Religieuse opvoeding op skool

  • 2

Dit is een van die onderwerpe wat emosies die gouste opklits, myne inkluis. Ek ken nie vir Hans Pietersen nie, en wil hom nie aanval of verdedig nie. Elke mens het sy opinie en respekteer ek syne.

Ek kan onthou, ek is in my standerd 7 jaar erg gemoer omdat ek en my neef, wat saam in die klas was, die "godsdiensonderrig" onderwyseres gas gegee het. Ons het haar vrae gevra wat haar "ongemaklik" laat voel het, ek kan nie meer onthou waaroor ons gestry het nie maar ons is daardie dag deur die onderhoof gemoer. Ek is ook nie dadelik saam met my maters aangeneem en voorgestel nie. Daardie jare het die hoofdominee en senior-ouderlinge jou katkiseer. Ek het nie die regte antwoorde tydens die onderhoud gegee wat hulle gevra het nie.

Ek persoonlik glo dit is nie die staat se plig om die kind "godsdienstig" op te voed nie. Dit is die plig van die ouer. Die skool se mandaat is om die kind in vakvaardighede op te lei. Dieselfde gaan vir seksonderrig. Die skool moet ook nie die kind "opvoed" nie. Dit is die ouer se plig om die kind basiese goeie maniere, sosiale en lewensvaardighede te leer.

Die probleem is die ouers , en ek veralgemeen, skenk nie genoeg tyd aan die kind nie en skuif die verantwoordelikheid op die staat en ander instansies af om dit te doen.
Met die optrede druk Hans op 'n sensitiewe senuwee. As ek kinders op skool gehad het, sou ek nie dat hulle in Islam, Hindoeïsme en of ander gelowe onderrig wil word nie, net so hulle in die Christen geloof. Die plig/verantwoordelikheid berus op my as die ouer en die predikant om die kind geestelik te onderrig. Die keuse sal die kind later in sy lewe maak. Hy/sy sal besluit of hulle die Christelike geloof wil aanhang. Ons samelewing wil nie aanspreeklikheid aanvaar nie. Dit is een van die eise wat 'n demokrasie aan jou stel.

Die lewe is, jy moet keuses maak. Daar is geen swak keuse wanneer jy dit maak nie, net later sal jy spyt daaroor kry of nie.

Reusedwerg

  • 2

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Reusedwerg,

    Ek het geheel ooreenstemming daarin dat kerk en staat geskei word.

    My reg om 'n bepaalde instansie te skep; hetsy 'n Afrikaner, 'n Joodse of Katolieke skool, moet egter daarin gerespekteer word.

    Maar moet 'n kind regtig die prys betaal waar 'n ouer elders in hul plig faal - of dink jy aan iets soos doodstraf vir nalatige ouers as aanmoediging?

    Namaste,

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top