Bel Mooney (nie ‘n christen) skryf in die artikel, “The Death Of Shame’ wat in The Mail Online verskyn het, hoe die samelewing dit wat eens as verkeerd beskou is, veralledaags – met ernstige gevolge vir ‘n hele samelewing. As voorbeeld word die Advertensie wat slenterseks (one night stands) as ‘n plesiertjie afmaak, gebruik. Mooney erken self dat sy nie onskuldig is nie, maar verklaar dat wanneer die skaamtegevoel van ‘n samelewing verlore gaan, is ernstige probleme ons voorland.
Die woord ‘sonde’, is op hierdie forum van alle kante beveg. Ekself het nooit aan hierdie stryery deelgeneem nie, want my opdrag was meer waarneming en kennisverbreeding. Dit het ek hier gevind, en ek bedank almal daarvoor: gelowiges sowel as ongelowiges.
Die woord ‘sonde’, en sy stigma, mag maar uit ons woordeskat verdwyn, maar wanneer die gevoel-van- skaamte daarmee uitsterf, het ons as Afrikaners ‘n onuitwisbare probleem en sal ons kinders die bittervrug daarvan pluk. Die spreuk, “dit wat jy saai sal jy maai” staan vas en sny na albei kante - die christen sowel as agnostikus.
Die Afrikaner is in ‘n tydvak wat verby skaamte of skuldgevoelens ploeg, en om die gewete te sus ontstaan mensgemaakte wette wat alles goedkeur. Rom 1 praat van ‘n tydperk wat ‘n gebrek aan insig sal hê, en die onverstandige harte so sal verduister dat reg nie van verkeerd onderskei kan word nie.
USA today het onlangs ‘n opname gepubliseer: “Has The Notion Of Sin Been lost?” 87% Amerikaners glo steeds in die bestaan van sonde, maar die opname het bevind dat dit wat eens as sondig bestempel is, toenemend as normaal aanvaar word. So is bv voorhuwelikse seks, korrupsie en ondermyning van reg nie meer ‘n sondige kwessie, maar om jou daarteen uit te laat of dit te veroordeel of ‘teen te staan,’ is nou sonde.
Die Afrikaner word nie meer geskok en neem nie meer aanstoot nie; ons sien dit daagliks op TV, in ons wonings en media. Dit wat sout is, of was, het laf geword. Ons glanskultuur sal selfs korrupsie en moord goedkeur, en is daar geen skaamte of gewete.
Afrikaners hou nie daarvan om te hoor dat sonde wel saak maak nie. Selfs die sonde-woord is in kerke nie meer gewild. Dit mag mense verjaag. Sonde is lastig en ongemaklik. Ons wil nie hoor dat dit vernietigend is nie. Inteendeel, ons draai rug op hulle wat vasgevang is in sonde en spartel in bloed en wil nie meer die hulp-roep van die verslaafde of verkragte hoor nie. Ons het dan hierdie dinge/pornografie goedgekeur en neem self daaraan deel?
Ons het ‘goeie mense’ geword wat nie meer daaroor wil praat nie of daarteen wil opstaan en die verkeerde wil beveg nie. Ons is te gaaf, aanvaardend, nie-veroordelend. Alle gedrag is relatief, ‘n persoonlike keuse.
Wat ons eintlik voor staan is: Laat die sondaar en gevangenis sterf in sy eie afsaksels, die staat het dit in elk geval goedgekeur. En ons draai rug op hulle wat stukkend is. Want binne die kerk is dit veilig en warm. My familie beskut. Buite is dit koud...
Want die Afrikaner het/wil vergeet dat daar ‘n koste verbonde is aan oneerlikheid, onsedelikheid en oortredinge.
Nee – kom ons stry eerder oor Eva se “appeltjie”. Is dit ‘n mite of waarheid, ‘n filosofie of fiksie? Maar niemand besef dat die appel (simbool) ‘n vrug is wat saad dra, en indien gesluk, kan vermeerder tot in ewigheid.
Kom ons sluk, soos Eva, die saad wat ons opgedis word. Willoos.


Kommentaar
Trienie
Hoekom die Afrikaner uitsonder?
Wie besluit wat 'n appel is?
CM, om jou vraag sinvol te interpreteer moet 'n mens eers betekenis aan die woord "miskraam" begryp en dit dan aan jou gedagte koppel - jy mis jou hele (relatiewe) bestaan!
Cornelius Henn, is jy 'n vroedvrou?
CM - ek gee toe - jou onthutste heksedans en makabere gepeins is bobaas!
Beste Trienie
Hier is Prof Adrio König se siening daaroor:
http://bibleknowledge.co.za/index.php/bybelse-temas/47-300-geloofsvrae-wat-mense-die-meeste-vra/1166-geloofsvrae-die-oorsprong-van-sonde