Kabinet wil dit nou blykbaar goedkeur dat die staat blanke-eiendom mag onteien, en aan nie-blankes oordra. Dit sal in die Parlement bespreek word en daarna in die wet ingestem word. Dit gaan interessant wees om te sien hoe die DA daarop gaan reageer, die party wat die meeste blanke kiesers trek.
Tradisioneel vind onteiening plaas waar privaatgrond vir staatsbeplanning en ontwikkeling benodig word, soos paaie verbreed, nuwe vervoer-aanleg soos die Gautrein, ens. Privaat-eienaars word dienooreenkomstig verplig om die betrokke stuk grond aan die staat te verkoop vir die beplande ontwikkeling. Eienaars word gewoonlik teen markverwante pryse uitbetaal, en waar ‘n dispuut tussen die privaat-eienaar en die staat plaasvind, word ‘n onafhanklike tussenganger se beslissing die finale prys wat die twee partye moet aanvaar.
Hierdie nuwe voorgestelde wetgewing kan die staat alleenvolmag gee om te beslis wat hy gaan of selfs nie gaan betaal nie. Dit word huidig ten doel gestel om blanke-boere te dwing om hulle eiendom aan die staat af te staan teen vergoeding wat die staat alleenlik sal bepaal. Die bewoording is van sodanige aard, dat dit nie net tot plase beperk is nie, maar enige ander private bates van blankes, soos besighede en selfs privaatwonings, asook myne in blanke besit.
Indien dit so is, is die verskil tussen markwaarde en geld vir onteiening betaal, geld wat die staat van die eienaar STEEL, en hierdie diefstal sal gewettig word.
En ongelukkig is die gemiddelde blanke se houding dat indien hy self nie persoonlik geraak word nie, skeel dit hom min wat met ander blankes gebeur, die dat die staat weet hy sal met dit kan wegkom sonder enige sosiale protes van blankes wat moontlik ongewenste wêreldmening en aandag op die saak kan vestig.


Kommentaar
Ek wonder of jy in jou laaste paragraaf die argument wat jy gebruik het in die reg van Israel om grond af te neem van die Palestyne herken: "...die staat weet hy sal met dit kan wegkom ..."
Hierdie argelose traak-my-nie-agtige houding gaan die witgesigte in die land nog duur te staan kom.
Chris
In beide gevalle het ek 'n PRAGMATIESE waarneming gemaak.
Chris,
Dalk moet jy weer gaan kyk na die grond wat Israel "afneem" by die Arabiere wat hulself Palestyne noem. Daardie sg Wes Bank is antieke Judea en Samaria en Jerusalem was die onverdeelde hoofstad van die soewereine staat Israel alreeds toe die plek wat lank later London sou word nog 'n moeras was.
Selfs Egipte sê nou al vir die spul dat hulle geen aanspraak op Israeliese grond het nie, Egipte het sover gegaan as om die PLO grond in Sinai aan te bied sodat hulle hul Palestynse staat daar kan stig. Lees dit in Israel Hayom en bepeins dit.
Groete
Duitswester
Die woord ‘witmense’ is ook foutief. Wit is ‘n kleur en Asiate is ook ‘wit’ (maw lig van velkleur). Die korrekte, wetenskaplike beskrywing is Kaukasiër en dit is wat gebruik moet word.
Thinus,
Interessant. Dankie vir jou inset. Kaukasiër is darem 'n bietjie van 'n mondvol in die SA konteks
Ons kan leer om die woord te gebruik. Ek het al ook aan die woord Afro-Kaukasiërs gedink of Euro-Afrikane. Miskien moet almal koppe bymekaar sit en die idee bietjie workshop.