Die modewêreld het onlangs drie nuwe soorte buustelyfies vir dames aangekondig: die Katolieke, Pinkster- en Protestantse bra’s.
Die Katolieke bra ondersteun die massas, die Pinksterbra hef die gevallenes op, terwyl die Protestantse bra berge van molshope maak.
Groete,
Angus


Kommentaar
Almal beperk vryheid van beweging.
Sien - CM is 'n voorstander van 'let it all hang out' in regte Afrika-tradisie terwyl Angus die waarde van die 'wonder bra' totaal onderskat.
FC Boot:
Sien - Verhewe gevolgtrekking.
Bietjie fyngevoelig CM of dalk 'n geval van as die skoen jou pas?
FC Boot
Van watter skoen praat jy nou? Ons was laas by buustelyfies.
CM
Dit is omdat ek kop tot tone benadering volg.
FC Boot
Gebruik liefs die kop.