Skepp’r se B’stuur

  • 0

selfs onkund’-ontkenn’ng, domnoosl’kheid ’t ’n prys,
Millennium Drie Mens moet’t essensieel, t’rdeë b’sef,
struktuurg’weldstok’r stew’g, mettie hand oppie hef,
v’r Keis’r Een-oog, in Blinde-land, ’n sup’rgladde reis

oos, wes, tuis, bes, La Familia, ied’r huis’t haar kruis,
kanti, onn’r stres-’n-pressie wys’t, waarheid se kleur,
waar’m Mens mede-Mens net oppe rooi tapyt v’reer,
lat g’wet’nloosheid, nes ghetto-graffiti, Mens iets wys

“boschjesman”, oran utan, v’naf “Eerste” tot heel laaste,
weet Mens nu nie meer wie pr’sies is Mens se Naaste

smag Mens mos na ’n nuwe paradigma, teorie,
“ras”-’n-“klas” ’t toe glattie ’ie toets g’slagie

v’r dié oorerfl’k teflonitis syn da’ ma’ nette ink’lt kuur,
Lewe Een, t’v’rruil, v’r Twee, onn’r Skepp’r se B’stuur

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top