Regstelling vir Perdeby, Dirkie en Woutertjie

  • 3

Ek wil na aanleiding van die gehate seksistiese briewe wat ek geskryf het net die volgende aan die drie persone (Perdeby, Dirkie en Woutertjie) wat dit nou erg ter harte geneem het. (Hoe kan so boef ooit lewe)

Ek is verskriklik jammer dat ek dit aan julle kon doen. Hoe kan julle my ooit kwytskeld en vergewe van die ergere misdaad. Wat kan ek doen om in jul goeie boekies te kom en julle my onvoorwaardelik sal vergewe.

Ek hoef niks aan julle drie beertjies te verduidelik nie maar ek wil graag net by julle die volgende hoor.

Het julle dalk huishulpe (bediendes). Indien julle het is julle te flippen (ek kan nie aan 'n sagter woord dink nie) lui en sleg om jul eie vuilwerk te doen. Indien julle het is julle nog seksisties ook want hoekom 'n vroulike werker, wat is verkeerd met 'n man?

Het julle landskap-ontwerpers (tuinman). Indien julle het is julle te lui en sleg om dit ook nog te doen.

Wat doen julle vir jul vrouens of man. Kook, was, stryk en maak julle huis skoon? Indien nie is julle wragtag te lui en sleg.

Nie net doen ek my deel in die huishouding nie, maar het nog nooit my stem teen my vrou verhef nie, respekteer haar en stel haar altyd voor my indien daar 'n besluit geneem moet word. Ek behandel haar soos in die huis waarin sy en ek ook groot geword het, met wedersydse respek.

Ek sal julle drie beertjies aanbeveel om eerder jul feite in plek te kry voordat julle aanhou en aanhou karring en hondsdol te raak oor beuselagtighede.

Daar is groter probleme as rassisme, seksisme en ander ismes wat dringender aandag verg.

Soet wees julle drie.

HKGK (Hier Kom Gawe Krismis)

Reusedwerg

NS. Soek julle getuigskrifte?

  • 3

Kommentaar

  • Hello Reusedwerg, 

     
    So voorspelbaar soos dit ook al mag wees is hierdie kommentare van jou 'n geval van,  "The lady doth protest too much, methinks."
     
    In hierdie rondte was Perdebytjie stil en het Dirk jou nie aangespreek hieroor nie en was die verwysing vanaf my kant minimaal en het dit veel meer gefokus op die kern van jou brief wat gegaan het oor Mandela wat so vaag was wat van belang was en was dit wat my kommentaar ondersoek het. 
     
    Dit was waarin ek veel meer belang stel het. 
     
    Die 'ismis' is van belang in teenstelling van wat jy sou dink; Met op na  rassisme, nasionalisme, seksisme. 
     
    Gaan kyk hoeveel probleme in die samelewing van vandag daarna kan herlei word.
     
    Ek aanvaar dat jy 'n gawe man by die huis is en sekerlik 'n heer ook, maar wat word gemaak met die humor wat so sonder terughouding op die 'ismis; hierbo gelys put. 
     
    Die vraag is hoekom word dit so vrylik gebruik en aanvaar en waarom is daar 'n groot ongelukkigheid wanneer dit uikgewys word.
     
    Sekerlik is dit in orde om homofobie, seksismem rassisme en ander derglike vergrype uit te wys wanneer dit gebeur. 
     
    Politieke korrektheid word gereeld afgemaak, maar dit leer mense maniere en haal 'n verskeidenheid van onsmaaklikhede vanaf die tafel, daarom is dit goed dat beperkings geplaas word op wat kwytgeraak word en komplimenteer ek nou sonder voorbehoud vir die les wat Perdebytjie en Dirk vir my geleer het om attent te wees vir hierdie tipe van taal en sal dit loon dat daar met groter omsigtigheid met die taal omgegaan word en die vergrype van die id reguleer word.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • En toe word jy wakker en jou vrou sê: "Liewe Dwerg, hier's jou koffie."

    Jy sink al dieper in die moeras in.

  • Reusedwerg

     
    Wat se vreemde redenasie is dit nou?Ek kan mos nog steeds iemand vir my laat werk,in die huis of tuin en die persoon met respek behandel.Hoe op aarde kan dit seksisties wees as iemand vir 'n behoorlike salaris,met bonus en voordele 'n ongeskoolde werk doen?Waar val jy nou uit om mense aan te vat,wat werk skep vir iemand wat geen ander werk sou kon doen nie?Nou is ek kwansuis te flippen lui om my eie vuilwerk te doen...hahahaa!
     
    Ek verseker jou,my huishulp en tuinier kan sorg vir altesaam veertien mense,tussen hulle twee,omdat ek hulle werkgewer is.Hulle word nie soos slawe of bediendes behandel nie,maar soos volwassenes,wat hul eie besluite kan neem en hulle kry meer erkenning en aanmoediging as wat baie gegradueerde werkers in die korporatiewe wereld kry.

    Ek besef jy het  daardie stukkie oor vrouens grapenderwys bedoel en ek aanvaar dit so.Ek het net gevoel mense moet daarop gewys word,dat sulke praatjies vandag nie meer aanvaarbaar is nie en al was dit grappig bedoel,moet die verkeerdheid daarvan uitgewys word.Daar is nog te veel ruimte waar mense beledigend en kwetsend teenoor ander optree,juis onder die vaandel van satire en "goedige geskerts". Ek glo jy is 'n goeie ou,wat jou vrou met respek behandel,maar soos dit is,moet mens se woorde en dade ooreenkom.

    Hiermee dan,alles wat mooi is vir jou en jou gesin en geen kwade gevoelens van my kant af nie.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top