slaafafstamling, moet’t steeds kru ontgeld,
onkund’-ontkenn’r, lei’r vannie heg’monie,
voortploet’r’nd, ’p pad na eie Self-d’struksie,
Self, Eie, Ego, Id, v’rwoes, via struktuurg’weld
sien Mens, wéét Mens, mossie agter bos ytg’broei,
hoe meerd’rheid agt’rtiet suig, speelveld vol lyd’ng,
mampara kry g’n g’leentheid v’r G’wete-herwinn’ng,
Self Self vás, ultra-submissief, aan “Duiw’lspiek” boei
forensies g’kondisioneer, g’slyp, via agitprop v’n apartheid,
g’low’ge t’oorhoeks m’t pseudo-illusie v’n “ras”, v’n “klas”,
as’f Millennium Drie Krisis, uit’raard, nie klaa’ al g’noeg was,
Mens taks-’m-taks Self v’rg’wis, vannie Veritas, ja, Waarheid:
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens eint’l’k God se Kjend, aysh,
Skepp’r Soek ied’r Seun en Dogt’r by Hom, Bínne, in Sy Paradys
Jacobus Faasen

