Soek dringend hulp: Om te skenk of nie

  • 4

Ek loer nou die dag op die London Metal Exchange se webblad na die pryse van sekere metale. Ek sien goud en silwer en die ander nie edel metale se pryse en is heel verbaas dat Titanium se prys nie beskikbaar is nie. Skoonpa het mos die kniege laat vervang en op 'n stadium die heupe ook met skroewe drade en plate laat bymekaar trek.

Skoonpa is toe die een wat my die briljante gedagte laat posvat het om my pensioen eendag te laat aanvul. Hy reken een van die skroewe wat iewers ingedraai is het die mediese fonds omtrent veertienduisend Rand gekos. Ek het toe dadelik die sakrekenaar loop haal en begin somme maak. My berekening maak ek toe op die skroef se geskatte gewig teen die prys van R14000 en kom toe op half ongelooflike bedrag uit. Ek gryp toe 'n stuk papier en begin name neerskryf want ek ken op die stadium sowat ses mense wat heupe, kniege en ander derglike lidmate laat vervang het.

Ek kan nou nie 'n "scrapyard" begin nie, maar so paar ysters in die "garage" net vir die wis en die onwis sal handig te pas kom.

Enige voorstelle om die saak by die lewende skenkers aan te raak sal waardeer word.

Iemand wat persone identifiseer met Titanium lidmate sal 'n "spotters commission" betaal word.

Reusedwerg

  • 4

Kommentaar

  • Lykshuise het ook nou kamera's laat installeer om goudtandtrekkery aan bande te leg.

     

    Kobus

  • (Arrie...) Ek glo nie skoonpa is meer veilig by Reusedwerg. Miskien moet vroulief hoor of die testament reg is ...

  • Skoonpa het voor die kniege ingegee het gereeld op SKi (spend kids inheritence) vakansies gegaan. Laas met die drie dogters op 'n bootreis om Maleisie en Singapoer gaan vaar. Dogters wil niks weet van bootreis met die skoonseuns nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top