Sum ting wong?

  • 3

Sit nou die aand en nuus kyk. Op die skerm word 'n Sjinese oorlogskip wat een van ons die Vlootbasisse aandoen gewys. Dit is net grootkepse en admirale waar jy kyk. Die manne kom kuier om beter betrekkinge te vestig en sommer vingers te vleg. Aangesien ons landjie 'n lid van BRICS is, word dit as selfsprekend aanvaar.

Ek sit toe by myself en dink, myself, waarmee is die manne wat aan beheer van hierdie landjie is besig. So paar weke gelede het iemand op die Net van die Rooi Gevaar geskryf.

Die Sjinese is volgens my, te tuis op die kontinent en het hulself al lekker ingegrawe, of ingekoop. Hulle is reeds vervuil hier en in naburige lande.

Ek kyk maar die storie uit. Ek is nie 'n waarsegger nie maar ek ken die verskil tussen modder en beesmis, en hierdie is nie modder nie.

Eendag op 'n reëndag gaan die geelmannetjies erg die moer in raak vir die duiwelse Weste, vernaam die Grootbek Yanks. Al wat hulle doen is, boelie die Egiptenare om die Suez Kanaal te sluit, en hulle sit knus hier aan die Suidpunt van Afrika en pla die olietenks wat om ons kus vaar. Dan sit die Yanks en die Weste se turf.

Soos almal weet is al wat minister Suid van die Sahara en sy hond al in die Sjinese se sakke. Een of ander Malawiese minister het een aand op die TV genoem dat Sjina 'n gawe maatjie is want hulle vra nie wat jy met hul geld maak wat jy pasella kry nie.

Ek het al so bietjie Sjinees geleer. Al wat ek weet met die Sjinese inval is dat om net te skree, Fa Kin Su Pa (great).

Reusedwerg

  • 3

Kommentaar

  • Jy laat my nou dink aan die grappie van die apartheidsjare oor waarom Sjinese net as ere-wittes verklaar is.

    Die rede is soos volg: Two Wongs don't make a white.

    Varkspek

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Reusedwerg,

    Hiermee  komplimenteer ek jou op jou versienigheid om Chinese te begin leer! Die rykes in Brittanje skaf al reeds vir jare Chinese bediendes aan sodat hulle kinders van kleins af aan hierdie taal gewoond kan raak. Miskien moet SêNet vir Francois Williams kry om  'n beginnerskursus vir hierdie webblad te skryf. Ek reken dat dit ons so vyf jaar van ons lewens sal neem om die eerste paar frases te leer, en nog vyf jaar om die eerste pictogramme en ideogramme te bemeester. Ek self is skoon kapot nadat ek Wikipedia se uitleg van die Chinese taal gelees het.

    Lekker studeer!

    Pieter Redelinghuys

  • Pieter Redelinghuys

    Varkspek,

    Verskoon tog die korreksie: Chinese was nooit deur die Apartheids-rassiste as ere-wittes verklaar nie. Hierdie eer het die JAPANESE toegeval. Die Japanese het groot besigheid vir Yskor beteken.

    Dus selfs rasseklassifikasie was onderhandelbaar in die geldmark van die dag. So was die moraal van Apartheid Suid-Afrika.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top