wonderlike, eenvoudige prent wat realisties die lief en leed van Mason en sy gesin weergee." 
     
    Die rede vir hierdie is om met die wat ook belang stel die volgende twee onderhoude te deel. 
     
    Richard Linklater on Boyhood 
    Duration: 28 minutes 
    First broadcast: 
    Thursday 10 July 2014 
     With Francine Stock. 
     
    "Richard Linklater discusses the reasons he made a film over 12 years. Boyhood charts the progress of a young boy from six to eighteen and Linklater reveals why his young actors never saw the movie until it was completed and why he hasn't come to terms with the project finally being over". 
     
    Die onderhoud kan hier geluister word: 
     
     
    Die tweede onderhoud is met Terry Gross van NPR Fresh Air. 
     
    (Soos die wat dalk van my bydraes lees, weet ek is groot "fan" van Terry Gross). 
     
    Die inleiding is soos volg: 
     
     "Usually when characters age in movies, they're covered with makeup and outfitted with prosthetics — or directors use different actors as the characters grow older. But in the new film Boyhood, none of that is necessary.The film takes place over the course of 12 years, and it was shot over the course of 12 years. So we watch the actors getting older for real, which gives their characters a sense of authenticity". 
     
     Die onderhoud met Richard Linklater kan hier geluister word:
     
     
     New York Times Magazine het ook 'n reeks van foto's met die woordspel van "12 Years A Boy":
     
     
    Dalk kan die verhaal gesien word in die lig van Seven Up! en François Truffaut se reeks wat begin met The 400 Blows en Linklater se eie "Before-trilogie". 
     
    Boyhood bied egter die geleentheid om iets te sien waaroor 'n mens altyd wonder, naamlik die tyd wat verbygaan en hoe 'n mens se voorkoms was en hoe jou optrede was. 
     
    Baie dankie 

    Wouter
  • Hallo Pieter, 

     
    Jy weet nie hoe waardeer ek jou kommentaar oor Bergman nie. Nie een van my vriende deel my opgewondenheid oor Ingmar Bergman se films nie. 
     
    Hierdie bevestig ook die nuttigheid van lyste en die volg van kritici wie se menings jy vertrou. 
     
    Ek het nie geweet wat om te verwag met die eerste Bergman film wat ek gekyk het nie, "Wild Strawberries" ( Smultronstället) (1957). Die verhaal van Professor Isak Borg en die vrede wat hy bereik aan die einde van die dag met slapenstyd en is die film vir altyd op my lys. 
     
    Dit was ook 'n verligting om 'n Bergman film met 'n "gelukkige einde" te sien. 
     
    Die tweede film was "Cries and Whispers" (Viskningaroch Rop). 
     
    Hierdie is erger as enige geweldadige film en gaan dit tot en met die kern van jou menswees, emosioneel en sielkundig en kon ek dit amper nie klaar kyk nie, om so uitgedaag te word, was 'n skok, maar ek het dit klaar gemaak en is ek dankbaar daarvoor. 
     
    Bergman se films gaan diep in die kern van mense se verhoudings. 
     
    Volgende op my lys, vir die komende naweek is Scenes from a Marriage (Scener ur ett äktenskap) (1973) en Saraband (2003) en hopelik uiteindelik "Fanny and Alexander", (1983) klaar kyk.
     
    Na hierdie wil ek graag sy "faith trilogy", kyk, naamlik "Through a Glass Darkly, Winter Light, The Silence". Hierdie is volgens "INGMAR BERGMAN The Life and Films of the Last Great European Director" van Geoffrey Macnab. 
     
    'n Boek wat ek heel nuttig vind in die verklaring van Bergman se belangrikste temas.  
     
    Ek het my oog op "Autumn Sonata" (Höstsonaten) vir 'n geruime tyd al, en sal nou na jou verwysing daarna, plan maak om dit ook te sien en heel laaste "The Seventh Seal" (Det Sjunde Inseglet), om dan weer van voor te begin en die gapings op te volg.
     
    Met bogenoemde, is ek dan volkome in ooreenstemming met jou dat net soos jy 'n sterk affiniteit vir Bergman se werke voel, doen ek ook so. 
     
    Jy is volkome korrek, wanneer jy skryf, "geen kunstenaar tem die temas van sy kuns uit die lug nie, en die inhoud van Bergman se films hou dus verband met die innerlike wêreld van hierdie kunstenaar". 
     
    Die demone wat in die films hanteer word, is die demone van Bergman self en is baie van die demone in myself ook en werp sy films 'n skerp lig daarop en daag jou uit om te handel daarmee. 
     
    Verskoon die holrug stelling, Ingmar Bergman is "ongelooflik" en is ek so dankbaar dat ek besig is om deur sy films te kyk en is ten diepte bewus van die implikasie wanneer jy skryf, "met sy heengaan het 'n era tot 'n einde gekom". 
     
    Hierdie is inderdaad films, soos ek dit nog nooit gesien het nie. 
     
    Daarom baie dankie vir jou kommentaar en gedeelde liefde vir Bergman se werk. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top