Rasverhewendheid vir Dirk Rigter (en sommer Kobus Faasen ook)

  • 9

Dagsê Dirk

Dis nou al meer as een keer dat jy my van 'rasverhewendheid' beskuldig het. Ek neem aan jy bedoel daarmee dat ek rassisties is of, anders of dalk terselfdertyd, dat ek reken dat een ras beter as die ander is.

Nou laat ek jou nou 'n ding vertel; dit is nie so nie. Ek is op rekord hier, meer as eenmaal, dat ek nie dink een ras, of sê maar volk voor iemand nou dáároor tangensiaal wegvlieg, is slimmer (of beter) as 'n ander een nie alhoewel daar ouens is wat sê navorsing bewys anders (maar, soos jy weet, neem ek alle navorsing met 'n goeie skeut sout). So glo ek dan dat die wittes nie slimmer as die swartes is nie of dat die Semiete of Asiërs slimmer as wittes is nie.

Ek sien swartes oor die algemeen as gemoedelik, vriendelik en mededeelsaam. Ook as vindingryk en kunstig. Ek was al uitgekryt as 'n k-boetie wat ook nie waar is nie. Een swart kollega het soort van 'n vriend geword want ek was al by hom aan huis en hy by my. Ek werk al jare aan hom om saam met my HNP te stem en hy sê nou die dag vir my hy's nog nie daar nie maar hy het darem al uit die ANC uit na COPE toe beweeg.

Daar is wel volke wat beter presteer as ander en hoekom dit is kan 'n groot debat word maar ek glo die rede is hoofsaaklik leierskap en dissipline, spesifiek selfdissipline. Maar nou ja, dis 'n ander debat; die punt is ek beskou die Boere verhewe bo niemand en niemand verhewe bo die Boere nie.

Ek het wel my gunstelinge, soos die Russe byvoorbeeld. Ek weet nie eintlik hoekom nie, seker maar oor dit lekker is om ruimte-apparatuur, enige masjinerie eintlik, te sien wat nie Engels op het nie. Ook die Portugese, seker maar oor die kos en die lekker tye wat ek in Mosambiek voor 'vryheid' gehad het. Ek het baie respek vir die Duitsers en die Japanners oor hulle werk dat dit gons; daar kry jy nie sommer stukkende goed nie. Ek hou ook van die Engelse, seker maar oor hulle flieks en letterkunde. En van die Amerikaners (veral generaal Lee se mense) en die Skotte oor hulle whisky en omdat my een oupa een was en van die Iere omdat my een ouma een was.

Alhoewel al my ander voorouers Hollanders was is ek nie so gek na hulle nie; ek voel ons was half in die steek gelaat deur hulle met die nou dat hulle so ywerig aan 'bevryding' gewerk het en André Rieu nie Afrikaans wou praat met sy konsert hier nie. Om dieselfde rede hou ek ook nie van die Dene en Swede nie en ook nie van al daardie nasies wat renosters stroop nie.

Maar ek dwaal af; wat ek wil sê geen ras/volk is verhewe bo 'n ander nie. Almal het potensieel dieselfde vermoëns en daarom is 'opheffing' vir my 'n paternalistiese begrip. Die oomblik as jy praat van opheffing beteken dit jy reken jy as opheffer is 'n trappie hoër as die een wat jy wil ophef. Buitendien, daar is 'n spreekwoord wat sê gee 'n man 'n vis en jy stil sy honger vir een dag; leer hom om vis te vang en hy put sy en jou visbronne uit, tjop tjop.

Jan Rap

  • 9

Kommentaar

  • Beste Jan,

    Hoe gaan dit? met my gaan dit nog goed; hoop om dieselfde van jou te hoor.
    Jan, as iemand, enig iemand, beweer hy is nie 'n rassis nie, dan sê ek sommer prontuit vir hom: jy lieg. Daar is g'n mens op hierdie aarde wat nie 'n rassis is nie. Die evolusieleer verduidelik dit tog duidelik: skeiding bring verandering, en andersheid wek weersin en skeiding. Selfs al trou 'n pikswart man met 'n spierwit blondine, dan doen hy dit juis omdat hy 'n rassis is. 
     
    Groete,
    Angus
  • Sorry Popza, as jy vir my 'n wetenskaplike definisie van "ras" (en die vyf verskillende definisies wat ter plaatse ter sprake is) kan opdis, sal ek begin saampraat. Omdat ek jou egter nie as 'n wonderwerker beskou nie,  los dit maar en aanvaar dat "ras" 'n fiksasie van een of ander rassis se verbeelding is.

