Self inne opset

  • 0

b’vind Millennium Drie Homo Sap-Sap, Self, inne opset,
“Duiw’lspiek”-siek woed v’rwoest’nd, willie skiet sjee,
hoor banja min saw’ns struktuurg’weldslagoff’r skree,
skoon v’rgete, nes G’wete, ’s B’gins’l, G’bod, nes Wet

Mens nu maar een maal v’r g’weld, oorlog, opg’lei,
perke, histories reeds in Millennium Twee oorskry,
sou Mens graag onkund’-ontkenn’nd, dom, wou bly,
post-Kodesa, post-’94, -’96, post-Marikana, “vry”

g’n Mens vry indien Naaste nog g’vange is,
Mens leer’t, oor-’n-oor, g’skied’nis-siklus

kanti, sonn’r Schepp’r’s Mens nie meer Mens,
sonn’r Hoop kan g’n Mens vir of op iets wens

versus Self-d’struksie dusver g’n sprake v’n v’rset,
g’n Mens kan Self yt Millennium Drie Krisis yt red

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top