so wikk’l Mens, post-Mao, post-Marx, post-Mandela,
struktuurg’weld plus, krisis, sov’l erg’r hier in Afrika,
eksploitasie nettie simptoom v’n siek, Self-d’struksie
roep Mens voor’fgaande, g’skied’nis, op, in herinn’r’ng,
b’sef Mens, dusver’s daa’ absoluut hapskiet herwinn’ng,
was G’wete (g’nad’gl’k) maa’ daa’, tyd vannie induksie
val kaart’huis, Berlyn-Muur, kommunisme, apartheid,
meerd’rheid steun mos een-p’rsoon-een-stem-b’leid,
hoe gladd’r ’n rewolusie v’rloop, sov’l t’minn’r friksie
beheer t’min t’veel, t’veel’s “Duiwlspiek”-dissip’l,
leef’l Lewe Een so, so sonn’r moraliteit, b’gins’l,
weet glattie hoe werkie applikasie vannie teorie
kanti, Mens w’l phambili rol, progressief,
eintl’k syn daa’ mos g’n ann’r alternatief
Jacobus Faasen

