Hello,
Die volgende is seker al opgetel, maar Richard Dawkins het almal op hol met die volgende tweet:
'All the world's Muslims have fewer Nobel Prizes than Trinity College, Cambridge. They did great things in the Middle Ages though'
Die tweet is nie meer nie, aangesien Dawkins dit na die oproer verwyder het, maar die debat woed nog steeds.
Hy weet duidelik nie wanneer om te stop nie.
Laat 'n mens wonder waarmee Hitch mee vorendag sou kom?
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Beste Wouter,
Die reaksie op Richard Dawkins se opmerking/ waarneming sou tewagte wees, maar die feit dat hy dit verwyder het is onrusbarend om die minste te sê. Hier is 'n voorbeeld van selfsensuur van die ergste graad.
Binnekort sal dit ook krimineel word om die waarheid te praat.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter
Beste Wouter,
Dalk het Richard Dawkins dit veral teen Islam aangesien hierdie godsdiens die grootste gevaar inhou vir die sekulêre demokratiese Weste.
Onthou jy dalk die fatwa (doodsvonnis) wat die Ajatolla van Iran in 1989 uitgespreek het oor die skrywer Salman Rushdie oor die skrywe van The Satanic Verses. Die uitgewer van hierdie boek is dan vermoor.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter,
Beste Wouter,
Hello Angus,
Hello Pieter,
Beste Wouter,
Dankie vir die interessante skryfstuk deur Dawkins. Ek deel hoofsaaklik sy opinie oor die meeste van sy skrywe hoewel ek die deel oor "ras" moeilik verteer. Om te konstateer dat ras 'n sosiologiese kontruksie is, is darem verregaande. Daar is terslot van sake 4 rasse: die Wit of kaukasiese- ras van Europa, die Geelras van Asië, die Swartras van Afrika, en die Rooiras van die Amerindian- volke van die Amerikas.
Help my asb. reg as ek verkeerd is, en Angus wat 'n evolusionis is kan dalk 'n woortjie toevoeg.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter,
Onse slim Wouter copy&paste eintlik net ander intellektuele arbeid, self het hy gewoonlik geen mening daaroor nie.
Maar, meen jy straks dat ras, deel van 'n mens se identiteit kan wees; soos byvoorbeeld in die geval van iemand se geslag - om 'n man (heer), of 'n vrou (dame) te mag wees?
Ek sien uit na jou antwoord, maar neem tog in ag dat jy die "demokrasiste" hier, dalk stuipe kan gee.
Blonde groete,
Cornelius Henn
Hello Pieter,
Hello Pieter,
Beste blou oog -blonde-Cornelius,
Ras is beslis 'n integrale deel van 'n mens se identiteit, en diegene wat dit probeer ontken, dwaal al vêr langs die pad van "new- speak", van die Orwelliaanse soort.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter,
Sulke sinvolle beskouinge is miskien veilig doer vêr en op wonderlike plekke soos onder die Noorderlig, maar hier kan dit jou duur te staan kom!
Onse slim Wouter, het heel onlangs selfs 'n copy&paste geplaas waarin "aseksualiteit", of te wel; iets soos "geslagloosheid", of om 'n identiteit te het sonder om manlik of vroulik daaraan te koppel, gepropageer word - wat nog iets soos ras as 'n identiteit vir hierdie demokrasiste te verduidelik?
Wouter misbruik net die "nuanse" kamstig te wees in sy copy&paste; so al kante van die draad, het hy glo nooit enige standpunt nie.
Ek deel hierdie onderhoud waarin Mohammed Ali, 'n demokrasis soos Wouter, behoorlik ore aansit en die waardigheid aan elkeen se ras beskryf: http://www.youtube.com/watch?v=n9iN-JM755c
Blonde groete!
Cornelius Henn
Hallo Pieter, Wouter,
Dawkins verwys na die taksonomiese begrip van ras, wat na `n kunsmatig geteelde variëteit onder gedomestikeerde diere verwys, soos perdras of hondras. Daar bestaan geen taksonomiese definisie van ras onder mense nie. Ras vertaal ook as na "breed", wat geen taksonomiese betekenis het nie.
Charl le Roux, jy tik: "Daar bestaan geen taksonomiese definisie van ras onder mense nie". ... werklik? ... geen departement of vertakking aan enige wetenskap wat met die klassifikasie van swart, wit, bruin of Indiër te doen het nie? ... geen sistematiese en stelselmatige verdrywing van Afrikaners gegrond op hul velkleur onder terme soos regstellende aksie en "swart" bemagtiging, met die skuld aan rassisme as wapen nie? .. die woord rassisme net van toepassing waar 'n opregte hoender 'n baster aap uit die hok verja? ... vergewe asseblief tog die affliksie wat die uitlig van jou dwaling op jou as persoon mag meebring Charl; maar op watter planeet woon jy sodat ons al die demokrasiste soontoe kan lanseer? ... Opregte groete, Cornelius Henn
Beste Pieter en Wouter,
Terug tot slim Wouter se hoofd "Richard Dawkins atwitter" ...
