rev’sionisties g’reduseer

  • 0

sy bloei, vloei, stú’r weg voort, moed’rtaal,
knus g’hul in Afrika-taal-kombers, spesiaal,
nogge Kreool, v’rmeng’ngsikoon, waard’g,
oppie tong v’n loslipp’r, glattie t’onaard’g

stremm’ng nu meer oor haar g’skied’nis,
Broed’rbondl’k g’kloon, ineeng’weef’s,
al het rev’sionis, nasionalis, ’t alg’r mis,
g’n “isiBhulu” yt mond vanne Afrikanis

sit sy só, stew’g in struktuurg’weld se kloue,
re waard’gheid, r’spek, ai, iew’rs innie koue

sterf Neville Alexander sonn’r haar vry t’sien,
mos glattie watte oud-Robb’neilann’r v’rdien

via papsakpejoratief g’reduseer, v’rkleineer,
status, Moed’r s’n, rev’sionisties g’reduseer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top