só, ommie bosch

  • 0

kopkrap help Mens niks, as Mens inne fieks is,
p’narie noggie b’kint, as “Millennium Drie Krisis”,
Homo Sap-Sap, onkund’-ontkenn’r, sonn’r weerga,
gee steeds voor, “Eerstes” laaste, hierso in Afrika

selfs Afrika-Unie v’rwys na “ras” en “klas”,
asof’t ooit sosio-psigo-polities, vanpas was,
medemens t’wil druk in “Annr’s-’s-ons”-hoek,
so ’sof Mens Self na Self, eie herkoms, w’l soek

gee g’lowges voor net hulle kennie Wet,
wat U tóé reeds Paradysl’k uitg’vaard’g’t

gee nie-g’low’ges voor, hulle’t Wet in pag,
niemand ooit weer iemand ann’rs s’l vrkrag

so dikw’ls word pro-Kreasie yt d’bat g’los,
lei Mens Mens Self mos lel’k ommie bos

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top