sjoekraan, Abba

  • 1

soms word Mens onkant, buit’ v’rband, b’trap,
“kaste”-in g’werp, “ras”-in g’klas, onregmat’g,
v’n Self-sug, Self-d’struksie, glattie v’rsad’g,
allie ubuNtu aalwynsapl’k yt Mens yt g’tap

aysh, mis Mens soms doerie spesifiek Paleis,
Won’ng, Khaya, Rusoord, sup’r-Paradysplek,
Homo Sap-Sap, ayi, stap’l-“Duiw’lsiek”-gek,
re submissiwiteit, kop-innie-sand volstruis

Wese slegs’p eigene oordeel aang’wese,
indien nie, dan wel’p Dié vannie Skepp’r,
Heil’g, Mooi-sag, Hanne v’n Mensmak’r,
Homo Sap-Sap, Lewe Twee assie Leuse

aanstons Self-d’struksie, onheil, oorlog, opg’skort,
Mens aan’t wonn’r, magslus, wat’t van’t g’word?

Jacobus Faasen

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top