Reaksie op Dirk Rigter se brief van 22 Oktober 2013

  • 11

Laat ek maar van die oorsigtelike na die spesifieke beweeg.  Sedert die 80's, toe dit duidelik geword het dat die mag oorgegee gaan word, het dinge al begin verval.  Hierdie verval het in '94 'n hupstoot gekry totdat ons ons nou bevind in wat mens met reg 'n mislukte staat kan noem – polisiemanne word vermoor en nog meer boere  as polisiemanne word vermoor, hospitaaldienste, onderwys en so te sê die hele staatsdiens het totaal misluk of is besig om met rasse skrede agteruit te gaan.

Dr Burger sê nou die dag oor die radio daar is gemiddeld 30 opstande en protesaksies per dag en gemiddeld 5 van hulle is gewelddadig.  Per DAG kan jy glo! 

Korrupsie is aan die orde van die dag en misdaad vier hoogty, kyk maar na Rietha se kommentaar onderaan Dirk se brief.  Engels is die amptelike taal en selfs kamtig pro-Afrikaanse akademici is voorstanders van Engels as onderrigtaal.  Afrikaanse universiteite en kolleges het verdwyn en Afrikaanse skole is besig om te verdwyn. Afrikaanse straat- en plekname word verander; die Afrikaner word afgejak om elke hoek en draai.

Hoe duideliker en erger hierdie agteruitgang manifesteer, hoe ongemakliker raak die wat hulle vir hierdie toestand beywer het en hoe meer hamer hulle dus op die sogenaamde boosheid van 'apartheid'; daar móét mos 'n rede vir hulle aksies wees en hoe boser 'apartheid', hoe meer geregverdig was hulle hulp in die daarstel van die teenswoordige gemors.  (Ek sit 'apartheid' in aanhalingstekens want wat die ontkenners met 'apartheid' bedoel laat die wêreld se ergste tiranne na Moeder Theresa lyk.  Hoe anders, hulle het mos 'n edel doel gehad om gewig by die struggle in te gooi)

Ou anti-flieks word afgestof en weer vertoon, nuwes word gemaak (waar wil jy nou giftiger teen die Afrikaner kry as byvoorbeeld Donkerland?) en, terselfdertyd, word die huidige bestel vergoeilik en die Afrikaner daaraan herinner dat dit nog nooit so goed met hom gegaan het nie soos ons kort-kort prof Piet Croukamp hoor praat.  En Max en nog 'n paar ander.  Ek wonder wat hulle verklaring is vir die honderduisende Afrikaners (en Engelse en Jode) wat landuit is?

Hierdie praktyk, verguising van die post-'48 Afrikaner en 'apartheid', is bloot suspropaganda en, wys mens dit uit, is jy glad nie populêr nie.  Dirk het nog 'n poging aangewend om die boosheid van apartheid te bewys deur die segregasiewette sedert 1948 te lys so al asof hierdie wette toe eers gestalte gekry het.  Hy was op hierdie dwaling gewys (deur my en Tiens wat ook segregasiële {nog nie in die woordeboek nie} opmerkings van Jan Smuts-hulle aangehaal het) maar sy reaksie daarop was om te wys op die boosheid van die aandklokreël en dat mense in vangwaens gegooi is en as H's en K's "...uitgeskel en verdoem." was.

Was die uitskel beleid?  En hoe seker is Dirk dat uitskellery vandag nie meer bestaan nie –  dink maar aan Malema en sy vrinne en selfs 'gematigde' hooggeplaastes wat sing "Maak dood die Boer".  Wat die vangwaens betref; mense wat die wet oortree word in vangwaens gegooi, oral in die wêreld.   Hier was selfs al 'n geval van 'n ou wat nie eers ingegooi was nie, hy was sommer agterna gesleep en is as gevolg daarvan later dood.

Die aandklokreël was wel kwetsend, deel van petty apartheid.  Mens wonder egter wat die doel daarvan was; omdat die polisie nie genoeg werk gehad het nie of wat?  Maar ek stem saam, dit was 'n onding.

Dirk praat verder van mense wat in hulle geboorteland benadeel is.  Waar is die geboorteland, wie het die grense getrek?  Is die mense van Swaziland en Lesotho nog steeds benadeel omdat hulle nie regte in SA het nie?  En as gesê word hulle is burgers van ander lande, hoekom kan Transkei, Venda, Bophuthatswana ens ander lande wees nie?  Omdat hulle onafhanklikheid nie deur Brittanje bewerkstellig is nie?  Dink weer.  Buitendien, in die nie te verre verlede nie sou geen Venda of Basoetoe dit in Zoeloegebied gewag het nie al het hy vir die Zoeloes vertel dis sy geboorteland ook.

