r’sep v’r apartheid

  • 0

t’rug innie hys, yt Baas se bed,
vind slavin ouers stil, in’l kam’r,
haar maagdskap’s ru wegg’vat,
ultra-brutaal Baas se lyfheertaal

voorg’slag kannie nag’slag yt’t yt red,
submissiwiteit v’n kleintyd’f ing’ham’r,
dié wat dros, v’n swaarkry siek-’n-sat,
t’lank’s t’veel oppie weerlose ytg’haal

struktuurg’weld strek nu eg wyd-’n-syd,
Plet-’n-Oudtshoorn’t hiet, g’bied, v’rhoor,
Khoisan-beend’re in ’n museum in g’stoor

Kompanjie-kapitaal, slaweryk, r’sep v’r apartheid,
meer’s nette volk inne so ’n volksmoord v’rmoor,
moraliteit, ubuNtu-’n-al, ook innie proses v’rloor

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top