Kan enige redelike mens sin maak uit die volgende "tweets" deur die genoemde "twit"?
I'm not "intolerant" of your belief in a virgin birth. Please be tolerant of my right to tolerate your belief but call it stupid.
I'm not "intolerant" of your belief in a winged horse. Please be tolerant of my right to tolerate your belief but call it stupid.
En so karring die "twit" @RichardDawkins se "tweets" die hele dag aan ...
Richard Dawkins se aktivisme het gewoon ten doel "to tolerate your belief but call it stupid".
Dis erg hoe Richard Dawkins se eie "stupidgeit" op sy aanhangers afvryf, gereken dat hulle selfs agter hom aan "belief" - dat "die woord 'ras' het geen betekenis in Biologie nie"!
Hahaha...
En hoe tolerant moet ek nie wees om sulke dwalinge te verdra, sonder om dit "stupid" te wil noem nie.
Vergewe asseblief tog die affliksie wat die uitlig van hierdie dwalinge, op enigeen se persoon mag meebring.
Opregte groete,
Cornelius Henn
Beste Angus,
Dankie vir jou bydrae waarvoor ek jou nie wil braai nie, maar die grysselle van my brein is nou hoogs ontsteld oor jou skrywe. Hier volg 'n definisie van ras uit die Chambers Encyclopedic English Dictionary, aangesien ek nie my Oxford kan vind nie:
Race noun 1 a major division of mankind having a particular set of physical characteristics, such as size, hair type, or skin colour. 2 a tribe, nation or other group of people thought of as distinct from others.3 human beings as a group: the human race. 4 a group of animals or plants within a species, which have characteristics which make them distinct from other members of that species.
Waar op aarde pas die "social construct " van Dawkins in hierdie definisie?
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Angus en Charl et al,
Hello,
Hello,
Hello,
Beste Pieter,
Beste Angus,
Dankie vir jou terugvoer wat altyd waardeer word.
Ek is beslis nie aan die kant van die Kreasioniste nie, en verlang nog 'n oortuigende uitleg oor die konsep van "ras". Ek is oop vir oortuiging en revisie van my beperkte kennis.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Verskeie aspekte rondom Dawkins se nou welbekende twiet word bevraagteken, veral of dit onsensitief was en aanstoot kon gee. Daar word ook gevra hoekom die Moslems hier uitgesonder word.
Om een twiet in isolasie te evalueer is misleidend. Dawkins het al herhaaldelik fel teen Christendom te velde getrek en word soms daarvan beskuldig dat hy sy sterkste kritiek juis teen Christene rig terwyl Moslems lig daarvan afkom. Die beknopte formaat van twiet as kommunikasiemiddel bied nie die geleentheid vir omvattende standpunte nie. Om hierdie redes beskou ek nie die feit dat hy in een spesifieke twiet Moslems uitsonder as geldige kritiek nie.
Die onderliggende vraag is of die Moslemgeloof in die algemeen en Moslemteokrasieë in die besonder `n remskoen is wat tot `n lae standaard van opvoeding en gevolglik tot swak vakkundige prestasie lei. Hier dink ons byvoorbeeld aan lande waar vrouens nie opvoeding mag ontvang nie. Daar is die aspek van sensuur, waar sekere akademiese materiaal verban word omdat dit nie ooreenstem met godsdienstige konsepte nie. Vryheid van opinie bestaan nie. Alles moet konformeer met Islamitiese denke. Dit behoort tog duidelik te wees dat sulke teokrasieë nie `n teelaarde vir akademiese vooruitgang kan wees nie.
Dat daar `n paar Moslems op Cambridge is, is irrelevant. `n Geweldige groot gedeelte van Moslems word die geleentheid van `n hoë standaard van opvoeding ontsê as gevolg van godsdienstige onderdrukking, veral in die teokrasieë. Is dit dan onsensitief om die gebrek aan prestasie in die Moslemwêreld te bevraagteken? Dan kon ons mos net sowel sê dit sou onsensitief wees om Bantoe-onderwys te bevraagteken.
Dit is goed dat Dawkins hierdie saak aan die groot klok hang.
Hello Charl,
Beste Wouter,
Baie dankie vir die moeite wat jy gedoen het om al die drade van die gesprek bymekaar te trek, maar Henn se oorspronklike vraag het as volg gelui: of "ras" deel van 'n mens se IDENTITEIT kan wees......en my antwoord daarop was , "ja". Ek vermeen dat hy homself tereg identifiseer met die witras weens sy wit velkleur en blou oë, en verder identifiseer hy homself dus met sy voorouers van Noorse afkoms, met Noord-Europiërs, nie met Suid-Europiërs, of Afrikane nie. Hierdie uiterlike fisiese eienskappe het hy geërf in sy gene, 'n kwessie waaroor hy geen seggenskap gehad het nie, en is nie die produk van "a social construct" nie.
Aan die ander kant verstaan ek, na die lees van jou insiggewende artikel, die geskiedenis en ontwikkeling in die Westerse denkwêreld van "ras" en "rassisme", maar hierdie konsepte het niks te doen met Henn se oorspronklike vraag nie.
Best groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter