Ek is maar eintlik net ‘n leser van LitNet-briewe, dit help om te sien ek is nie die enigste mens met ‘n taamlike hoë mate van breingeraas (ek dink dis meestal positief) nie. Wat my egter al meer en meer op die forum begin pla is die feit dat deelnemers al meer van hulle eie oortuigings vervang met verwysing na G(g)oogle en die B(b)ybel (so asof dit nou my gaan oortuig), dis nou die spoeg-en-plak-sindroom. Ek sal graag meer wil lees oor wat julle dink en nie noodwendig Dawkins of Pertus nie.
Om die sepie tussen deelnemers te volg raak ook nou vervelig en kinderagtig en kan ek dalk die Huisgenoot se webwerf aanbeveel, julle tas net julle eie geloofwaardigheid aan. Sal dit nie weer wonderlik wees om opinies te lees van ‘n klomp vrydenkers (konserwatief of liberaal, gelowig of ongelowig, slim of slimmer) nie! Ons kan die man en die bal maar so nou en dan saam speel soos die spel dit toelaat, hou dit net sportief.
My opinie oor die mees bespreekte onderwerpe die laaste paar maande as volg:
Ek het altyd gedink spirituele intelligensie is my vlak van “common sense”, baie briewe laat my twyfel.
As ek ewolusie reg verstaan behoort ons al nader aan ‘n antwoord te kom oor tyd om dit te bevestig, of nie.
Groente
Oupa


Kommentaar
Oupa
Hoor, hoor Perdebytjie!!! ... en dis presies die vrye lewe en vreugde wat ons Skepper vir elkeen reeds vanaf ons geboorte gee ... ongelukkig is daar gelowige en ongelowige mensehaters (sinici) wat hierdie vrye denke aan die een of ander politiek, kunde en /of vergoddelik voorwerp - soos byvoorbeeld die Bybel - met hulle onredelike slimmigheid en spirituele intelligensie probeer verslaaf en onderwerp ... mag die een of ander sinistere IETS, self geloof in elkeen se hart bewerk ... Namaste! Cornelius Henn
Beste Oupa,
Spirituele intelligensie is ongetwyfeld 'n gawe uit die hel waarmee diegene wat daarmee gewapen is, met erns vir hulself 'n reputasie van ware gelowige kan bewerk - hoe onredelik ookal.
Ek haal die meester daarin, Kobus de Klerk, elders as volg aan: "Wanneer [Kobus de Klerk] oor sake Gods praat, is dit nie soseer 'n debat nie. Vir sommige mense miskien, maar nie vir die ware gelowige nie - dit is 'n saak van diepe erns en die ooreengekome doelwit moet wees om die Waarheid te vind en te promoveer ... oor sake Gods debatteer ek [Kobus de Klerk] nie - dit raak my diep persoonlik en jy, as die gespreksgenoot, se lewe word ook daardeur direk beïnvloed met baie definitiewe konsekwensies op die pad vorentoe, die ewige hiernamaals in. Daarom is daar te veel op die spel, om simpel reëls van debatvoering die botoon te laat voer ten koste van die werklikhede omtrent die issues ter sprake [die ego van die spirituele intelligente] en is die tipiese agnostiese kritiek, komende van Brahms en ander, gewoon nutteloos en vir redes vermeld, irrelevant."
Sien Oupa, spirituele intelligensie is duidelik iets wat net die ware gelowige se ego dien.
Spirituele intelligensie het dus ook hoegenaamd niks met Godsdiens te make nie.
Spirituele intelligensie, is ook altyd ten koste van die Evangelie.
Ja, wat 'n klug!
Dis jammer dat daar soveel strooipop afhanklikes en Protestante ontnugterdes is wat infernale spiritueel intelligentes soos Kobus de Klerk en Trienie Mahne, alte graag ter wille van hul eie ongelowige agenda tot "ware Godsdienstiges" verhef.
Namaste!
Cornelius Henn
Perdebytjie,
Dankie Perdebytjie. Jy steek soos 'n regte groot perdeby. Mag jou gif die regte uitwerking hê op hierdie aanhoudend onsinnige geredekawel wat ons moet verduur. LitNet plaas nie maklik my kommentaar nie, maar ek kon nie help om weer te probeer nie. Dankie.
Koos