Beste Wouter,
Binnekort sal my oorspronklike artikel, "The Moon is Blue", verdwyn van die lys onder die hoof, "meeste kommentaar", van SêNet-briewe, en dus skryf ek opnuut om jou navraag aangaande filmtitels te beantwoord.
Hier is my eie beskeie lys van films wat die afgelope 10 jaar die grootste indruk op my gemaak het, films wat ek meer as twee, of drie keer kan sien:
1) Harakiri/Sepukku: Die 1962 film kan op youtube.com gesien word, en die weergawe van 2012 deur Takashi Miike op DVD.
2) Old Boy deur Park Chan-Wook.
3) Sympathy for Mr. Vengeance ook deur Park Chan-Wook.
4) A Bittersweet Life van Kim Jee-Woon.
5) Gohatto van Nagisa Oshima.
6) India Song van Marguerite Duras.
7) Little Red Flowers van Zhang Yuan.
8) Farewell to my Concubine.
9) Max Havelaar van Fons Rademakers.
10) Il Conformista deur Bernardo Bertolucci
Daar is soveel wat ek nie genoem het nie - maar hier is darem ‘n begin en ek het nie verneuk om na "Sight and Sound" se webblad te gaan kyk om jou met sekere van hulle 50 beste films ooit te beïndruk nie. Daarvan is ek seker dat sommige van my titels in goeie videohuurplekke gevind sal word, en as jy moet koop, sal dit die geld werd wees.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Hallo Pieter,
Beste Wouter,
Nou die aand het ek die skatkis wat openculture.com /freemovies behels oopgemaak, en na die Sweedse dokumentêre film deur B.Christensen " Häxan: the Witches or Witchcraft through the Ages" van 1922 gekyk. Watter instruktiewe belewenis hierdie nie was nie. Geen wonder die Swede is almal ateïste vandag!
Wat is beter as om deur youtube te snuffel en op pêrels af te kom? Vat bevoorbeeld die volgende titels:
1) Antes que anocheza - Before Night Falls: 'n Film deur Julian Schabel oor die Kubaanse digter Reinaldo Arenas gedurende die Castro-revolusie.
2) The Depth: 'n Japanese-Suid-Korea film. Fantasties!
3) Clapham junction. Uitstekend.
4) Another country.
5 If.
Dit is nou genoeg. Ek wil jou nie heeltemal bederf nie, en jy mag nie al jou tyd op films verspil nie, aangesien SêNet jou talente nodig het. Wat sal van die standaard van hierdie blad word as jy ophou skryf en sulke goeie skakels verskaf?
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Wouter
Ek is nie juis een vir te veel boeklees of films kyk nie, eerder vir die buitelewe; maar een van my geliefde boeke was "Last of the Wine" deur Mary Reynaulds. Inteendeel omtrent al Mary Reynaulds se boeke was vir my 'n belewenis.
Beste Wouter.
Graag sou ek 'n breek wou vat van SêNet - maar nou het jy my al weer geïnspireer met die sien van die naam, "Ingmar Bergman", in jou SêNet-brief. Die afgelope 30-jare plus volg ek sy oevre, en hierdie Sweedse regisseur was seker die eerste van sy professie wie se naam ek leer ken het. Hy het 'n moeilike verhouding met sy Lutherse dominee-pa gehad wat die burgerlike waardes van die Sweedse gemeenskap verstalt het, en die seun Ingmar het na veel worsteling godsdiens versaak, en aangesluit by die Sosiale Demokratiese Party van die land, en agnostikus geword.
Die eerste van sy oevre wat ek gesien het was "The Virgin Spring" ( Jungfrukällan) wat die Suid-Afrikaanse sensors destyds genadiglik deurgelaat het. Dalk het hulle nie verstaan wat aangaan nie, en tydens die voorvertoning aan die slaap geraak.
"The Seventh Seal" ( Det Sjunde Inseglet) is my vrou se "all time favourite."
Die volgende film van Bergman het ek in Swede gesien, nl. "The Silence" ( Tystnaden), vermoedelik in Suid-Afrika verban, en daarna "Wild Strawberries" ( Smultronstället). "Cries and Whispers" ( Viskningar och Rop), en "Autumn Sonata" (Höstsonaten).
"Face to Face" ( Ansikte mot Ansikte) word deur Sight and Sound genoem as een van die beste van 50 films ooit gemaak. Hierdie film kan mens oor en oor bekyk.
Later in my lewe het ek "Through a Glass Darkly" ( Såsom i en Spegel") op DVD gesien, een van sy vroeë stukke.
Geen kunstenaar tem die temas van sy kuns uit die lug nie, en die inhoud van Bergman se films hou dus verband met die innerlike wêreld van hierdie kunstenaar. Persoonlik het ek altyd 'n sterk affiniteit vir hierdie man se werke gevoel.
Ingmar Bergman het die laaste jare van sy lewe as direkteur van die Koninklike Teater in Stockholm, Dramaten, deurgebring. Met sy heengaan het 'n era tot 'n einde gekom.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hallo Pieter
Net om te bevestig, die vyf nou deur jou uitgelig, aangesien dit so maklik beskikbaar is, is op my lys vir volgende maand, my data is huidiglik uitgeput en is ek op "softcap" . Enige video speel huidiglik baie moeilik.
Hallo,
Hallo Pieter,