sonn’r ys

  • 0

psigo-spiritueel, fisies, g’emigreer, nessie Broed’rbond,
opp’l oudag nog in daai superioriteitspsige-v’rstand,
G’loftedag-b’lofte, aan Almagt’ge, lankallie g’stand,
struktuurg’weld, kapitaal, werk mos hand-aan-hand,
saai v’rwoest’ng, wêr’ldwyd, ook ‘lendawu’, dié land,
vrugte v’n oorlog, haat, vrot vinn’g’r as kokk’rotstront

droew’g hartseer, haar forensies-linguïsties oorsprong, v’rhaal,
miljoene se werks-, eet-, ontspan, liefdemaak-, moed’rtaal

as Kontinent-b’noem’r, Renaissance-realiseerd’r, sonn’r weerga,
v’rsoen’ngsmedium, histories int’graal, ing’bed, hier in Afrika

Afrikaans via isiXhosa-sprek’r as “isiBhulu” b’noem,
mag Sy g’nsins aandring’p Afrika-taalstatus, -roem

kanti, v’r applikeerd’r, v’n logika, nogge ytkoms, aysh,
sonn’r ys, pseudo-subtropies, lekka, g’lykheidsparadys

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top