     

    Nie-rassig die uwe

     

    Kobus

  • Beste Angus
    Nee goed; moet net keer of dit gaan beter.  Het jy jou boek gekry?
    Jy mag reg wees oor 'rassis' maar jy moet onthou die betekenis van baie woorde het verander in die laaste jare en woordeboeke het nog nie ingehaal nie.  'Rassis' deesdae is 'n wit persoon wat 'n swart persoon op 'n fout wys.
    Ek is egter 'n 'volkis', daar is volke waarvan ek nie hou nie maar dis maar in retaliasie; hulle hou nie van ons Boere nie so ek hou terug nie van hulle nie.  Ek is egter ernstig as ek sê die gemiddelde persoon van enige gegewe volk het net soveel sinapse in sy brein as die gemiddelde persoon van enige ander volk.  Dit mag wees dat dié sinapse van die een nie so goed geolie is as die ander een s'n nie maar die potensiaal is daar.  Dis maar soos spiere, party ouens s'n is meer geoefen as die ander ou s'n.
    Groetnis
    Jacques

  • Jacobus Faasen

    Mooi so! Jou bydraes help om kleur en geur aan die gesprek te gee.  Moet net nie ophou nie

  • Ek het al op die Net geskrywe, jy kan iemand vloek onder sy ma se rok uit tot wie weet waar, maar o wee as jy eers as 'n rassis identifiseer is, het jy moeilikgeit. Ek wil bieg, ek is nie 'n "racist" nie, ek is 'n "tribalist". Dit is seker dieselfde as wat Jan Rap hierbo genoem het. Niemand kan vir my 'n aanvaarbare beskrywing van 'n rassis verduidelik nie. Ek ervaar daagliks rassisme teen my, ek sien dit onder verskillende bevolkingsgroepe ook. Maar ongelukkig is dit net Blankes wat rassiste is. Ek het nie anderskleurige vriende nie. Hoekom moet ek ook nou ewe skielik vriende met anderskleuriges maak. Ek het saam met Zoeloes grootgeword, des te meer rede hoekom ek nie hand om die blaas met hulle wil wees nie. My tweede taal was op 'n stadium Zoeloe. Ek het genoeg vriende. Ons het dieselfde agtergrond en opvoeding. Ek verwonder my altyd oor die manne wat vir enige ding en of gebeure skree "rassiste" en nie eers die anderskleurige se taal kan praat of kultuur ken nie en hulle ook as slawe in hul huise laat werk. Eish man.

  • Beste Kobus Faasen,

    Miskien het jy my en Cornelius se skrywes oor die onderwerp "ras" misgeloop. Dit is nog ingewikkelder as waarby ons kon uitkom hier op SêNet.

    "Ras" het geen biologiese definisie nie. Dit is 'n sosiaal-politiese konstruk. Daar is wel genetiese verskille tussen rasse, net soos daar genetiese verskille tussen mense is. Daarom lyk ons nie almal dieselfde nie.

    Moenie menslike verbeelding so lig onderskat nie. Religie en ras is maar twee produkte daarvan wat vir die mens oneindige probleme geskep het.

    Groete,
    Angus

  • Beste Jan,

    Nog nie jou boek gekry nie, sal vandag gaan kyk of hy gekom het. Ek sê sommer nou al dankie daarvoor. 
    Groete,
    Angus
  • Beste Angus Jy skryf

     'Religie en ras is maar twee produkte daarvan wat vir die mens oneindige probleme geskep het.'

    Kom ons los die eerste en kyk na die tweede. Wat my die meeste opval van die menslike geslag, dat mense redelik warm onder boordjie raak, wanneer dit by 'diererasse' kom. Jy kan jou nogal die gramskap van menig teler op die hals haal, as jy bv voorstel dat hy/sy sy peperduur Amerikaanse saalperd moet kruis 'n Arabierse saalperd en dan die produk moet kruis met 'n doodgewone Boerperd om so sê maar 'superperd' te teel.

    Jy kan die dieselfde probeer met die eienaars van 'opregte beesrasse' en kyk as jy die slimmighede verkoop het jy ongeskonde en sonder 'n oorveeg uit die gesprek stap.

    Nou vra ek myself af, as mense so behep is oor rasegtheid van alle ander lewende wesens en dan veral die ander primate, (ek weet nie of iemand al probeer het om 'n 'chimp' met 'n gorilla' te kruis en mak te maak nie - behoort baie goeie karwag te maak) vra ek myself wat is dan die beheptheid om die die primaat homo sapiens, op alle maniere te vermeng.

    Jy is reg as jy sê dat daar nie 'n suiwer biologiese definisie is nie, maar tog weet almal waarvan almal praat as dit by ras kom, definisie of te not en dit is per slot van sake al wat tel.

  • Kobus Faasen, as jy net bereid is om te praat oor wat wetenskaplik al bewys is en dit ook net met wonderwerkers gaan jy bitter min gesels aangesien baie min onderwerpe wetenskaplik bewys is (die ontstaan en/of oorsprong van lewe byvoorbeeld) en daar ook baie min wonderwerkers op aarde is.

    Steeds nuuskierig en wonderwerkloos die uwe

    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top