Skrywer wanna-be

  • 2

Ek het nog altyd van my werk gehou. Wel, meeste van die tyd, in elk geval. Maar deesdae, so met veranderinge en dinge, het ek nou weer `n behoefte gekry om te skryf, want dis hoe ek vlug van dinge in en om my, sien. Ek skryf vir myself, maar nou wil ek waag, en hoop om te wen. Geld vir kursus loop is daar nie. Ek's ook nou nie eintlik vreeslik geleerd nie - net matriek.

So, wie het raad? Hoe gemaak om hierdie juk te krap?

Mea Culpa

  • 2

Kommentaar

  • Tiens Pretorius

    Ek dink die beste is maar om sommer voort te gaan en te skryf na hartelus, soos ek gedoen het. Maar moenie verwag jy gaan maklik jou werk gepubliseer kry nie en veral nie om geld te maak nie.

    Jy kan darem van die stukke hier aan SêNet stuur en dit só geplaas kry en daar is ook 'n afdeling van LitNet vir nuwe skrywers. Maak die Tuisblad oop en kyk daar rond.

    Ek wil jou nie ontmoedig nie, so, stuur maar jou pogings na uitgewers, maar moenie te hoopvol wees nie.

    Tiens

  • Hallo Tiens,

     

    Dankie vir die raad. Ek sien jy is `n nag-uil (dag-uil)?

     

    Ek het `n stuk wat ek so bietjie wil 'panel beat', en dan plaas, kyk wat die reaksie is.

     

    Groete, en sterkte.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top