rondgaanreis

  • 2

binne b’knoptgeid, v’wardgeid, v’n v’rkramptgeid,
sjee Mens Mens Self-voldaan voor, “als is oukei”,
lyk’t as’f “ras”-’n-“klas” g’kom’t, onv’rwyld t’bly,
synde struktuurg’weldsremnant, v’n apartheid

v’rsoen’ng, int’grasie, nie-rass’gheid, v’r Mens t’veel,
superioriteitsindroom a priories in model in ing’bou,
wap’ndra’r staat paraat, weerloos versus patria-trou,
re onkund’-ontkenn’ngskunde-uitkoms zero g’skeel

GM-proses eg-volmaak deur neo-biofisici g’kloon,
natuur g’wet’nloos deur wet’nskapl’kheid v’rloën

Millennium Drie Homo Sap-Sap, onmensl’k, Self-d’struktief,
v’r allie oorlogekspansionisme nog g’n positief alternatief

b’skou meerd’rheid Lewe Een asse rondgaanreis,
toet’ntaal onb’wus v’n Lewe Twee, v’n Paradys

Jacobus Faasen

  • 2

Kommentaar

  • Jacobus Faasen, jy het groot talent.  Jy moet dit aanwend om jou mense te kry om weer suiwer Afrikaans te praat.

  • Og, vielen dank, Oom Jan, ons praat silwerskoonsuiwer Afrikaans, dis nettie wet wat onsuiwer is.

     

    Kobus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top