Jaco
Jy is giftig teenoor Dan Roodt, aanhoudend en knaend, beskuldig hom van 'giftige propaganda' en kondig aan dat sy 'tyd besig is om uit te loop.' Ek vra jou (18 deser) om so drie of vier voorbeelde van hierdie 'giftige propaganda' te noem en in jou kommentaar onderaan my brief lys jy toe ses punte.
Jou eerste vier punte is dat hy 'n volkstaat voorstaan en verskillende gebiede vir daardie volkstaat voorgestel het wat toe nooit realiseer het nie en, volgens jou, nooit gaan realiseer nie. Is dit nou propaganda?
En ek is seker Dan het niemand 'n volkstaat belowe nie want waar sou hy dit kry? Dit was voorstelle en vir hierdie volkstaat en om te daargestel te word moet nog mense, baie mense, dinge doen, geesdriftig hand bysit, die soort van ding wat toe nie gebeur het nie. Of so iets. Niemand kan egter vir Dan kwaad wees omdat daar nie 'n volkstaat is nie.
Hierdie voorstelle is glad nie propaganda nie en al was dit kan ek nie sien hoekom jy dit giftig noem nie; ek het ook al gereken 'n volkstaat sal 'n beter lewensgehalte bied en ek kan my nie herinner dat jy so woedend vir my daaroor was nie. Daar moet dus 'n ander rede vir jou wrewel in Dan wees.
Jou vyfde en sesde punte is dat Dan nou 'n kantonbestel voorstel. Weer eens, is dit nou propaganda? Dit dui hoogstens op 'n ontevredenheid met die huidige bestel en as dít jou kwaad maak moet jy skuim op jou mond kry oor die dertig protesopstande per dag.
So, wat is dit wat jou so kwaad maak? Al waarmee jy vorendag kon kom was dat Dan 'n volkstaat en/of 'n kantonbestel voorstaan. Daar kan net een gevolgtrekking wees: Jy's gebreinspoel; dit is mode om Dan te verguis want, soos ek al voorheen gesê het, hy stel julle blinkogiges (nou kwaai ontgogeldes) geweldig in die verleentheid deur julle ontkenning bloot te lê.
Jan Rap


Kommentaar
Jan
Jy sê ek is ge-breinspoel. Wel, soos gewoonlik weergee jy 'n persoonlike mening soos menigte ander persoonlike menings hier op SêNet deur jou geuiter, sonder feitlike stawings, maar jy glo wel jou menings is feitlik.
Ek is nie lus om met geloof en persoonlike menings te kibbel nie.
Jaco Fourie
Jaco
Goeie antwoord want jy KAN nou maar net nie sê hoekom Dan jou so ontstig nie. Die twee redes wat jy in jou kommentaar aangevoer het, naamlik dat hy 'n volkstaat belowe het en dat hy nou 'n kantonstelsel voorstel hou net nie water nie.
As jy nou mooi lees het ek nie gesê jy IS gebreinspoel nie maar jou onvermoë om die vraag te antwoord, met ander woorde te vertel wat Dan se se 'giftige propaganda' nou eintlik is, laat mens met daardie gevolgtrekking. So, of die gedagte is geplant, of Dan is werklik besig om te lieg en giftige propaganda te saai wat jy nog nie kon uitwys nie.
Dus ???
Dit lyk my Jaco Fourie is Praag se getrouste leser!
Jan Rap vra net 'n paar vrae, en jy maak dit af as persoonlike menings. Dit lyk my jy hou daarvan om stront hier kwyt te raak, maar jy is bang om daarby te staan as jy bevraagteken word.
Varkspek