Dirk sê ek antwoord nie op die kardinale kwessies nie.  Dis nie waar nie; ek hét deur (van) die wette te lys wat voor '48 bestaan het en daardie bevele/skeldtaal ens wat hy beweer as gevolg van daardie wette was, het dan ook voor 48 bestaan. 

Verder sê hy ek gooi hom met modder en haal dan woorde uit konteks aan, onder andere dat ek sê hy's dom. Dis glad nie die geval nie, ek het gesê as jy (mens, nie Dirk spesifiek nie) vir 'n sucker gevang word moet jy maar aanhou met die charade want jy's bang die mense sal dink jy's dom.  Hy kan wel aanvoer dat ek impliseer hy's vir 'n sucker gevang maar ek het nooit gesê hy's dom nie.  Dis woorde verdraai, met ander woorde kul (en ek volstaan daarby).  Dis tipies van iemand wat die argument verloor het.

Aan Dirk Rigter:  Om op te som, die bose apartheid waarna julle verwys om julle gewetens te sus vir die aandeel wat julle in die huidige gemors het, het nooit bestaan nie.  Indien die Afrikaner wel verskoning moet vra vir waaraan hy ookal skuldig is (niemand is seker smetteloos nie) dan het hy nie groter skuld as enige ander volk nie (behalwe miskien die Eskimo's, Tibettane en dalk Venda's, ek's nie seker nie) en staan hy dan agter in die ry en dit sluit meeste van die swart volke hier, soos die Zoeloes en Xhosas, ook in.  Ek wil selfs verder gaan en konstateer dat juis die verskoningvraery die oorsaak is van die wreedheid waarmee plaasmoorde gepleeg word; ons erken mos nou in effek dat ons meer skuld het as die wat nie verskoning vra nie en moet dus daarvoor boet.

Jan Rap

  • 11

Kommentaar

  • Hierdie is ongeveer die vyfde keer in so 'n kort ruk wat Jan Rap dieselfde onderwerp herhaal. 

     
    Hoeveel keer nog Jan Rap? 
     
    Is dit in jou in om dalk te kan ophou om die denkende Afrikaner se naam gat te maak. 
     
    Dit sal nuus wees vir jou, almal is nie soos jy nie en het niemand jou gevra om die Afrikaner te verdedig nie. 
  • Ek gee op. G'n mens kan enigsins reageer op twak soos die onderstaande nie, en ek haal uit Jan Rap se skrywe aan:

     

    "En as gesê word hulle is burgers van ander lande, hoekom kan Transkei, Venda, Bophuthatswana ens ander lande wees nie?"

     

    Onsamehangende nonsens. I rest my case. O ja, vir 'n nagedagte, Magdaleen Kruger en die RSG span en KykNet en wie nog wat al onder Jan Rap se (standaard-Afrikaanse) tong deurgeloop het, steur julle tog nie aan iemand wat nie tot ordentlike sinskonstruksie in staat is nie.

     

    En Jan Rap, nog iets, skryf tog korter volgende keer. Soos die Ingelse sê: "Less is more"

  • CorneliusHenn

    Dirk Rigter en Wouter Ferns; net nog twee onsamehangende en napraat kruipers onder mekaar wat steeds nie die moed het om die kamstige "denkende" Wouter se hoër stelling naamlik; "1900 tot 1948 = segregasie & 1948 tot 1991 = apartheid", te verduidelik nie - veral gelees teen hul ywerige twak oral onderaan Jan Rap se rede ... ek dink enigeen - veral sulke Kruiperkaners self - wat die Britte se segregasie tussen 1900 en 1948, anders as apartheid probeer omskryf en die ideologies opgestelde Afrikaner alleen daarvoor blameer - leuenagtige, lafhartige napraters en geveinsde gruwelike apologete vir die moord en doodslag in ons land is (ja, geen reaksie sal op hierdie feit verwag kan word nie)!

     

  • Natuurlik gee jy op; wat anders kan jy nou doen behalwe om weer beledigings te slinger want van redenasie van jou kant af was daar g'n sprake nie siende dat jy maar net heeltyd sieselfde ding oor en oor gesê en/of impliseer het naamlik dat enigiemand wat enigsins 'n goeie woord vir die apartheidstyd het van sy sinne beroof moet wees omdat ... wel, omdat .... oukei jy't toe nog nie daarby uitgekom nie.

    Wat die korter skryf betref; my vrou sê ook so, ek sal daaraan werk.  Oor die sinkonstruksie; ek werk daaraan ook en soos jy kan sien aan die eerste sin hierbo maak ek goeie vordering of hoe?

    Terloops, "less is more" kom miskien oorspronklik van 'n Engelsman af maar die uitdrukking het bekendheid verwerf deur Mies van der Rohe.  'n Ander argitek, Philip Johnson as ek dit nie mis het nie, het die uitdrukking verander na "less is a bore".

