Suid-Afrika en Argentinië

  • 0

Ek is 'n persoon wat die massamedia nie summier vertrou nie. Ek glo ook nie alles op gesigwaarde nie, alhoewel ek al in die verlede verkeerd bewys is. Ek verdedig my opinie op grond van gebeure wat op TV verskyn, koerante en tydskrifte.

Ek kyk nou die aand op die Amerikaanse propaganda/nuuskanaal na 'n oorsig van die Argentynse situasie. Die program het al die knelpunte van die land breedvoerig aangespreek. Die persoon wat die navorsing gedoen het en die program saamgestel het, blyk sy/haar werk deeglik te gedoen het. Ek kan net die volgende paar voorstelle wat die Argentynse regering wil implementeer onthou.

Die huidige Argentynse president wil glo die konstitusie verander sodat sy vir 'n derde termyn aan bewind kan wees. Sy het trouens by haar man oorgeneem.

Die regering wil groter mag oor die ekonomie bekom en oa prysvasstelling op supermarkte af dwing.

Die VSA dollar kos 6 Argentynse Peso's, wat nie te sleg is nie in vergelyke met ons Randjie. Op die swartmark kos die Dollar nagenoeg twaalf Peso's.

Die regering wil groter beheer oor die media bekom.

Die programaanbieder het ten slotte genoem dat indien die voorgestelde stappe implementeer word, dit ergere nagevolge vir die Argentynse samelewing en land kan inhou.

Ek kyk terloops na die ANC-saamdrommery in Nelspruit. Die edele Blade Nzimande is aan die woord. Ek haal aan en dit gaan iets in dier voege, "the people must mobilize for the revolution and act against the bosses".

Ek wonder toe by myself, wie het by wie kom koekeloer. Die ANC is vinnig op pad om soortgelyke wette as die Argentyne daar te stel.

Ek staan elke dag verstom en is tot verslaenheid geslaan. Waar de....  amper se ek fok kom die mense vandaan wat sulke twak (wou die woord gebruik wat daarmee rym) kan kwytraak?

Dit is nou Afrika democrazy.

Die piepols (alias Blouwillem) raak kriewelrig.

HKGK

NS. Mnr Williams het nog nooit in sy bestaan sulke waar woorde kwytgeraak nie. Die vrouens in die land is dik en stink. (Bedaar tog Dirkie, ek haal net een van jou mededenkers aan)

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top