indien regime Afrikaans, oneg, as “isiBhulu” wil hou,
indien taal-, kultuur-, erf’nis, aan pseudo toev’rtrou,
s’l als wat Hollands is, VOC, Brits, Anglo-Am’rikaans,
identiteitsaktivis wys, inne Nomm’r-sel, asse “Frans”
sonn’r pejoratief’s moertaal glattie suiw’r,
al is daar oor’t dar’m lank g’noeg g’huiw’r,
inspraak v’r taalspeelveldg’lykheid t’maak,
v’r voorheen b’nadeelde, ’n sensitiewe saak
t’veel wil Afrikaans in kompart’mente in klassifiseer,
selfs sprek’r via “ras”, “klas”, “etnisiteit” d’gradeer,
g’meenskappe ing’volg’ idiolek, uitspraak segr’geer,
g’heelbeeld, t’r wille van het minne, suiw’r ignoreer
kreool, post-koloniaal, aan’t woed in Mens g’moed,
kanti, “ilwimi”, naïef-onskuld’g, somm’r stroopsoet
Jacobus Faasen

