retrob’leid

  • 0

v’n vroeg’l, groep-sonn’r-grens, Baas, slav’n,
hoe jong’r, hoe bet’r, Baas was mos oortuig,
lat leef-’n-beef oor vad’rsidentiteit sou swyg,
kanti, deks’l’p doofpot’ was ma’ taaml’k dun

slav’n moes Baas se liefdestaal v’rstaan,
haarself t’n volle tot sy b’skikk’ng stel,
hom volled’g inlig, re allie wee-’n-wel,
hoe sy amoklust’ge voortdur’nd v’rmaan

g’gewe, daa’ wee’ volop hoop innie Kaap is,
revisionis aan’t rekonstrueer, v’n g’schied’nis,
Kontinent steeds swaar aan kolonialisme dra

Afrikaans toe nie “ilwimi” yt Europa,
Kaapsch, glattie as iets aparts ervaar,
t’veel hul teen retrob’leid blindstaar

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top