saw’ns kô Baas my meisjekind haal,
v’r kafoef’l innie spaarkam’r, aysh,
virre jars Meester byna nes Paradys,
v’r slav’n bly’t ma’ ’n hartseer v’rhaal
o, Allah, “my meisjekind”, eint’l’k syne, Baas,
m’t slav’nmaagd aan t’teel, op Baas se plaas,
sy seun, sy eie dogt’r, dan geneties voortplant,
tuss’n bloedskand’, slaw’rny, een nou v’rband
na lees-’n-bid maak hy al sy afspraak,
voortteel v’n sy ‘stoet’, mos sy taak,
‘Godg’geef’, ’sof Godswil saak maak,
gee Baas net voor, lat’t werkl’k zo zyn
v’naf eerste maandstond voel sy die pyn,
hoe eie vad’r haar v’r teelprogram trein
Jacobus Faasen

