slegs slimme

  • 0

aysh, Millennium Drie-g’vaar strek wyd,
byna, amp’r, dalkies, totte oneind’gheid,
herwin-v’n-G’wete een moewies stryd,
min g’wet’nlose, tot g’regt’gheid b’reid

nu sit Homo Sap-Sap, Aardl’ng, ’p hete kole,
“oorlew’ng” nie oppie leerplan, innie skole,
waar s’l nag’slag se redd’ng vannaa’ kom,
voorou’r, ’p voorou’r, alg’r, so ewe dom

stanie saak so: Mens kniegdiep innie poe,
wietie wann’r, waarheen, hoekom, of hoe,
gat aaire m’t onkund’-ontkenn’ng akkoord,
b’-, v’rvloek, minag God, Sy G’bod-’n-Woord

b’speur Mens nog g’n sprak, sprook, re b’sinn’ng,
ondanks formule: “Slegs slimme proe oorwinn’ng”

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top