’t kô (psigo-kwantum-metries)

  • 0

Mensdom, bai’ dom, re Self-d’struksie onb’wus,
gat’t so, wann’r’t duid’l’k, ‘dollar’ as kop-af is,
Mens nu nie ’n snars oor mede-Aardl’ng traak,
onkund’-ontkenn’ng’s totaal ’n uitg’maakt’ saak

Millennium Drie Homo inne krisis, p’narie,
oorlogb’dryf nie soos ’n Livingstone-safari,
krygsheer eksploiteer fenomeen v’n ‘askari’,
toeka’l tyd v’rby, v’r “Be happy, don’t worry”

aaire tyd v’r ly, swaarkry, hlopekhaïsties suff’reer,
sekunjalo, nousietyd, apha, lapha, suid’rdemokrasie,
wann’r eind’g, hier ’p Aard, kapitalis se eksploitasie,
g’leentheid v’r v’rsoen’ng kô straks nooit-ooit weer

s’l neo-g’regt’gheid (illusie’f t’not) tragies v’rgaan,
sou Mens nie Self Self-d’struksie wou lat staan

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top