  • Cornelius, waar kry jy al daai byvoeglike naamwoorde? Jy't jou kwota opgebruik vir een dag. Hoe het ek die anderdag vir Ja Rap gesê, mense soos julle wat die argument verloor, probeer hard om die moddergooiery te wen. (Soms daal julle amper so laag soos lede van die ANC en EFF wat nou in Kaapstad iets stinker as modder begin gooi het).

    Die ergste, egter, is dat julle aan die een kant sê apartheid het nie bestaan nie, of as julle nie uit die penarie kan kom nie, dan erken julle apartheid was sleg maar sleep die Engelse dan as skild en skuiling in. Jy sluit jou kommentaar op een van my skrywes af met "Boeregroete" maar dan skuil jy agter die Engelse se rokpante! Is jy nie skaam nie?

  • Hello, 

     
    Jare terug was die debat oor 'postmodernism' hewig aan die gang en was die Sokal-geval 'n voorbeeld van hoe absurd die gesprek geraak het. 
     
    Dit was egter nie so absurd soos dit wat Henn en Jan Rap hier kwytraak nie. 
     
    Aangesien die 'argument' elke tweede dag deur Jan Rap herhaal word en so sy vrye tyd verorber stel ek voor vir die here Henn en Rap, die 'postmodern generator'. 
     
    Hierdie sal veral vir Henn waardevol wees aangesien 'n Henn 'kommentaar' soos volg beskryf word; 
     
    'List of names + invective(s) = 'kommentaar'
     
    (Ek het ook 'n droom....)
     
    Met die postmodern generator kan nuwe briewe na hartelus geskep word. 
     
    Hoe dit werk kan hier gevind word: 
     
     
    Maar die voorstel is dat Henn en Rap eerder die Random Integer Generator gebruik aangesien die pomo debat verby is. 
     
    Die program kan hier gevind word: 
     
    http://www.random.org/integers/

     
    Hoe dit werk, Henn en Rap voer net bestaande stellings wat julle al tot vervelings gemaak het hier en skommel dit en herhaal soveel keer soos julle wil. 
     
    Dit sal apartheid soos mis voor die son laat verdwyn wanneer 'n paar keer probeer en gaan net Engelse segregasie behoue bly en julle spaar van die skande van 'dit is nie ons wat dit begin het nie - maar die Engelse - dit is hulle skuld'. 
     
    Hierdie is sonder enige twyfel 'n patetiese 'argument', 20 jaar na die tyd dit probeer weg redeneer, asof daar nie genoeg werklike probleme is nie.  
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Dirk, niemand skuil agter die Engelse se rokpante nie; ek sê bloot segregasie is nie deur die Afrikaner alleen toegepas nie maar ook deur byna elke volk waaraan jy sal kan dink.  Die beleid spesifiek in Suid-Afrika is lankal deur die Engelse toegepas, lank voor 1948.  Ander wat dit gehad het was die Zoeloes, die Xhosas, die Amerikaners, die Australiërs, die Kanadese, die Japanners en die Israeliete.  Onder andere.
    Kry jy nie skaam gevolgtrekkings so uit die lug te gryp nie?

  • Jy sê " .. julle wat die argument verloor.."  Wat was die argument Dirk?  Dat 'apartheid' slegs van 48 af bestaan? Het jy dan nie gelees wat Tiens vir jou geskryf het nie, of die lys pre-48 apartheidswette wat ek vir jou gelys het nie?
    Of kla jy oor ek sê die staat is 'n mislukking?  Indien wel dan het jy nog niks gesê wat hom as 'n sukses bewys nie.
    Indien nie een van twee bogenoemde nie; laat my asseblief weet wat die argument is wat jy nou kwansuis sou gewen het.  Terloops, die enigste moddergooiery was van jou kant af.

  • CorneliusHenn

    Dirk Rigter, wyl jy nou uiteindelik die moed bymekaar geskraap het om minstens jou onsin ook na my kant te slinger, probeer nou jou kop in een mis slimmigheid "1900 tot 1948 = segregasie & 1948 tot 1991 = apartheid" te verduidelik ... derhalwe, jy geheel absurd is in jou veronderstelling dat ek sê apartheid bestaan nie ... hoekom my verdag probeer maak as jy gewoon nie 'n vraag probeer ontduik, is ook maar tipies lafhartige misantroop soos menige belangstellende reeds hier weet ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Wouter Ferns, weereens - HOU BY DIE PUNT! ... my vraag is omtrent jou slim snede: "1900 tot 1948 = segregasie & 1948 tot 1991 = apartheid" ... in plaas daarvan dit te verduidelik, slinger jy jou belediginge om my verdag te probeer maak ... jy meen seker as daar dalk fout met my is, jy nie jou twak hoef te verduidelik nie ... nee wat jou arme "nerd" (soos jy graag met jouself hier dweep), los my en gee sin aan jou absurde stelling naamlik dat segregasie nie apartheid impliseer nie ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top