‘n Vriend in ‘n woongebied so ongeveer 12 kilometer, padlanges en weswaarts van ons af, vertel van die groot swerm swaeltjies wat Vrydagoggend bokant sy huis rondgevlieg het.

Hierdie swerm Skoorsteenveërs het einste Vrydag die 13de om ongeveer 9:30 bokant die spruit in ons woongebied rondgemaal. Volgens ‘n voëlkenner in ons midde is dit te vroeg vir hulle om te migreer. Hy vermoed dat hulle maar net kos soek juis ter voorbereiding van die migrasie.
Tensy hulle natuurlik iets weet wat ons nie weet nie.
Gegroet.
Helmine le Roux


Kommentaar
Dit maak mens bekommerd; laat my dink aan die olifante wat die berg begin uitstap het voor die tsunami die eiland getref het.