sup’r-ultra-v’rleë

  • 0

Afrikaans, “isiBhulu”, v’rskil, nie selle,
al staan “Boere” oppie dak, plus’l pelle,
aysh, en’gste ‘ilwimi’ met Paarl-roede,
re “Mshini”-taal loep landwyd ’n woede

eksklusiwiteit, etnies, kultureel, apartheid,
“Boer-taal” verstaan deur ’n meerd’rheid,
Afrika-status, moed’rtaal s’n, onb’strede,
“ras”-’n-“klas” kô yte viesl’k vuil v’rlede

v’n patriot word toeg’wydheid, voluit, v’reis,
Mens Mens teen v’rdeeldheid, skeid’ng, staal,
aan Naaste, mede-Mens, waard’gheid t’gee

kanti, “isiBhulu” klink asof’t skrei’nd druis,
in, teen reg’p g’regt’gheid, wetl’k b’paal,
onkund’-ontkenn’r, mos ver v’rby v’rleë

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top