rykdom diep v’rstoke

  • 0

drie Khoisan’t doer innie frak-Karoo,
g’skarr’l, ‘job’ g’sien, kontrakt’r g’glo

hul pyle, boë, volstruisei’rs g’vat,
aang’stryk op moed’rb’lofte-pad

al agt’r ’ie gas wat borr’l, blaas,
nes gees, wat innie wat’r raas

deur Bethesda, Graaff-Reinet se strate,
aardgas ’n hulpbron, v’r amm’l ’n bate

op ver, v’rlate vlakte, g’kniel, g’ruik,
g’wonn’r hoe s’l rykdom nu rêr’g lyk

Eerste Mens finaal v’n grond v’rvreem,
nes karr’tjie-spann’tjie, v’n als ontneem

soek Khoisan lat’r ver-’n-wyd, na kontrakteur,
“Amm’l s’l voordeel trek”, ’t dié nog’l b’weer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top